Die Krag Van Middernag Gebed. Gabriel Agbo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Krag Van Middernag Gebed - Gabriel Agbo страница 7

СКАЧАТЬ verskriklike slawerny leef. Sommige is slawe van siekte, mislukking, en armoede. Ander het sondige gewoontes. Sommiges ly as gevolg van die aanvalle of bose pyle wat in hul gesinne in geskiet is deur agente van die donker koninkryk. Ek ken ʼn familie waar drie van hulle kranksinnig is. Ander gesinne het sataniese jukke op hulself geplaas deur hul eie aksies, naamlik aanbidding en offers aan demoniese geeste. Sommiges het selfs altare vir hierdie valse gode in hul huise. Sommige ouers het ook hulle kinders toegewy of bekendgestel aan die aanbidding van demone. Al hierdie trek kettings en slawerny aan.

      As jou ouers of voorouers afgode of duiwels gedien het of enige vorm van okkultisme beoefen het, dan is daar ʼn dringende behoefte vir jou om ʼn bevrydingsproses te ondergaan, sodat die sataniese kettings oor jou lewe gebreek kan word. Jy kan nie die duiwel dien sonder dat hy jou gevange sal hou met sy voetboeie nie. Deur aanhoudende middernag gebed kan jy weet dat sataniese jukke en verbonde in die gesin verbreek kan word.

      Daar is ook stede, dorpe, en lande wat met sataniese kettings gebind is en wat in die vyand se tronke aangehou word. Jy kan dit sien deur hoe mense leef, wat hulle aanbid of deur die dinge wat in daardie omgewing gebeur. Daar is plekke waarheen jy gaan waar jy dadelik die demoniese geeste wat in werking is kan onderskei. Ander aanbid verskillende demoniese territoriale geeste en owerhede.

       Ek weet van ʼn dorp in die oostelike deel van Nigerië wat ʼn demoon dien wat in ʼn meer woon. Wanneer dit tyd is om ʼn offer aan hierdie demoon te maak, sal die hoofpriester ʼn lewendige bok na die meer neem. Daar sal die man die dier naby aan die oewer van die meer neem, terwyl hy die tou om die bok se nek vashou.

       Dan sal hy ʼn paar inkantasies doen en dan kom daar dadelik ʼn visagtige wese uit die water en begin nader aan die bok beweeg. Sodra dit by die bok kop, kap dit die bok se kop af en swem terug daarmee. Dan sal die dienaars begin om te juig dat die afgod hul offer aanvaar het. Hulle sal terugkeer huis toe om fees te hou met die oorblywende vleis; wat hulle sal kook en eet.

      Ander mense aanbid afgode wat in die woude, in die bome, in die berge, ensovoorts woon. Ek weet van sommige dorpe wat nog slange, ape, krokodille, en luislange aanbid. Hierdie reptiele kom in hul kamers in en bly daar. Hulle word altyd as spesiale gaste beskou. Hulle kan op jou bed lê of selfs net in jou kombuis hang en na jou staar. Hulle mag nie seergemaak, berispe of doodgemaak word nie. Gaan na die Idenmili gebied van die Anambra Staat en jy sal dit sien gebeur.

      Daar is ook territoriale geeste wat in mense woon, veral in sielsiek mense. Al hierdie geeste hou hierdie plekke en mense in slawerny. Hulle hou hierdie gebiede in kettings en totdat hulle uitgedaag en verdryf word, sal die inwoners van hierdie plekke met die juk van die vyand sukkel. (Ons sien dit in Markus hoofstuk vyf).

      Sommige van hierdie geeste verhinder ontwikkeling, vooruitgang, en selfs die evangelie. Die oplossing is om hierdie demoniese magte met middernag gevegte aan te vat. Soms sal hulle jou weerstaan en jou selfs dreig. In sommige gevalle sal dit baie aande neem. Maar as jy jou man staan en voortduur, sal hulle uiteindelik buig en gedwing word om te vertrek. Maar jy moet bereid en vasbeslote wees. Die Bybel sê die volgende in Efesiërs 6:10-12:

      “Vind krag in julle verbondenheid aan die HERE, ja, in die krag van Sý sterkte! Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek.

      

      Ek hoop hierdie boodskap is baie duidelik? Die vyande waarteen ons baklei is ʼn gedugte en hoogs georganiseerde mag. So jy moet weet waar jy staan met God en die dinamika van die oorlog voor jy dit binnetree. Ons sal later meer inligting gee oor hoe om voor te berei vir hierdie gevegte.

