Proteus. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Proteus - Deon Meyer страница 19

Название: Proteus

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798157476

isbn:

СКАЧАТЬ Mnr. Mpayipheli is in die moeilikheid, mevrou, en u kan hom help deur die vrae te beantwoord.

      N: Watse moeilikheid?

      W: Hy het ’n artikel wat aan die Staat behoort wederregtelik geneem en …

      N: Hy het niks geneem nie. Daardie vrou het dit vir hom kom gee.

      W: Mej. Kleintjes?

      N: Ja.

      W: Waarom het sy dit vir hom gegee?

      N: Sodat hy dit vir haar pa moet neem.

      W: Maar waarom het sy hom gekies om dit te doen?

      N: Want hy skuld haar pa ’n guns.

      W: Watse soort guns?

      N: Ek weet nie.

      W: Hy het nie gesê nie?

      N: Ek het nie gevra nie.

      W: U en mnr. Mpayipheli bly saam?

      N: Ja.

      W: Soos man en vrou?

      N: Ja.

      W: En u vra hom nie waarom hy gesteelde goedere in ontvangs neem en homself bereid verklaar om dit Lusaka toe te vat nie?

      N: Hoe weet jy hy gaan Lusaka toe?

      W: Ons weet alles, mevrou.

      N: As jy alles weet, hoekom kom sit jy hier in die middel van die nag en vra my vrae?

      W: Weet u waarby mnr. Mpayipheli betrokke was voor sy huidige betrekking?

      N: Ek dog julle weet alles.

      W: Mevrou, dit is so dat daar gapings in ons kennis is. Ek het vir u reeds om verskoning gevra vir die feit dat ek u so laat pla. Ek het reeds verduidelik dat dit ’n krisis is en mnr. Mpayipheli in groot moeilikheid is. En u kan help deur die gapings vir ons met inligting te vul.

      N: Ek weet nie wat hy gedoen het nie.

      W: Weet u dat hy vir georganiseerde misdaad …

      N: Ek wil nie weet nie. Hy het gesê hy het ’n ander lewe gehad. Hy het gesê hy het dinge gedoen wat hy wil vergeet. In dié land is dit nie baie moeilik nie. Hy sou my vertel het as ek hom gevra het, maar ek het nie. Hy is ’n goeie man. Daar is liefde in hierdie huis. Hy is goed vir my en vir my seun. Dit is al wat ek nodig het om te weet.

      W: Weet u of hy ’n lid van Umkhonto weSizwe was?

      N: Ek weet.

      W: Was hy?

      N: Ja.

      W: Het hy so gesê?

      N: Op ’n manier.

      W: Weet u waar hy gedien het?

      N: Hy was in Tanzanië en Angola en in Europa en Rusland.

      W: Weet u wanneer hy …

      N: Dit is al wat ek weet.

      W: Maar hy het u vertel dat hy as lid van MK daar ge…

      N: Nee. Hy het nooit vertel nie. Ek het my afleidings gemaak.

      W: Afleidings?

      N: Ja.

      W: Soos wat?

      N: Soos wanneer hy met Pakamile gesels en van ander lande vertel.

      W: U seun?

      N: Ja.

      W: U het u afleidings net daarop gebaseer?

      N: Ja.

      W: Hy het nooit pertinent gesê hy was by MK nie?

      N: Nee.

      [stilte – 8 sekondes]

      W: Mev. Nzululwazi, die guns wat hy geskuld het aan Johnny Kleintjes …

      N: Ek het jou al gesê ek weet nie.

      W: U vind dit nie eienaardig dat mej. Kleintjes hier inkom en mnr. Mpayipheli onmiddellik instem om ’n lang en gevaarlike reis te onderneem nie?

      N: Hoekom is dit gevaarlik om Lusaka toe te gaan?

      W: U ken nie agtergrond van die data nie?

      N: Watter data?

      W: Die gesteelde data in sy besit.

      N: Hoekom is dit gevaarlik?

      W: Daar is mense wat hom wil keer. En daar is …

      N: Soos julle?

      W: Nee, mevrou …

      N: Julle wil hom keer.

      W: Ons wil hom help, mevrou. Ons het by die lughawe probeer, toe hardloop hy weg.

      N: Julle wou help?

      W: Ons wou.

      N: Jy moet loop. Nou.

      W: Mevrou …

      N: Uit.

      W: Mevrou …

      N: Jy moet my huis nou verlaat.

      * * * * *

      By die ingang van die Lugmagbasis Bloemspruit is daar ’n plaket aangebring. Dit is in militêre terme ’n nuwe een, skaars drie jaar oud. Daarop staan die syfers en letters “16 Eskader”, en onder dit “Hlaselani”. Swart inwoners van Bloemfontein weet wat dié woord beteken, maar net om seker te maak dat begrip wyer strek, staan daar tussen hakies heel onderaan “Attack”.

      Dit is veral die vlieëniers van 16 Eskader wat met selftevredenheid na die woorde kyk wanneer hulle vir diens kom aanmeld, want dit definieer wat hulle doen, dit onderskei hulle van die gevleuelde busdrywers en transportryers van ander eskaders, veral ander helikopterjokkies. Hulle is ’n aanvalseenheid. Vir die eerste keer in die byna 65-jarige bestaan van die eskader, as jy tegnies wil wees. Vergeet maar van die kwasibomwerpers soos Marylands, Beauforts en Beaufighters van die Tweede Wêreldoorlog. Vergeet veral van die Alouette III helikopters van die bose jare tagtig.

      ’n Groot deel van hul selftevredenheid het te doene met die inhoud van die reuseloodse: 12 amper nuwe Rooivalk AH-2A aanvalshelikopters, indrukwekkende lugplatforms met ’n neusgemonteerde 20 mm-kanon wat 740 rondes per sekonde kan vuur, en die kapasiteit om tot 16 lug-tot-grond-missiele soos die ZT-35, lasergestuurde teentenkmissiel te dra. En op die vlerkpunte is daar plekkies waar die Darter lug-tot-lug-missiele knus kan gaan lê. Voeg hierby die Rooivalk se elektroniese oorlogvoeringsuite, die ten volle geïntegreerde HEWSPS (Helicopter Electronic Warfare Self-protection Suite) met СКАЧАТЬ