Die vierde stem. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die vierde stem - François Bloemhof страница 2

Название: Die vierde stem

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Триллеры

Серия:

isbn: 9780798168281

isbn:

СКАЧАТЬ sy hier uitgaan, moet sy darem ook seker maak die plek is sindelik, want wat as sy in ’n ongeluk is en mense kom hierheen en tref ’n varkhok aan? Gelukkig, gelukkig, al het sy skuldig gevoel die dag toe sy dié besluit geneem het, hoef sy slegs die grootste gedeelte van die woonstel se oppervlak smetloos, glimmend te hou: haar slaapkamer, die badkamer, die kombuis en oral waar sy moet loop om by daardie areas uit te kom. Sy kán eenvoudig nie die nodige standaard oral handhaaf nie, net in haar persoonlike beweegruimte. Weet nie wanneer sy laas in die sitkamer en tweede slaapkamer was nie.

      Later, veel later, trek sy die woonstel se voordeur agter haar toe. Sy kyk nie op haar horlosie nie, wil steeds nie sien hoe groot haar sonde is nie.

      Sy het pas by die hysbak ingeglip toe sy aan die stoof dink, en sy druk die knoppie wat die deur moet oophou. Sy het nie vanoggend die stoof gebruik nie, maar het sy nie dalk gisteraand nie? Sy kan nie onthou nie: alles voor daardie droom voel na baie lank gelede.

      Sy hardloop terug woonstel toe. Natuurlik is die stoof af en sy skud kop vir haarself.

      Terug hysbak toe. Sy is weer gereed om ondertoe te gaan, toe sy die nare vermoede kry dat sy nie die voordeur gesluit het nie. Sy het dit dalk net toegetrek.

      En die stoof – toe sy seker gemaak het dis af, het sy dit nie dalk áángeskakel nie? Sy moet gaan kyk, die plek kan afbrand!

      Sy gaan terug woonstel toe.

      Dit is die tweede van uiteindelik sewe terugtogte.

      Dít is die wêreld van Annemi Prinsloo, dink Annemi Prinsloo in haar motor terwyl sy die sitplek met ’n doekie skoon vee, al was dit skoon. Party mense kry nagmerries waarin hulle wil hardloop, maar stilstaan. In háár nagmerries wil sy stilstaan om dinge reg te ruk, maar word sy aangejaag.

      Die droom . . . Nog nooit in haar lewe was sy op só ’n plek, waar sulke dinge gebeur nie. Dit was verskriklik om in die donker vertrek te wees, maar nie die helfte so erg soos toe sy tussen die vier deure moes kies nie. Dis asof sy weer al die hande op haar lyf kan voel, en sy ril.

      Dis so amper of sy draai terug om ’n ander rok te gaan aantrek. En gou weer te stort.

      Met moeite slaag sy daarin om deur te druk. Die verkeer is swaar.

      * * *

      “Annemi,” sê Joan van die werkstasie langs hare met die sameswerende gesigsuitdrukking wat sy altyd het wanneer sy slegte nuus oordra, “jy moet vir meneer Burger gaan sien sodra jy inkom, het hy gesê. Hy’t jou gesoek, hy was al ’n paar keer hier.”

      “Dankie, Joan.”

      “Jy moet sommer dadelik gaan, hoor. Ek dink nie hy wil nog langer wag nie!”

      “Ek sal nou-nou. Ek wil net eers . . .” Maar Annemi keer haarself. As sy badkamer toe gaan, kan dit ’n hele ruk wees voor sy daar uitkom. “Goed, ek gaan.”

      Dis ’n ver pad na meneer Burger se kantoor toe. Die werkstasies is ’n hindernisbaan waar almal na haar kyk. Sy verbeel haar dit dalk. Nee, tog, hulle kyk, hulle weet sy gaan na hom toe om uitgetrap te word.

      Sy kom by die deur. Dis toe; sy kantoordeur is altyd toe.

