Dit vat guts. Annelie Ferreira
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Dit vat guts - Annelie Ferreira страница 6

Название: Dit vat guts

Автор: Annelie Ferreira

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия:

isbn: 9780798157025

isbn:

СКАЧАТЬ donker van die nag wat my wakker gehou het nadat haar ma-hulle die laaste lig afgesit het nie. Dit was ’n donker perd. Perde is groot. Selfs ’n herdershond sal soos ’n Yorkie lyk teen ’n swart hings. En perde hou van skop. Dis net cool as jy dit op ’n skerm sien.

      Ek het ure rondgerol voor ek aan die slaap geraak het.

      7

      Heelpad van die skool af hoop ek Pa gaan nie weer by die huis wees as ons daar aankom nie. Hy is minstens vanoggend vroeg werk toe soos gewoonlik. Hy het net nie in die stort gesing soos altyd nie. Hy het eintlik baie lank laas in die stort gesing. Maar hy het gesê hy voel beter van die nuwe pille. En hy moet ontwerpe gaan klaarmaak sodat die mense by sy maatskappy daarmee kan aangaan as hy in die hospitaal is, alles moet agtermekaar wees. Hy is ’n elektroniese ingenieur wat satellietkameras ontwerp.

      Ouma Issie het laasjaar omtrent ’n klein olifantjie gekry toe sy hoor Pa gaan ’n maatskappy begin. Hy het dan ’n goeie werk gehad! Hoe kon hy so ’n kans vat! Pa het gesê dis als goed en wel om veilig te speel grondlangs, maar partykeer wil jy darem vlieg ook.

      “Ek voel goed oor Pa,” sê Isabel terwyl ons loop. “Hy gaan oukei wees, ek weet dit. As ek volgende week by die jeugkonferensie in Johannesburg is, gaan ek die mense daar ook vra om te bid. Is dit nie awesome dat die kerk my sponsor om soontoe te gaan nie?”

      Die straat lyk minstens nie meer so weird soos gister nie. Dit lyk amper soos ’n gewone straat ná ’n nag se reën. Dis vreemd om te dink ek en Isabel het gister nog al met die skadubome langs geloop in die hitte. Nou skyn die geel gras hier en daar amper groen, en blare lyk weer lewendig en blink. Behalwe dié wat besig is om te verkleur, maar hulle lyk ook mooi, rooi en geel en bruin.

      “Ek kan nie wag vir die vakansie nie,” sê Isabel. “Ek het so lank laas sommer net fun saam met my vriende gehad. Dis skool en sport en die band – nie dat ek omgee vir die band nie, maar ons is rêrig besig. Vanaand tree ons op by die Vroue vir Vreugde-seminaar by die kerk, en Donderdag by die aftreeoord.”

      Ons stap op met die tuinpaadjie. Toe Isabel die voordeur oopstoot, staan my ore soos ’n perd s’n vir Pa-geluide, maar alles klink veilig. Ma en Tes praat iewers in die huis, en niks ruik soos salami-pizza nie.

      Die telefoon lui net toe ek daar verbyloop. Dalk is dit tannie Theresa, Ma se suster in Pietersburg. Sy het ’n tyd gelede ’n baba gehad en as die telefoon lui en Ma praat oor goed soos nappy rash of melk of tande, dan weet jy dis sy. Weet tannie Theresa van Pa?

      Ek huiwer met my hand op die gehoorbuis. Toe dit weer lui, tel ek op.

      Dis Ouma. Sy sê: “Hallo, Mia” in ’n stem so verlate soos die Karoo.

      “Haai, Ouma,” sê ek so nice as wat ek kan. “Ek roep Ma gou.”

      Ma vat die foon sonder ’n woord. “Hallo, Ma,” sê sy. “Nee, dis alles reg.” Sy luister vir ’n paar oomblikke. “Ja, Ma, ek dink jy kan dit maar drink. Dis vir skok, en Ma het net genoeg vir ’n paar dae, so jy sal nie verslaaf raak daaraan nie.”

      Ek loop kamer toe. Die swart hings het losgekom, die boonste regterhoek krul om.

      Ek leun oor om dit vas te druk, versigtig om Prinses nie te pla waar sy halfpad onder my duvet in lê en slaap nie. Langs die swart hings is die foto van nog ’n perd wat Annika Sondag vir my ge-epos het. Hy bly op ’n plaas teen die Weskus. Hy lyk sweet, kleiner as die swart hings.

