Skerwe van geluk. Louisa du Toit
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Skerwe van geluk - Louisa du Toit страница 5

Название: Skerwe van geluk

Автор: Louisa du Toit

Издательство: Ingram

Жанр: Эротическая литература

Серия:

isbn: 9780624074212

isbn:

СКАЧАТЬ met julle danige lojaliteit. My pa en ma het mekaar nog nooit aan bande gelê nie, ook nie hulle kinders nie. Ons is vry mense en daarom bly ons nog bymekaar. As ons alleen wil vakansie hou, is dit daarnatoe. As my ma lus kry om deur Europa te gaan ryloop, dan doen sy dit. Geld en besittings het vir ons geen waarde nie, ons geniet liewer die lewe daarmee as om hier ’n ou ornamentjie en daar ’n ou meubelstukkie te staanmaak, wat ewe ordentlik by mekaar pas.”

      De Wet dink aan sy ma se keurig versorgde huis met die talle ornamentjies waaraan sy sentimentele waarde heg. Van die meubels is antiek. Is dit nou skielik ’n sonde?

      Onderwyl sy praat, kyk hy in die Kempers se oopplanwoondeel rond. Soos Emaline sê: Dit lyk maar byeengeskraap. Daar is geen samehang tussen die verskillende meubelstukke nie. Rafels steek uit langs die mat se uitgetrapte kante en daar lê krummels op die kaal eetkamertafel. ’n Yslike lampskerm van gekleurde sakgoed, een van Margie Kemper se kunsterige maaksels, staan soos ’n mislukte vuurpyl in die hoek.

      Weelde ken hy self nie, maar hierdie onkonvensionele manier van lewe en doen ewe min. Een ding is seker, dit verg nie veel moeite vir ’n ekstra persoon om by die huishouding in te skakel nie. Talle vriende, oud en jonk, wandel heeldag eenkant in en anderkant uit en die Kemper-ouerpaar beroem hulle daarop dat almal tuis voel.

      De Wet luister hoe Emaline die algemene maniere, voorkoms en gang van hulle soort lewe goedpraat en hy dink: Eintlik moet ek Madie saamnooi hierheen, want sy sal behoefte aan huislikheid hê. Maar of sy hier tuis sal voel, is ’n ander saak. Dis eintlik baie lekkerder daar by haar in die klein woonstel, veral waar hy net ’n buitekamer huur. Maar nou lyk dit of hy by Madie nie meer welkom is nie. So ’n vervlakste kamma-prof met sy bril en stywe houding. Dink natuurlik Madie se fopboetie, om Emaline se terminologie te gebruik, is ’n ongeletterde Jan Rap. Hmf.

      “Vir wat hmf jy?” wil Emaline geraak weet.

      “Ekskuus, ek het dit net gedink. Ek bedoel, ek wou dit net dink.”

      “Is dit omdat ek gesê het julle kom uit die ark? Dan wil ek dit net bevestig, hoor. Stel jou voor: Daardie fopsussie van jou moet opgepas word. Oppas. Belaglik. ’n Mens moet vry wees om self te besluit hoe jy wil lewe. Dis my ouers se standpunt en dit het nog altyd goed genoeg vir ons gewerk.”

      “In vergelyking met wat?”

      “Kyk na my, of hoe? Dis omdat ek vry voel en selfversekerd is dat ek so ’n goeie model is.”

      “’n Model staan nie wydsbeen en hande in die sye nie.”

      “Ek is nie nou voor die kameras nie.”

      “Ek dog jy sê jy is altyd bewus daarvan dat jy ’n model is.”

      “Aag, bla-bla-bla.”

      “En jou sitvlak is ook te groot,” sê hy en raps haar daar. Maar sy stemtoon stel dit duidelik dat dit eintlik ’n pluimpie is en dat hy nie wil baklei nie.

      “Watter man hou nie daarvan nie?” vra sy uitdagend en neem voor hom plaas in ’n tipiese houding van uitlokking.

      “Skei uit, Delila, los dit vir die ateljee.”

      “Wat doen ons vanaand?” vra sy en laat vaar die geposeerde houding om op die rusbank neer te plof. Daar rys sekerlik ’n onsigbare stofwolk uit, dink hy geamuseerd. “Almal is weg, jy weet. Die huis behoort aan ons.”

