Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal - Henk Viljoen страница 20

Название: Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Автор: Henk Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781775891086

isbn:

СКАЧАТЬ was altyd in beheer van die vleiswerkery. Met haar blou-en-wit ACVV-voorskoot aan het sy daar tussen die tafels voor die slagkamer rondgestap en opdragte uitgedeel in haar pantoffels met die knoppe hier langs die kante waar haar bunions was: “Nee wat, daai ou vleisies moet eerder maalvleis word, steak sal dit nooit kan wees nie.”

      Of: “Mensig, die wêreld is weer vervuil van die vlieë vandag. Miett-aaa! Loop sny ’n tak daar van die boom af en kom waai die vlieë van die vleis af weg!”

      Pa en Oupa het gewoonlik die biltong gesny, elkeen op ’n broodplank op die kombuistafel met die groen melamienblad wat uit die huis gedra is.

      Altyd wanneer Pa iets met sy hande doen en hy konsentreer hard, fluit hy saggies Psalm 139: “Nader my God by U.” Pa het dikwels Psalm 139 gefluit wanneer hy en Oupa daar met hul skerpgeslypte Joseph Rodger-messe staan en biltong sny het.

      Langs die tafel het ’n groot sinkbad gestaan waarin die biltong gegooi is, nadat Ouma speserye oor dit gestrooi het. Die speserye, wat sy in ’n Consol canned fruit-bottel gehou het, was Ouma se eie mengsel – en sy het jaloerser oor daardie resep gewaak as pres. George W. Bush se lyfwagte oor die tassie met die lanseerkode vir die atoombom.

      Die biltong het daarna eers vir nog ’n nag in die sinkbad gelê; die volgende oggend baie, baie vroeg het ons teruggery huis toe met daardie sinkbad en die ander vleis in die sleepwaentjie agter ons motor.

      By die huis is die vleis dadelik in die vrieskas gepak en dan moes ek Pa help om die biltong op te hang in die garage aan sulke lang drade wat hy tussen die balke gespan het.

      Die draadhakies waaraan die biltong gehang het, het Pa ook self met ’n tang in sulke S-vorms gebuig. Vir die eerste paar dae het hy nie die motor in die garage parkeer nie.

      Daar was destyds geen sprake van biltong in kafees en supermarkte en padstalle soos nou nie. Langs die pad op pad na Ventersdorp het ek onlangs ’n kêrel gesien wat ’n biltongwinkeltjie in ’n ou Sprite-woonwa ingerig het, met ’n groot kennisgewing wat lees: “Die beste biltong in Suid-Afrika”.

      Hy verkoop onder meer biefstukgeur-biltong.

      Dit voel vir my net nie reg nie. Party dinge moet ’n mens respekteer net soos hulle is. Waarom kan biltong nie net biltong bly nie?

      Ek glo biltong – of die mense wat biltong maak – het tans ’n identiteitskrisis, en dit pla my. Waarom al die foefies?

      Jy dra nie jou WP-serp kerk toe nie. Jy speel nie die Blou Bul-lied op Nuweland nie. Jy vertel nie grappies in die appèlhof in Bloemfontein nie. Jy sê nie vir Madiba of F.W. de Klerk “Howzit my china” nie.

      Ek het nou die dag ’n hele ruk voor daardie biltongrak in die supermark gestaan. Toe het ek geloop. Sonder om iets te koop.

      Biltong behoort biltong te bly.

      (Uit: Waar die leeus Afrikaans verstaan. Tafelberg-Uitgewers. 2006)

55279.png

      Leer die volgende spreekwoorde met biltong:

      ’n droë biltong – ’n baie vervelende mens

      biltong maak van iemand – iemand totaal oorrompel

      biltong sny voor die bees geslag is – op iets staatmaak wat nog moet gebeur

      meer biltong sny as wat jy kan opeet – met te veel sake gelyktydig besig wees

      dis so maklik soos biltong eet (kou) – dis uiters maklik

      Beantwoord nou die volgende vrae in jou werkboek.

      1. Wie is die teikengroep van die teks?

      2. In watter styl en trant is die stuk geskryf?

      3. Wat is die doel van die vertelling?

      4. Gee die betekenis van die volgende woorde/frases/uitdrukkings:

      a. “verbluffende verskeidenheid”

      b. “Biltong sweet in ’n plastieksak en word dan galsterig . . .”

      c. “. . . vleis moet eers bietjie ryp kan word.”

      d. “Die werfhonde het berserk geraak . . .”

      5. Watter soort verteller is aan die woord? Motiveer jou antwoord.

      6. Is die vertellerperspektief na jou mening geslaagd? Verduidelik jou antwoord.

      7. “Boonop is dit polities korrekte biltong” (par. 6). Sou jy sê dat ons hier ’n voorbeeld van satire het? Motiveer jou antwoord. (Omskryf in jou antwoord die begrip “satire”.)

      8. Met watter twee herinneringe assosieer die verteller biltong?

      9. Hoe het biltong bygedra tot transformasie in ons land volgens die verteller?

      10. Dink jy die titel is gepas? Verduidelik jou antwoord.

      11. Omskryf kortliks die agtergrond waarteen die vertelling afspeel.

      12. Hoekom ondergaan biltong volgens die verteller ’n “identiteitskrisis”? Hoe voel jy daaroor?

      13. Die tydsverloop in die vertelling is fragmentaries. Stem jy saam? Hoekom?/Hoekom nie?

      Hersien literêre begrippe in In ’n neutedop.

51270.png

      Hersiening van literêre begrippe

      Leesvaardighede is ook baie belangrik vir die bestudering van jou voorgeskrewe werke. Om deeglik vir die letterkundevraestel (Vraestel 2) voor te berei, moet jy bo en behalwe die inhoudelike kennis van die werke, ook die volgende literêre begrippe kan toepas wanneer jy die vraestel beantwoord:

      Tema

      Die tema is die onderliggende “onderwerp” in die verhaal, dit waaroor die verhaal handel. ’n Tema is altyd universeel en is nie gebonde aan tyd, ruimte, situasie of karakter nie. Voorbeeld: Hierdie verhaal handel oor menseverhoudinge en hoe kultuur en sport mense bymekaarbring.

      Boodskap

      Dit is die lewensles(se) wat die verhaal die leser wil leer.

      Intrige

      Dit is die oorsaak en gevolg wat mekaar opvolg in die verhaal, met ander woorde hoe die gebeure die een ná die ander plaasvind.

      Konflik

      Konflik word ook botsings genoem. Daar is twee soorte konflik: konflik wat uiterlik plaasvind (soos wanneer daar geweld is, of argumente en redenasies tussen karakters) of konflik wat innerlik plaasvind (soos stryd in ’n karakter se gemoed).

      Karakter

      Indien daar van jou in die eksamen verwag word om ’n skets van ’n karakter te skryf, gaan jy let op die uiterlike beskrywing (hoe die karakter lyk, sy voorkoms, handeling en houding), maar jy gaan ook die karakter se innerlike beskryf (wat die karakter voel, СКАЧАТЬ