Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT. Ilna Stander
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander страница 8

СКАЧАТЬ sê: “Ek laat sny nie my hare by daai plek nie.” ’n Biejie verderaan noem hy dit ook ’n “vroumenshaarkapper”. Waarom, dink jy, reageer hy so hewig? En dink jy dis reg om so te reageer? (3)

      14.Waarom doen Lien moeite om Braam om te praat om die haarkappers as ’n borg vir hulle krieketspan te vra? (2)

      Die spanningslyn

      •Gaan daar spanning tussen die haarkappers ontwikkel?

      •Sal Lien kan aanhou werk, of gaan Sue-Ellen terugkom?

      •Hoe gaan Lien met ’n nuwe haarstyl lyk?

      •Sal tannie Bets haar gewig onder beheer kry?

      •Sal Braam sy hare daar laat sny en die haarsalon as ’n borg kry?

      Mondeling: Informele klasbespreking

      Hoe voel jy oor aanspreekname soos “Engel”, “Skattie” of “Blondie” deur iemand wat jou nie goed ken nie? Is dit noodwendig verkleinerend of seksisties?

      Klasdebat

      Om ongetroud te bly is iets wat mense sosiaal bevraagteken. Ja of nee?

      Mini-skryfoefening: Dialoog

      Skryf ’n kort skinder-dialoog tussen ’n ou vertroude kliënt en ’n haarkapper. Elkeen het net twee spreekbeurte en sê een sin op ’n keer. Dink oor elke woord. Skinder is dikwels suggesties.

      Hoofstuk 8: Weird Maria

      Opsomming

      •Juffrou Breytenbach deel die rolle uit:

      Sanet speel Jenny, die tert

      Riekie speel Rona

      Elma speel Esther

      Lien speel Maria, weird Maria

      John Toerien speel die windgat Alec

      Wian Reynecke speel die moeilike Frederick

      Sors Naudé speel die nerd Ben

      Christiaan speel David, die hunk

      Herman speel die onderwyser, en

      Miemie Spies speel die skoonmaker.

      •Die ander kinders doen die dekor, ligte, bemarking, kaartjies en kostuums.

      •Wouter is in sy skik met Lien. Die oefentye bots met sy ekstra Wiskundeklasse.

      •Wouter en sy suster, Yvette, gaan die vakansie by sy pa en stiefma in Bloemfontein kuier.

      •Hulle aanvaar die stiefma omdat sy mal oor hul pa is en hulle twee goed saam doen.

      •Lien skram weg toe Wouter vra of sy haar pa mis.

      •Braam daag ongemaklik op vir sy haarsny.

      •Lien vra vir Braam om vir Dirkie en Donovan as borge te vra en verduidelik die konsep.

      •Braam verhoog die borgbedrag na R3 000 en Lien sê sy en Braam sal hulle van krieket leer. Oor die kleurekwessie van die hemde kan hul later besluit.

      •Braam lyk cool met sy haarstyl.

      Summary

      •Miss Breytenbach has decided on the roles:

      Sanet will play Jenny, the tart

      Riekie will play Rona

      Lien will play Maria, weird Maria

      Christiaan will play David, the hunk, and

      Miemie Spies will play the cleaner.

      •Other roles will be played by Elma, John, Wian, Sors and Herman.

      •The rest of the learners will be responsible for the décor, lights, marketing, tickets and costumes.

      •Wouter and his sister, Yvette, are going to visit their father and stepmother – with whom they get along well.

      •Lien does not answer when Wouter asks if she misses her dad.

      •Braam uncomfortably allows Donovan to cut his hair.

      •Lien helps Braam by asking the hairdressers to sponsor his cricket team and she explains the concept to Donovan and Dirkie.

      •Braam increases the sponsorship money to R 3 000. Lien offers, together with Braam, to teach them about cricket.

      •Braam’s new hairstyle looks cool.

      Vrae

      1.Watter een pas NIE?

      Juffrou Breytenbach is sensitief, want sy

      a.betrek die onbetrokke Lien in die stuk

      b.sluit vir Miemie, wat baie graag wou toneelspeel, in as skoonmaker

      c.laat die klein rolle ook belangrik klink

      d.sê die spelers moet solank die stuk deeglik deurlees

      e.betrek al die ander by die dekor, bemarking, verkope en kostuums. (1)

      2.Hoe verskil Wouter en sy suster, en hulle ma se houding teenoor hulle pa? (2)

      3.Wouter en Yvette (hou nou van/hou nie van/aanvaar darem) hul stiefma. (1)

      4.Waarom, dink jy, word Lien “koud” en “gaap hom verskrik aan” toe Wouter vra of sy haar pa mis? (1)

      5.Die emosie wat eintlik onder Braam se dikbekhouding in die haarsalon lê, is (arrogansie/ verleentheid/woede). (1)

      6.Hoe kry Lien vir Braam sover om die haarkappers as die krieketspanborg te vra? (1)

      7.Hoe oortuig Lien hulle dat die salon daarby gaan baat? (1)

      8.Kies die beste antwoord: Uit al Lien se antwoorde vir die twee haarkappers kan ’n mens aflei dat sy (sosiaal intelligent is/goed kan toneelspeel/kan voorgee). (1)

      9.Watter kwessie rondom die borg laat Lien versigtig tot later oorstaan? (1)

      Die spanningslyn

      •Hoe gaan die repetisies verloop?

      •Hoe sal Wouter en Yvette se kuier by hul pa en stiefma verloop?

      •Waarom wil Lien nie oor haar pa praat nie?

      •Sal die ongewone borgskap werk?

      •En СКАЧАТЬ