      “Wat kan jy my aanbied?” vra hy met, in die eerste plek, ’n gedagte aan die yskas. Hy’t nog nie geëet nie en het gehoop dat hy by Madie geholpe sal raak. Sy het schnitzel by sy ma geleer maak. Sy het net ’n regte vleishamertjie in plaas van sy ma se ou piering.

      “Sê wat jy wil hê,” bied sy aan.

      “Roosterbrood met gebraaide eier, tamatie en spek.”

      Sy kyk na hom asof hy ’n maanklip gevra het. “Jy weet,” sê sy, “jy’s die grootste tweebenige esel op aarde. Ek wonder waarom ek ooit nog na jou kyk, of in die eerste plek na jou gekyk het.”

      “Omdat ek so aantreklik is,” verseker hy haar.

      “Ja, helaas. Toe hulle daardie dag met jou by die foto-ateljee aankom …”

      “Stil, mens.” Hy skaam hom dood as iemand van daardie dag hoor. Hulle was op die uitkyk vir ’n bruingebrande man wat in ’n tydskrifadvertensie as avonturier sou deug, en loop hom toe op die sypaadjie raak. Hy was pas terug van ’n tuisvakansie en inderdaad bruingebrand. Dis toe net daar wat hulle hom ateljee toe skraap en aankeer om vir ’n reeks vinnige foto’s te poseer. Nou ja, ’n ekstra geldjie was nie te versmaaie nie en om alles te kroon, het hy daardie selfde oggend by die ateljee met Emaline kennis gemaak. Hy’t hom so aan haar verkyk dat hy bo-oor ’n klomp toerusting geval het.

      “Nie van die ratsste nie,” het die fotograaf opgemerk. “Solank jy dan maar net stilstaan vir die foto’s, meneer Vermeulen. Nou ja, ek gaan een spoel van ses en dertig foto’s doen. Wees net natuurlik.”

      Toe het die gekliek begin soos masjiengeweervuur. “Daar’s hy. Ontspan. Gebruik die oë. Ontspan …”

      Ontspan? Op die ou end was hy ’n waardelose model, want hoe kan ’n man ontspan as ’n meisie soos Emaline Kemper jou moedswillig met ’n glimlaggie om die lippe staan en betrag? Die foto’s is skynbaar uitgegooi, tot sy verligting. Jammer oor die fooi.

      Toe hy daar uitkom, het hy haar terstond genooi vir ’n koppie tee om die eerste hoek.

      “Dis presies wat ek wou hê,” het sy hom heel gemaklik verseker. “Heng, jy’s mooi bruin. Waarvandaan kom jy?”

      “Af die plaas af,” het hy Madie se sêding gebruik.

      “Toe maar wat, daar kan erger dinge gebeur. Jy kon byvoorbeeld uit die Sahara gekom het en dan sou jy so droog gewees het dat jy my hooikoors gee.”

      “Wat’s verkeerd met my agtergrond?” wou hy verdedigend weet.

      Dis waar, as hy terugdink, moet hy erken dat hulle uit die staanspoor oor die meeste dinge nie saamgestem het nie. Maar dis nogal opwindend. Jy weet nooit wat om te verwag nie.

      “Nee wat, g’n fout nie. Nie wat saak maak nie. Jy’s mos nou nie meer daar nie. Jy’s mos nou hier. Gee my jou hand, ek wil jou goed bekyk.” Sommer daar by die kafeetafeltjie vat sy ewe vrypostig sy hand en bekyk dit van binne en buite, inspekteer sy naels.

      “Hande vertel baie, weet jy?” het sy hom meegedeel. “Hande kan praat. Ek het modelhande, het jy al opgemerk? Hulle kan my hande alleen ook in advertensies gebruik. Jou hande is ongelukkig te breed.”

      “Te breed vir wat?” wou hy gekrenk weet en terstond het hy sy hande onder die tafelblad ingetrek.

      “Vir modelwerk, natuurlik.” Haar gesig was lewend van belangstelling. Beeldskoon, kleurvol en uitdrukkingsvol.

      “My liewe juffrou …”

      “Ekskuus, ek hoor nie mooi nie. Ek is Emaline, met een em en een el. In die modelwêreld is daar nie formaliteit nie.”

      Hy was verskriklik bly om op voornaamterme te kom, maar ook verleë oor sy mislukking in die ateljee. “Nou ja, Emaline, laat ons net duidelikheid kry: Ek is g’n model nie en ek skaam my dood as iemand so moet dink. Hulle het my met ’n slap riem СКАЧАТЬ