      Isabel skop haar skoene uit. “Wat’s dit met die perde?” vra sy. “Hoekom het jy die prente opgesit?”

      “Wel …” Ek sal haar maar die waarheid vertel. Die abbreviated version. “Ek en Annika soek ’n perd om te ry.”

      “’n Perd?”

      Nee, ’n seekoei. “Ja.”

      “Cool. Onthou jy hoe ons altyd op die ponies by die skool se kermis gery het?”

      Ek onthou eintlik hoe party van ons nie op die ponies gery het nie. “Hulle was oulik,” sê ek maar.

      Isabel trek haar haarrekkie af en skud haar krullerige bruin hare los oor haar skouers. “Waar gaan julle ’n perd kry?”

      “Ons soek nog.”

      Die telefoon lui weer. Dalk is dit nou tannie Theresa. Ek druk die hoeke van die Weskus-perd ook vas. “Wat dink jy van rassisme, die jeug van Suid-Afrika en aardverwarming?”

      “Huh?”

      “Dis vir die debatskompetisie Donderdag.”

      “O!” Isabel grinnik. “Die juffrou het my ook gevra, maar ek het nee gesê. Ek kan nie alles doen nie, I’m very sorry.”

      Wel, ek gaan minstens vir Thomas sien! “Oukei, so wat dink jy van rassisme en alles?” Ek tel ’n boek op van Isabel se lessenaar, To Kill a Mockingbird.

      Isabel gil asof sy pas die killer gesien het. “Los! Dis ’n skoolboek, ons doen dit volgende kwartaal.”

      “Ek wou dit net lees, nie eet nie!”

      “Nee, jy eet terwyl jy lees, dis die probleem. Ek soek nie nog sjokoladekolle op my boeke nie, dankie.”

      Voor ek haar daarop kan wys dat dit ’n baie klein kolletjie was en ’n ongeluk, steek Ma haar kop om die deur. “Annika het gebel oor Arnold wat foto’s van perde gaan neem. Hulle kom jou oor vyftien minute oplaai?”

      “O. Oukei!”

      Vanmiddag al? Mamma Mia.

      8

      Daar is nie tyd om senuweeagtig te wees nie, maar ek kry dit nogtans maklik reg.

      Klere is die onmiddellike probleem. Ek moet iets aantrek wat gemaklik genoeg is vir die perd, maar cool genoeg vir Arnold. Natuurlik het ek niks wat hoegenaamd reg is nie en Isabel maak alles erger deur raad te gee. Op die ou end kies ek jeans en ’n toppie wat ingetrek is op die bors om jou minstens te laat dink miskien is iets aan die gebeur daar.

      Ek smeer blitsig ’n snytjie brood, maar hap skaars toe die deurklokkie lui. Dis Annika en Arnold, en die eerste ding wat hy sê ná haai is: “Jammer om van jou pa te hoor, Mia. Ek hoop hy gaan oukei wees.”

      Ek het van Pa vergeet! Ek wil amper sleg voel, maar toe moet ek in die kar klim en vergeet dadelik weer.

      Arnold bestuur. Hy het sy lisensie in Januarie gekry, die dag toe hy agtien geword het. Hoe’s daai vir briljant? Ek klim agter in, van waar ek ’n goeie uitsig op sy agterkop het. Sy goudbruin hare krul laag in sy nek, net-net binne die skoolreëls. Vir afwisseling is sy hand op die rathefboom ook ’n goeie kyk werd.

      Ons het nog skaars weggetrek, toe begin Annika babbel. Sy vertel my van Arnold se kunsprojek en die meisie wie se perd dit is – sy is eintlik op soek na iemand om haar perd te huur, want sy’s baie besig met matriek en alles, en anyway wil sy volgende jaar Engeland toe gaan vir ’n gap-jaar. Haar perd se naam is Harry Flashman, maar mens kan hom sommer net Harry noem.

      Die plaas is nie ver nie, net ’n entjie buite die dorpsgebied. Die stalle lê teen ’n heuwel, tussen ’n paar buitegeboue en hoë bome en veld. Ons draai op met ’n grondpad. Ek СКАЧАТЬ