Die Speletjie. François Bloemhof
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Speletjie - François Bloemhof страница 2

Название: Die Speletjie

Автор: François Bloemhof

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия:

isbn: 9780798155984

isbn:

СКАЧАТЬ style="font-size:15px;">      “Ja, Oom.”

      “Hier’s jou geld.”

      Wouter vat die honderdrandnoot by die man. Hy probeer om nie te wys dat hy gril nie – die hand is koud en pofferig en harig.

      In sy ander hand hou meneer Grimbeek die dorp se koerantjie vas. Dis dié week s’n en is oop by die bladsy waar daar gewoonlik foto’s is van mense wat belangrike geleenthede bygewoon het.

      Wouter weet sy pa is op een van die foto’s. Hy’t deur die koerantjie geblaai net voor hy hierheen gekom het. Omdat sy pa ’n belangrike werk het, is sy foto dikwels in die koerant.

      Meneer Grimbeek se mondhoeke pluk-pluk toe hy sien waarna Wouter kyk, asof hy wou hê hy moes sien. Dan beduie hy met ’n vet vinger na die voordeur.

      2

      _________________________

      Die foto

      Wouter hardloop huis toe. Hy wil onder ’n stort kom sodat hy die gevoel van meneer Grimbeek en sy muwwe huis van hom kan afwas. Dis asof dit aan hom klou soos ’n ekstra laag vuil vel.

      Hy gaan by die agterdeur in en tref sy ma snikkend in die kombuis aan. Sy skrik toe sy hom sien.

      “Wat’s fout, Ma?”

      Sy sit haar hand oor haar mond en storm verby hom. Sekondes later hoor hy ’n deur toeklap.

      Hy gewaar die koerant op die kombuistafel – dieselfde een as wat meneer Grimbeek gehad het en dit is oop by dieselfde bladsy.

      Hy kyk weer na die foto. ’n Mooi jong vrou staan by sy pa. Sy het blonde hare wat in haar nek krul en sy glimlag breed. Sy pa het sy arm om die vrou se middel.

      Onderaan die foto staan: Karel Lotinga, hoof van die sagteware-maatskappy, GamesWorld, en sy sekretaresse, Denise Potgieter, by die opening van Super Stores se plaaslike tak in Kerkstraat.

      Wouter staar na die foto. Dis sy!

      Verlede Donderdag het die skool vroeg uitgekom, want daar sou die middag ’n ekstra atletiekoefening wees. Hy het deur die park huis toe geloop toe hy ’n motor tussen ’n paar bome sien staan. Sy pa se motor.

      Hy het sonder om te dink agter ’n boom ingespring, maar hy was seker hulle het hom gesien, want sy pa het amper dadelik die enjin aangeskakel en weggery. Daar was ’n vrou in die passasiersitplek.

      Dié een, die vrou op die foto.

      So haar naam is Denise Potgieter.

      Dit voel vir Wouter of sy keel wil toetrek. Hy loop op sy tone in die gang af en gaan staan by sy ma-hulle se kamerdeur om te luister.

      Hy hoor niks van agter die toe deur nie. Hy wil sy ma gaan troos, maar hoe moet hy oor só iets met haar praat? As hy net stilbly, waai dit dalk oor.

      Die laaste ruk … Sy pa het al hoe later begin werk, en dan was sy ma onplesierig as hy by die huis kom en die kos al droog geraak het in die oond.

      Die aand ná Wouter sy pa se motor in die park gesien het, het hy agtergekom sy pa tree snaaks op. Hy het nie soos gewoonlik by Wouter se kamer ingeloer nadat hy in die bed geklim het nie, maar in sy studeerkamer bly sit en werk. Wouter het die gevoel gekry sy pa het daardie nag op die bank in die studeerkamer geslaap.

      Die onsekerheid het hom bang gemaak. Was sy pa van plan om hulle te los? Hy het probeer dink hoe dinge sonder hom sou wees, maar hy kon nie.

      Die volgende dag was alles terug na normaal. Sy pa het vir ’n verandering vroeg huis toe gekom, gesê hoe lekker sy ma se kos is, en toe vir haar sjokolade – haar gunstelingsoort – uit sy aktetas gehaal.

      ’n Verligte Wouter het lag gekry vir sy eie vermoedens. Ken hy dan nie sy pa nie? Hy sal nie so iets doen nie.

      Maar nou …

      Hy gaan sit voor sy rekenaar. As hy omgekrap is, is dit gewoonlik al ding wat hom beter laat voel.

      Dan onthou hy van die flash disk in sy sak. Hy haal dit uit en druk dit in die USB port. Hy installeer dit op sy hardeskyf.

      Op die desktop verskyn die icon met die mes, en die woord Murder. Hy klik op die icon.

      Daar is ’n rooi skerm met THE GOTCHA GAME en die raampie met die messe en pistole en goed. Hy klik op Start.

      Are you sure you want to continue? vra die skerm.

      Onnosel vraag.

      Hy klik op Yes.

      Language? vra die skerm.

      Afrikaans is die heel eerste opsie. Wouter is verbaas, want die meeste programme is net in Engels. Hy klik op Afrikaans.

      Welkom by THE GOTCHA GAME, flits die skerm.

      Hy klik op Gaan voort. Toe frons hy. Die skerm sê:

      Tik die name van die karakters

      in wat jy wil hê moet deelneem.

      Gebruik jou gesin se name.

      Wouter grinnik en tik sy eie naam in.

      Hy tik sy ma s’n in: Brenda Lotinga.

      En hy dink aan sy pa. Hoe lank gaan hulle nog ’n gesin wees?

      Maar hy tik in: Karel Lotinga.

      Daar’s plek vir nog drie name. Hy tik in: Koekoes Gerber. Sy beste vriend.

      Hy dink. Wie nog van die ouens wat saam met hom in die klas is? Maar wat, hy dink dis genoeg.

      Hy klik op Gaan voort.

      Die volgende skerm sê:

      Vul nou die skurk se naam in.

      Dis nie moeilik nie. Wouter tik: Denise Potgieter.

      Hy klik op Gaan voort.

      ’n Nuwe skerm kom op:

      KIES NOU DIE MOORDMETODE

      Jy het 10 sekondes …

      Kop afkap

      Doodskiet

      Verwurg

      Messteek

      Verdrink

      Gaan voort >>

      Wouter dink aan hoe tevrede Denise Potgieter op die foto gelyk het. Wat moet met haar gebeur? Wat is erg genoeg?

      Jy moenie, sê sy gewete. Jy mag nie wens iemand gaan dood nie.

      Maar dis net ’n speletjie, dis mos nie rêrig nie!

      Hy klik op Verwurg.

      Dan СКАЧАТЬ