Diep spoor. Jeanette Stals
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Diep spoor - Jeanette Stals страница 24

Название: Diep spoor

Автор: Jeanette Stals

Издательство: Ingram

Жанр: Историческое фэнтези

Серия:

isbn: 9781485904304

isbn:

СКАЧАТЬ blykbaar oral tuis is se oë trek klein van innerlike lag. “Dis maar net ’n berg.”

      “Almiskie!”

      “Wat is dan erger?” wil Fransie weet.

      Abel skud sy kop. “Om in die sandwêreld te wees waar jy vir myle nie ’n boom of ’n druppel water sien nie, is baie erger.”

      “Is dit waar jy vandaan kom?” wil Dina weet van die mensie wat lyk asof hy Stefaans se regterhand kan wees. Nie dat Stefaans een nodig het nie.

      “Nee. Ek het my kindwees daar in die Wagenmakersvallei gekry. Stefaans-hulle het toe nog daar gebly. Maar my oupa het uit die dorre woestyn gekom.”

      “Vertel ons van jou oupa,” soebat Fransie en skuif hom reg vir die luister.

      “Wat is daar om te vertel? Hy het lankal vertrek.”

      “Maar hoe’t dit gekom dat hy by Stefaans se mense gaan bly het?” moedig Dina hom aan.

      Abel glimlag. “Hy’t nie juis daaroor gepraat nie. Net op ’n dag vir my gesê sy mense is almal in ’n oorlog dood en die wit mense het hom en ’n paar ander kinders vir hulle gevat. Hy kon toe nog nie die Boere se taal verstaan nie, maar Stefaans se familie was goed vir hom en hy het arbeider vir hulle geword.”

      “Stefaans sê niemand kan met spoorsny by jou kers vashou nie. Het jy dit by jou oupa geleer?” Só probeer Fransie uit ’n ander rigting by ’n storie uitkom.

      “Sekerlik by hom geleer, ja.” Abel kyk na Dina en toe hy sien sy wag ook, begin hy vertel. “Ek het kleintyd al saam met hom agter die vee geloop. Hy’t my alles geleer. Om te kyk hoe die spore lê, ver of naby mekaar, diep of vlak. Dan weet jy die dier se loop. Oupa het my ook geleer dat mens twee geeste het wat uit jou mond spring as jy sterwe. Een van hulle bly vir ’n tyd in ’n voëlnes, voor dit die lang pad na //Gamab toe vat. Aan die begin is die pad maklik, maar dit word met die gaan al hoe moeiliker. Net die heel dapperste en slimste kom tot daar.” Hy kyk van haar na Fransie en beduie in die lug op. “Dis hulle wie se oë julle daar bo sien blink.”

      Dina kyk op. Die oë daar bo is baie, soos die sand aan die see.

      “Oupa het ook die luiperd vir my gaan wys,” sê Abel. “ ’n Wyfie. Sy het bo teen die kranse vir haar lêplek gemaak.” Hy bly stil, dink blykbaar daaroor na.

      “En wat het van jou oupa geword?” vra Dina toe sy voel Abel het lank genoeg gehad om te dink.

      “Sonder spoor verdwyn.”

      “Hoe bedoel jy nou?”

      “Op ’n mooi dag was hy net nie meer by ons nie. Dit was omtrent ’n maand nadat my ouma begrawe is.” Hy glimlag skeef. “Oupa het nie gehou daarvan toe Ouma se kinders haar in die grond bêre nie. Dis om te versmoor, het hy gesê, want van waar hy kom, los mens jou oorblyfsel vir die diere om ook iets te kry.”

      Fransie ril. “Dink jy nie hy’s maar net terug na die woestyn toe nie?”

      “Nie op sy twee mensbene nie. Daarvoor was hy veels te oud.”

      “Was dit dalk ’n luiperd?”

      “Miskien. Die familie het so geglo toe hulle flenters van sy hemp in die veld kry. Hulle wou hê die seur moet haar gaan skiet, maar hy’t gelukkig gesê dis te lank ná die tyd, dit baat nie meer nie.” Hy kyk vir Fransie in die oë. “Ek was bly, want ek het die luiperdwyfie weer gesien, met twee kleintjies. En wie sal dan vir hulle gesôre het?”

      Dina kyk ingedagte na die vlammetjies. Sou sy die luiperd so maklik kon vergewe? Toe kyk sy terug na Abel en dis asof sy presies weet hoe die oupa gelyk het. Sy kan ook die ou man se gees vry oor die veld sien hardloop.

      “Maar ek is bly oor Stefaans weer ’n goeie vrou gekry het,” sê Abel uit die bloute. “Hy kan weer tot rus kom. Hy was die laaste jaar alteveel van ’n olifantbul wat trane maak langs sy ore.” Hy draai na Fransie. “Ek sien ook jy maak ’n skeur in hom heel. Dis goed so.”

      Katrien word bewus van asem teen haar nek en op haar wang. Toe soen Stefaans haar op die mond. “Wakker word, lief.”

      Sy slaan haar arms om sy nek en hou hom naby haar. Sy vingers gly onder haar arms in en sy laat vinnig los toe hy by haar kieliebakke kom.

      “Ons het nog ver om te gaan,” verduidelik hy.

      “Ek weet, ja. Ek sal gou aantrek.”

      Voor sonop is hulle by die onderpunt van die steil pas. Abel lei weer tou en die res van hulle klim van die wa af om dit so lig moontlik te maak.

      Katrien kyk dikwels terug na die landskap agter hulle. Hoe hoër hulle gaan, hoe onwerkliker lyk die wêreld daar onder. Dit is ’n tekening, die tweespoorpad ’n potloodstrepie wat oor die groen fynbos getrek is. En dit voel asof sy nooit weer haar voete op daardie strepie sal neersit nie.

      14

      Op reis na die Oos-Kaap

      DIE EERSTE WEEK gaan vir Katrien soos ’n droom verby. Haar dae is ’n klein avontuur oor kronkelpaaie en, meer nog, ’n reis op onbekende terrein tussen haar en Stefaans. Hulle kry bedags oorgenoeg kans om te gesels en snags slaap hulle styf teen mekaar in die klein ruimte van die wa. Sy leer haar man se fisieke krag ken, maar ook sy deernis en sy is gelukkig. Haar lyf raak in Stefaans se hande ingesmelt en haar asem is nie van syne te skei nie.

      Bedags bly hulle so lank moontlik aan die beweeg. Dit is herfs en die weer is goed vir hulle. Stefaans en Abel het die roete al dikwels gery en weet waar om te oornag of waar goeie weiding is om vir ’n paar uur uit te span. Dan stoot hulle weer aan tot sononder.

      Hulle ly nie honger nie, want linnesakkies met biltong, droëperskes en rosyntjies hang teen die binnekant van die wa. Saans braai hulle vleis en sny van die brood of eet beskuit wat Katrien se ma ook saamgegee het. Dan steek Stefaans die pitlamp aan en hang dit teen ’n paal langs die wa. In die ligkring wat hulle van die wye, donker nag afskerm, vat hy die Bybel en slaan dit oop. Die lig is dof en met sy vinger moet hy die woorde oor die bladsy volg.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен ООО «ЛитРес».

      Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.

      Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.

/9j/4QAYRXhpZgAASUkqAAgAAAAAAAAAAAAAAP/sABFEdWNreQABAAQAAABkAAD/4QMcaHR0cDov L25zLmFkb2JlLmNvbS94YXAvMS4wLwA8P3hwYWN СКАЧАТЬ