Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT. Ilna Stander
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene vir Gr 12 EAT - Ilna Stander страница 3

СКАЧАТЬ wou eintlik by die haarsalon gaan werk het.

      c.tant Malie se manier van praat irriteer haar klaar. (1)

      2.Wie het vir Lien die werk gekry? (1)

      3.Lien kies die koffiewinkelwerk, wat minder per uur betaal as die haarsalon, oor (die moontlike fooitjies/die aangenamer personeel/die mooier plek). (1)

      4.Waar of onwaar?

1.1Lien voel gespanne as sy by die skoolhek instap._______________
1.2Sy haat die skool._______________
1.3Sy voel uitgesluit uit geselsgroepies._______________
1.4Die kinders maak nie met haar maats nie._______________
1.5Sy gaan lees in die biblioteek oor plekke waarheen sy graag sou wou vlug._______________

      (5)

      5.Lien hou van mr MacMillan oor sy ongewone ____________________ , sy interessante _____________________ , en dat hy hom nie baie aan _________________________ steur nie. (3)

INTERTEKSTE ’n Interteks is die verwysing na ’n bestaande teks in ’n ander teks. Soms is dit ’n aanhaling daaruit, of ’n direkte verwysing na die interteks se titel. So word die betekenisse, assosiasies, of agtergrond van die interteks ook betrek in hierdie teks.Die deurlopende lirieke van Norah Jones waarna Lien luister, hierdie paar reëls uit die gedig van Robert Graves, en die heks se woorde uit Macbeth aan die slot van hierdie hoofstuk, is voorbeelde daarvan.Die Engelse gedig wat begin met “Children, if you dare to think” is die gedig “____________________________________________________________” deur Robert Graves. Die gedig moedig ontdekking van die ____________________________ van die wêreld aan, dit wil sê nuuskierigheid en die waagmoed om te _____________________________. Dis juis wat haar aantrek van die Engelse klasse: Mr MacMillan se waagmoed om sy leerders bekend te stel aan die groter wêreld, aan letterkunde buite die kurrikulum. Sy hou ook van sy anderse, individualistiese kleredrag. Dit sluit aan by Lien se droom om ander lande en plekke te gaan ondersoek en so ook te ontsnap uit haar huidige moeilike huislike omstandighede.

      6.Hoe oud is Braam? (1)

      7.In die LO-klas dink Lien dat sy altyd ’n _______________________ wou word, maar sy dink sy sal nou maar ’n _______________________ in ’n winkel word. Eintlik wil sy net _______________________ wees. (3)

      8.KARAKTERS: Skryf inligting uit die teks neer om te sien hoe karakters geteken word. Hoe lyk hulle? Hoe tree hulle op? Wat sê mense van hulle? Miemie Spies: (3)

      Sally Swanepoel: (4)

      Hein Venter: (3)

      9.In Macbeth kom die drie hekse in die donker bymekaar om ’n brousel van allerhande vreemde goed te brou. Hulle voorspel later Macbeth se koningskap en nog later sy ondergang. Kyk gerus vir agtergrond na die volgende You Tube video: Poetry video: The Three Witches from Shakespeare’s Macbeth, performed by Renee LaTulippe:

      https://www.youtube.com/watch?v=VY0Hyza6C-U

      In Lien se lankstaanskoene is die hekse se vraag oor wanneer hulle drie weer ontmoet en of dit in donderweer, weerlig of reën sal geskied, ook op twee situasies van toepassing.

      9.1Waarom moet die drie leerders (sonder die onaktiewe Sally) weer saamkom om iets te doen of te brou? (1)

      9.2Die hekse se vraag is ook op Lien, Braam en hulle ma van toepassing. Hulle woon saam, maar elkeen leef apart. Die vraag is wanneer hulle gesin mekaar weer gaan _______________________. Die leser wonder ook oor die omstandighede en moeilike tye (thunder, lightning or in rain?) waardeur die gesin sal gaan. (1)

      9.3Macbeth is hier dus ’n _______________________. (1)

      Die spanningslyn

      •Hoe sal dit met Lien se koffiewinkel-werk by tant Malie gaan?

      •Wat sal van Lien en Wouter se vriendskap word?

      •Wat sal van Lien se oorsese drome en haar loopbaanplanne word?

      •Hoe sal dit met die groeptaak gaan?

      •Waarom is Lien onkant betrap deur die vraag of sy ’n prokureur ken?

      •Waarom wonder sy of dit hier is waar die haan moet kraai?

      •Het sy dalk hier iemand verloën toe sy gemaak het of sy nie ’n prokureur ken nie?

      •Sal die gesin mekaar weer vind?

Simbool: ’n Haan wat kraai is ’n simbool van verloëning, dit is ’n verwysing na die Bybelse Simon Petrus wat ontken het dat hy vir Jesus ken. Jesus het voorspel dat Petrus drie keer sal sê dat hy Hom nie ken nie voordat die haan kraai. Net nadat Petrus dit die derde keer gedoen het, het die haan gekraai.Hiermee sê die skrywer dus dat Lien gejok het en dat sy wel ’n prokureur ken. Wie dink jy is dit?

      Mini-skryfoefening: Beskrywing

      Kyk na die beskrywing van karakters soos op bl. 34 en beskryf ’n tiener in drie sinne.

      Hoofstuk 3: ’n Kakofonie van klanke

Wie is Prokofiëf? Lees die artikels Prokofiëf se unieke klanke bly bekoor deur Louis Heyneman, asook Prokofiëf, honderd jaar na sy geboorte geëer, KLASSIEKE KLANKE deur Koos Human, beide in Die Burger se argief. http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2003/04/28/DB/4LDNk/08.html http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/1991/06/03/6/3.htmlKortliks: Hy was ’n Russiese komponis, pianis en dirigent, een van die groot komponiste van verskeie genres van die twintigste eeu, ten spyte van die tragiese teistering wat hy in sy eie land ervaar het. (Hy het die orkesmusiek van “Pieter en die Wolf” geskryf, asook die balletmusiek van “Romeo en Juliet”.)

      Opsomming

      •Toe Lien tuiskom, wonder sy geïrriteerd of haar ma werk toe was.

      •Haar ma luister in ’n wynwalm na ’n klavierkonsert van Prokofiëf.

      •Dit laat Lien die fliek “Dr Somebody” of iets (Dr Zhivago) met sy sneeutonele onthou en sy droom oor Rusland.

      •Christien Jooste was mooi, maar het haarself die laaste twee jaar verwaarloos.

      •Sy is slordig geklee, sonder grimering en haar hare is ongekam.

      •Lien pleit by haar ma om weer klavier te speel, maar sy skud net haar kop.

      •Lien skreeu dat sy die klavier vir kos gaan verkoop.

      •Tant Malie van die blommerige oumenskoffieplek steek haar dadelik in die werk en rits die reëls en werkwyses af.

      •Die ander twee kelnerinne is Agnes, die lange, en Sophie, die ene met die vlegseltjies.

      •Lien leer gou dat die oumense verstrooid is en hul bestellings daarom bly verander, en ook baie suinig met fooitjies is.

      •Lien maak ’n fout deur die Dinsdag-korting af te trek by nie-pensioentrekkers en die woedende tant Malie wil hê Lien moet dit inbetaal.

      •Wouter kom ondersteun vir Lien by die koffieplek en stap saam terug.

      •Lien dink met waardering aan Wouter, haar beste pel wat saam met haar by Jakaranda СКАЧАТЬ