Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 8 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 17

СКАЧАТЬ maak die garage skoon.Stem saamStem nie saam nie

      Die volgende woordeskat kan jou help om die teks beter te verstaan.

80317.png

      afgeleefde – wat stukkend is en nie meer gebruik kan word nie

      bespied – mooi kyk wat aangaan

      harde kontant – geld

      kennisgewingborde – inligtingsborde waarop jy inligting en kennisgewings kan plaas

      kombuisware – items wat in die kombuis gebruik kan word

      omskep – verander in iets anders

      opslaantafels – tafels wat maklik opgevou kan word

      uitgediende – wat nie meer gebruik kan word nie

      voornemende – potensiële, moontlike kopers

      wees altyd bedag – wees altyd versigtig en voorbereid op wat kan gebeur of wat aangaan

      Tydens lees: Lees die artikel nou aandagtig deur.

      Hou jou eie straatverkoping of winkelverkoping

C:\Users\hendrikv\Dropbox\piekfyn 8 illustrasies\4\garageverkoping.jpg

      Baie mense gebruik die garage nie net vir hulle motor nie. Jy kry selfs ’n ou broodrooster, Kleinboet se treinstel, ’n trapfiets en ’n boks vol ou kombuisgoed daar. Dan is dit tyd dat jy jou eie straatverkoping reël. Jy kan ook ’n kafee inrig.

      Omskep die onnodige goed wat jou plek en jou lewe oorlaai in lekker harde kontant. Hier is ’n paar wenke om jou te help om jou eie uitverkoping te reël:

       Maak ’n lys van alles wat jy wil verkoop. Gaan alles na: kyk of elektriese apparate of jou kraggereedskap nog werk.

       Sit pryse op alles. Wees bereid om met kopers te onderhandel.

       Maak kleurryke A4-plakkate en plaas hulle op kafees en jou plaaslike biblioteek se kennisgewingborde. Dui die datum, adres en tyd duidelik aan.

       Kry genoeg opslaantafels om jou produkte op uit te stal.

       Sulke verkopings word tradisioneel garageverkopings genoem, maar moet dit nie letterlik in jou garage hou nie. Pasop dat inbrekers nie kyk wat aangaan nie. Hou die verkoping buite of onder jou motorafdak.

       Sorg dat al die items skoon is.

       Pasop vir mense met lang vingers: hou alles mooi dop.

       Vir veiligheid, hou jou geld in ’n lyfsak wat jy om jou middellyf kan vasmaak.

       Maak seker dat jy kleingeld en ou inkopiesakkies byderhand het.

       Dis ook goed om tuisgemaakte fudge, koekies, beskuit, pannekoek, groetekaartjies of houtspeelgoed te verkoop. Kleinerige items soos lekkergoed en tjips verkoop ook goed.

       Onthou om jou familie en vriende van die verkopings te vertel.

      Postlees: Beantwoord die volgende vrae oor die artikel.

      1. Mense gaar soms rommel op. Noem drie dinge wat mense volgens die teks opgaar (orde). (3)

      2. Noem ten minste drie dinge wat op ’n plakkaat moet wees as jy wil adverteer. (3)

      3.Kies die regte antwoord. Die uitdrukking “harde kontant” beteken . . . (1)

      a. dit is net muntstukke.

      b. die geld is baie hard.

      c. dit is net kontant soos note en muntstukke.

      4. Skryf of die volgende waar of onwaar is. Gee ’n rede vir jou antwoord. (1)

      As ’n item ’n prys op het, is dit die prys wat die klant moet betaal.

      5. Skryf ’n woord wat dieselfde betekenis as die skuinsgedrukte woord het (sinoniem). (1)

      Hier is ’n paar nuttige wenke.

      6. Waarom dink jy is dit belangrik dat elektriese apparate nog werk? (1)

      7. Waarvoor word die tafels gebruik? (1)

      8. Verduidelik kortliks in jou eie woorde wat met die volgende uitdrukking bedoel word. (1)

      “Pasop vir mense met lang vingers.”

      9. Waarom dink jy moet jy die geld om jou lyf hou? (1)

      10. Wat sal jy by so ’n garageverkoping kan verkoop? Noem twee dinge. (2)

      Totaal: 15 punte

      Taal in konteks

80663.png

      Blaai na die Taalgids vir nog voorbeelde.

      Byvoeglike naamwoorde

      ’n Byvoeglike naamwoord beskryf die selfstandige naamwoord. Die byvoeglike naamwoord kan voor die selfstandige naamwoord (attributief) of na die selfstandige naamwoord (predikatief) gebruik word. Byvoorbeeld: Die jong seun hou ’n garageverkoping. Die seun is jonk wat ’n garageverkoping hou.

      Trappe van vergelyking

      Die byvoeglike naamwoord kan trappe van vergelyking neem. Byvoorbeeld: Die seun is jonk, sy maat is jonger, maar sy kleinboet is die jongste. Hoe meer items jy verkoop, hoe ryker kan jy word. Leer die volgende voorbeelde van trappe van vergelyking:

Stellende trapVergrotende trapOortreffende trap
armarmerdie armste
baiemeerdie meeste
bangbangerdie bangste
benoudbenouderdie benoudste
besigbesigerdie besigste
beslisbeslisterdie beslisste
dapperdapperderdie dapperste
dofdowwerdie dofste
droefdroewerdie droefste
droogdroërdie droogste
fraaifraaierdie fraaiste
gladgladderdie gladste
welgesteldemeer welgesteldemees welgestelde
verleëmeer verleëmees verleë

      Intensiewe vorm

      Die byvoeglike naamwoord kan ook in die intensiewe vorm gebruik word, byvoorbeeld: Die lug is baie blou (hemelblou).

      Woorde in die intensiewe vorme word altyd as een woord geskryf. Lees die Taalgids vir voorbeelde van intensiewe vorme.

      Verbuiging

      Die byvoeglike naamwoord kan ook verbuig, byvoorbeeld: Die СКАЧАТЬ