Die Speletjie. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Speletjie - François Bloemhof страница 3

Название: Die Speletjie

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия:

isbn: 9780798155984

isbn:

СКАЧАТЬ blý swart. H’m … ?

      Wouter druk Escape en beland terug in Main Menu.

      Is dit nou dít? Hy het net al die inligting gegee, toe is alles verby! Hy wou so graag sien wat met Denise Potgieter gebeur.

      Dalk het die speletjie nie behoorlik gelaai nie. Hy sal dit oor doen, hy moet net eers van hierdie weergawe ontslae raak.

      Maar toe hy die Murder icon na die Recycle Bin wil sleep, ruk hy sy hand weg en skree amper – dit het gevoel asof die muis lewe kry!

      Sy palm jeuk en ’n rilling gaan deur hom. Dis dieselfde krapperige gevoel as wat hy by meneer Grimbeek se huis gekry het.

      Nou het hy regtig ’n stort nodig.

      3

      _________________________

      Druk Delete

      Wouter is besig met huiswerk toe hy sy pa se motor in die oprit hoor stilhou. Hy kyk op sy horlosie. Dis al halfnege.

      Waar was hy?

      Hy gaan maak sy kamerdeur toe. Hy’s nie lus om sy pa te sien nie. Hy wil nie maak asof alles oukei is nie. Dit ís nie.

      Hy hoor sy pa inkom, dan sy pa en ma se stemme.

      Dit raak stil.

      Té stil.

      Wat nou?

      Hy maak sy kamerdeur op ’n skrefie oop en spits sy ore.

      “Kan jy my ooit vergewe?” hoor hy sy pa vra.

      Wouter raak koud. Dit moet oor háár wees wat hulle praat: Denise Potgieter.

      “Is jy seker dis verby?” vra sy ma. Haar stem is bewerig.

      “Doodseker.” Sy pa se stem ook.

      “Belowe jy my?”

      “Ja. Ek kom nou net van haar af. Ek het vir haar gesê dat dit verby is tussen my en haar. Brenda, asseblief, jy moet my nog ’n kans gee. Ek weet ek was die laaste ruk nie ’n goeie man vir jou nie. Of ’n goeie pa vir Wouter nie. Ek weet nie wat dit met my was nie …”

      “Ons kan later daaroor praat,” hoor hy sy ma se stem. “Ek is so kwaad vir jou. Maar dis ook goed om jou weer hier te hê, hier waar jy hoort.”

      Wouter maak die kamerdeur toe. Hy glimlag só dat dit hom smaak sy wange gaan oopskeur. Nou het sy ma nie meer rede om te huil nie.

      En hy het sy pa terug!

      Sy oog val op sy rekenaar. Hy voel skuldig oor wat hy ingetik het. Dalk is die vroumens regtig lief vir sy pa. Dalk lê sy nou en huil, soos sy ma vanmiddag gehuil het. En hy wou hê sy moet verwurg word …

      Hy gaan sit voor die rekenaar en klik op die Murder icon. Hy volg die stappe tot daar staan:

      Vul nou die skurk se naam in.

      Watter naam sal hy intik in haar plek? Die skoolhoof s’n? Sy biologie-onderwyser s’n? Ha-ha. Dalk werk die speletjie dié keer.

      Nee, besluit hy. Hy gaan net Denise Potgieter se naam uitvee. Dan hoef hy nie meer sleg te voel nie. Al is dit net ’n speletjie en al weet niemand hy het haar naam ingetik nie, sal hy beter voel as hy die saak regstel.

      Hy highlight die naam. Hy druk Delete.

      Niks gebeur nie. Hy druk dit weer.

      Toe, ’n harde geluid.

      En daar is ’n groen flits op die skerm. Wouter knip sy oë en ’n boodskap verskyn in helder rooi letters:

      Geen veranderinge mag gemaak word

      voor jou bevel uitgevoer is nie.

      Die skerm raak swart.

      Verdwaas sit hy na die rekenaar en kyk. Dit het regtig gevoel asof dit met hom práát.

      Hy is terug by Main Menu.

      Dit help nie hy worry daaroor nie. ’n Rekenaar het mos nou maar eenmaal ’n brein van sy eie!

      Hy gaap. Die besoek aan meneer Grimbeek het hom moeg gemaak.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4RGvRXhpZgAATU0AKgAAAAgADAEAAAMAAAABDlQAAAEBAAMAAAABCz0AAAECAAMAAAADAAAA ngEGAAMAAAABAAIAAAESAAMAAAABAAEAAAEVAAMAAAABAAMAAAEaAAUAAAABAAAApAEbAAUAAAAB AAAArAEoAAMAAAABAAIAAAExAAIAAAAeAAAAtAEyAAIAAAAUAAAA0odpAAQAAAABAAAA6AAAASAA CAAIAAgALcbAAAAnEAAtxsAAACcQQWRvYmUgUGhvdG9zaG9wIENTNSBNYWNpbnRvc2gAMjAxMzox MDowMSAxNDoxMjo1NwAAAAAEkAAABwAAAAQwMjIxoAEAAwAAAAH//wAAoAIABAAAAAEAAAZZoAMA BAAAAAEAAAoAAAAAAAAAAAYBAwADAAAAAQAGAAABGgAFAAAAAQAAAW4BGwAFAAAAAQAAAXYBKAAD AAAAAQACAAACAQAEAAAAAQAAAX4CAgAEAAAAAQAAECkAAAAAAAAASAAAAAEAAABIAAAAAf/Y/+0A DEFkb2JlX0NNAAH/7gAOQWRvYmUAZIAAAAAB/9sA
СКАЧАТЬ