      Die gedagte kom by haar op dat as dit een van die deure in haar droom was, sy nooit dié een sou gekies het nie.

      Hier is egter geen opsies nie en sy haal diep asem, klop dan saggies. Wag. Hoor niks.

      Klop harder.

      “Binne!”

      Meneer Burger is iewers tussen veertig en vyftig en sit die ruim leerstoel vól.

      “Môre, meneer.”

      “Middag, sou ek sê. Juffrou Prinsloo, weet jy wat ons werkure is?”

      “Ja, meneer.”

      “Die probleem lê dus nie daar nie. Moet ek dan aflei dat jy eenvoudig nie van die ure hóú nie?”

      “Nee, meneer. Ek bedoel . . .”

      “Jy bedoel dis ook nie dít nie.”

      “Ek is jammer ek is –”

      “Jy is dikwels. Moet ek dan aflei dat dit van die werk is wat jy nie hou nie?”

      “Nee, meneer . . . Ek is jammer, meneer. Ek sal nie . . .”

      Haar pa het altyd gesê jy mag nooit leuens vertel nie, en leë beloftes is net so erg, daarom kry sy haarself nie so ver om die sin te voltooi nie.

      “Juffrou Prinsloo, gee my één goeie rede hoekom ek jou nie ’n finale waarskuwing moet gee nie.” Sy oë is glurende swart steentjies in sy ronde gesig.

      “Asseblief, meneer Burger.”

      So hou dit aan. Toe hy haar uiteindelik laat loop, vermoed sy hy was nooit van plan om haar ’n finale waarskuwing te gee nie, hy wou haar net genoeg kere hoor asseblief sê.

      Maar dis vir haarself dat sy kwaad is.

      En vir haar pa. Mag die Here haar vergewe, sy is kwaad vir ’n dooie man. Dis sý skuld dat . . .

      Toe is sy maar weer kwaad vir haarself – die kringloop eindig altyd op daardie punt. Haar pa kon niks aan haar gedoen het as sy dit nie toegelaat het nie. Haar oë brand en sy vee ergerlik oor hulle, al weet sy sy’s besig om haar grimering te ruïneer.

      Sy is terug by haar werkstasie.

      “Jy lyk vreeslik, jou arme ding,” sê Joan.

      Fokof, teef. Vlieg in jou fokken moer.

      “Dankie, Joan.”

      “Jy moet aan die gang kom.” Met ’n laggie beduie die vrou na die lêers wat langs Annemi se rekenaar opgestapel is. “Dis nou te sê as jy voor middernag hier wil uitstap!”

      Ek wens jy vrek, jou leedvermakerige sog met jou stink asem.

      “Ek moet seker.” Annemi raak bewus van iets wat seer is, en kyk af: haar regterhand se rugkant bloei. “Joan, het jy ’n pleister of iets?”

      “Genade, jou arme ding! Ja, ek dink dalk het ek.” Joan knip behendig haar handsak oop en soek-soek daarin. Annemi wens sy kon hare so netjies hou. “Hier, ja, plak dit toe, dit lyk lelik. Hoe’t jy dan nou gemaak?”

      As ek geweet het, sou ek dit nie gedoen het nie, jou moroon.

      Maar sy dink sy weet.

      “Dankie.”

      Die plek brand. Dis nie die eerste keer dat sy haar krap dat die bloed loop as sy ontsteld is nie.

      Annemi skop haar handsak raak en dit gaan oop en die bakkie jogurt wat sy gebring het vir middagete, rol uit. Sy is nie meer lus daarvoor nie en moet buitendien gewig verloor. Dit het stukkies sjokolade in.

      Sy skakel haar rekenaar aan en dit kom zoemend aan die gang. Toe sy ’n kind was in die dae voor rekenaars hulself onmisbaar gemaak het, was sy net vaagweg van die goeters bewus СКАЧАТЬ