Rillers 4: Ou Langklou. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rillers 4: Ou Langklou - François Bloemhof страница 4

Название: Rillers 4: Ou Langklou

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Rillers

isbn: 9780798157261

isbn:

СКАЧАТЬ wil nie jou simpel melktert hê nie!” skree Victor vir juffrou Ia. “Jy wéét dit het gebeur! Ek het dit gesien!”

      “En wat presies het gebeur?” Sy lag verdraagsaam. “Die een oomblik het jy nog hier gesit, toe spring jy op en hardloop weg asof Satan self agter jou aan is. Ek het aangeneem jy het iets iewers vergeet. Sersant, en meneer Marais, sit gerus, dan kry julle elkeen ’n lekker stukkie melktert.”

      Sersant Smit trek ’n stoel uit. “Dankie, Juffrou. Dit sal my gemoed goed doen. U melktert is immers deur die hele Mooidraai bekend en geliefd.”

      Juffrou Ia laat haar kop sak. “Jinne, sersant . . .”

      Meneer Marais sê: “Victor, moenie net so rondstaan nie. Gaan sê vir my vrou en Jenny hulle kan maar inkom.”

      “Gaan sê jy self vir hulle. Ek is nie jou bediende nie!” Victor storm by die kombuis uit. Hy voel vernederd én bang. By die voordeur loop hy Jenny en haar ma amper onderstebo. Hy hoor Jenny roep, maar hy hou aan met hardloop, kinderhuis toe.

      5

      Liefde en malheid

      ’n Paar middae later stamp hy Jenny amper weer uit die aarde uit, voor die supermark. Hy het tandepasta kom koop en sy het uit die winkel langsaan gekom toe hulle in mekaar vasloop.

      “Haai, vir wat is jy so haastig?” Jenny probeer hom aan die arm gryp, maar hy ruk los en stap aan. “Victor, ek praat met jou.” Sy loop agter hom aan.

      Victor stop vir ’n oomblik en mompel iets wat soos “yes” klink.

      “Geniet jy jou vakansie tot dusver?” vra sy vrolik, want sy kan sien hy is in ’n goor bui.

      “Dit kan gaan.”

      “Het iemand jou vies gemaak?” Sy val langs hom in.

      “Nee.”

      “Waarheen gaan jy?”

      “Sommer net iewers heen.”

      Sy vererg haar. “As jy nie met my wil praat nie, sê net so, ou grompot!”

      “Jy dink seker ook ek’s mal. Oor die ander dag. Of jy dink ek het maar weer gelieg.”

      “Victor . . .”

      Hy gaan staan en draai na haar. “Jy glo my nie, nè?”

      Jenny raak ongemaklik. “Ek moet erken, dit klink nie . . . Ek meen, ek kon mos sien juffrou Ia makeer niks nie.”

      “Wel, sy hét iets makeer. Sy was dood. Ek het met my eie oë gesien hoe sy geskok word. Sy het net daar gelê en sy was . . . dóód.”

      “Dalk was sy net vir ’n rukkie bewusteloos. En toe sy bykom, onthou sy niks daarvan nie. Die skok was letterlik en figuurlik te groot.”

      “Nee. Dit verduidelik nog nie hoekom sy gelieg het nie. En sy hét! Sy sê ek het weggehardloop. Maar ek het polisiekantoor toe gehardloop nádat sy geskok is!”

      “Oukei, Victor, moenie my kop afbyt nie. Anyway, dis nou verby. Iets van die verlede.”

      “Nee dit is nie, want jy glo nog steeds ek is ’n liegbek. Gaan net huis toe na jou snob van ’n pa en ma en los my uit.”

      Jenny hou aan om langs hom te loop. Sy wonder of hy ooit sal weet hoe baie sy van hom hou. Eintlik verlief is op hom.

      Eers het sy gedink sy maak haar dinge wys. Dat sy net so voel omdat Victor so anders as die res van die ouens in hulle klas is.

      Maar nou weet sy dis meer as net dit. Hy kan ’n bietjie rof wees, maar hy is ten minste interessant.

      En aantreklik.

      Victor haal ’n pakkie sigarette uit sy sak en steek een aan. Hy hou die pakkie na haar toe uit. “Wil jy een hê?”

      “Nee dankie. As ek wil hê my asem moet sleg ruik, sal ek eerder knoffel eet. En netnou raak ek verslaaf, nes jy. Jy’s net vyftien.”

      Victor blaas die rook uit. “Ek kan enige tyd ophou as ek wil.”

      “Bewys dit.”

      “Raait.” Hy laat val die sigaret en trap dit dood.

      “Gooi nou die pakkie ook weg.” Jenny wys na ’n vullisdrom.

      “No way.”

      “Jy sê dan jy gaan ophou.”

      “Ek het gesê ek kán! Dit sal geldmors wees.” Dan swaai hy om. “Wat was dit?”

      “Wat?”

      “Ek het iets gehoor.” Victor kyk na ’n klomp struike aan hulle regterkant. “Dit kan iemand wees wat ons afluister.”

      “Wie sal óns nou wil afluister? Dit was ’n kat of ’n rot of ’n ding.”

      Victor haal sy skouers op. “Seker.” Hy staar nog vir ’n paar sekondes stip na die bosse.

      Net toe kom die Bekker-tweeling om die hoek. Enslin en Gespierde Maria se hare is nog klammerig en hulle het gymsakke by hulle. Hulle oefen elke dag. Jenny kan hulle nie verdra nie – hulle gaan uit hulle pad uit om Victor te verneder, of enigiemand wat hulle dink nie so groot en sterk soos hulle is nie.

      “Jis, jou skom,” groet Enslin.

      “Skom jouself.”

      “Vir wat loop jy met dié vent rond, Jenny?” vra Gespierde Maria. Sy dra ’n stywe T-hemp om haar boarmspiere af te wys. “Die mense sal begin wonder of daar iets tussen julle is, en dít wil jy mos nie hê nie, of hoe?”

      “Soek julle iemand wie se dag julle kan bederf?” vra Jenny en gluur hulle uitdagend aan.

      Enslin gee ’n snork. “Ons kan júlle s’n in elk geval nie verder bederf nie. Julle sit klaar met mekaar opgeskeep!”

      Jenny sien hoe Victor se gesig vertrek en hoe hy sy vuiste bal. Reg om Enslin toe te takel.

      “Hallo, julle!” Dis Fluitjie. Hy kom aangerol – dis die enigste woord wat kan beskryf hoe hy beweeg – met ’n groot inkopiesak by hom en ’n stuk sjokolade in sy hand.

      “Nog ’n loser,” sê Enslin. “Dis soos ’n vergadering van idiote vandag.”

      “Het jy darem iets in die kafee oorgelos vir ouens wat kan bekostig om sulke goed te eet?” lag Gespierde Maria.

      Fluitjie antwoord nie. Dit lyk of hy huiwer om nader te kom.

      “Wat staan jy so?” vra Enslin. “Het jy iets verloor?”

      “Los hom uit. Hy’t jou niks gemaak nie,” sê Victor en bal weer sy vuiste.

      “En as jy skielik so vir СКАЧАТЬ