      Kerke en bedienings kan ook deur sataniese kettings gebind word. Dit mag dalk vreemd klink, maar dit is waar. Demoniese magte kan ʼn kerk terug hou wat nie in die volheid van die krag en die gees van God beweeg nie. En dit is baie maklik om sulke kerke te identifiseer. Die simptome is: ʼn gebrek aan heiligheid, ʼn gebrek aan ontwikkeling (fisies en geestelik), en ʼn vinnige afname in lidmaatskap, stagnasie, konstante twis en haat onder die lede en selfs onder die predikante. Al die bogenoemde vind in ʼn paar van ons kerke vandag plaas. Dit word deur magte van die duisternis veroorsaak; om seker te maak dat die geaffekteerde kerke nie God se program vir hulle vervul nie.

      Die duiwel weet baie goed dat ʼn verenigde kerk die kanaal is waardeur God Sy wil wil versprei, verlore siele red, Sy krag vertoon, en uiteindelik die vyand verneder. So sal hy alles doen om te keer dat die kerk uitbrei en dat dit ook in permanente verwarring gehou word.

      Ek het eens ʼn kerk in die olieryke stad van Port Harcourt, Nigerië bedien. Die kerk het vir 13 jaar bestaan voordat ons daar aangekom het. Hulle gebou, wat nie te groot was nie, was nog nie voltooi nie. Daar was geen deure, vensters of ʼn plafon in die kerk nie. Die lidmaatskap was besig om vinnig af te neem. Daar was slegs ʼn paar vriende van dieselfde stam wat aanhoudend na die kerk toe gekom het. Die krag van God was nie daar nie en baie min mense het vooruitgegaan in die kerk. En nie net dit nie, maar die lede en predikante het in onsedelikheid geleef en heksery beoefen, selfs in die kerk.

      Ek onthou een keer toe ons gebed span ʼn nagwaak gehou het en ek skielik aangekondig het dat iemand in ons midde (ʼn jong man) okkultisme beoefen het en toorgoed na die plek toe gebring het, maar nog steeds saam met ons kom bid het. En dadelik het die senior pastoor my onderbreek en my herinner dat hy nog in beheer was. Hy het dieselfde lewe as die jong man geleef – in onsedelikheid en heksery.

      Maande later was dieselfde man beskuldig van verskeie onsedelike dade en nog erger; hy het beplan om my te vergiftig omdat ek hulle duiwelse en onsedelike aktiwiteite ontbloot het in die sogenaamde huis van God. Maar God se krag, teenwoordigheid, en genade was met my. Dit het hulle weggehou. Trouens, die man het die gif verkry, maar die Gees van God het vir my gewys dat hy bang was om dit te gebruik. Ja, Hy beskerm die wie Hom vrees!

      Jy het nie nodig dat ʼn profeet vir jou vertel dat dit heeltemal ʼn dooie kerk was nie. Dit was ʼn kerk met ʼn pragtige naam, maar was gebind deur die magte van die duisternis. Toe ons daar aangekom het, het God ons gelei om ʼn gebed- en bevrydingspan te vorm. (Dit is noodsaaklik vir elke kerk om ʼn staande en gedugte gebed- en bevrydingspan te hê). Ons het begin om elke aand bidure te hou in daardie plek. Soms het ons deur die dag gevas en dan kerk toe gegaan om deur die nag te bid. En hiermee bedoel ek ware voorbidding. Ons het dit vir ʼn paar maande gedoen.

      Wat was die resultaat? Die krag van God het in die kerk ingekom. Die kettings en jukke van Satan was van die plek afgebreek. Die magte van duisternis was weggejaag, maar nie sonder heftige weerstand nie. Maar God het oorwin. Wonderwerke, tekens, wondere, en kragtige verlossings het begin plaasvind in daardie plek.

      Gevolglik het die lidmaatskap vinnig begin groei. Die eens dooie kerk het herlewing beleef. Die gebou was voltooi en die lede het geweldige voorspoed ervaar. Die lede was ook meer toegewy aan God. Dit is wat middernag gebede kan doen. Trouens, ons het dieselfde programme by ander kerke toegepas en het dieselfde resultate gekry. Die heerlikheid, krag, en seëninge van God sal kom wanneer die kerk leer hoe om die krag van middernag gebede te ontgin.

      Kom ons gaan terug na Paulus en Silas toe. Hulle was vreeslik geslaan en in daardie gevreesde ondergrondse sel gegooi. Die Bybel sê dat omstreeks middernag het hulle begin om te bid en tot eer van God te sing. Dit was ongewoon! Mense wat erg geslaan was met houtstokke het besluit om liedere en lof te sing, in plaas daarvan om hul wonde en pyn te koester. Wanneer ons God op ʼn ongewone manier dien, in ʼn ongewone omgewing, sal Hy begin om ongewone dinge te doen ter wille van ons. Dit is waar!

      Ek glo dat dit slegs iemand wie met die Heilige Gees gevul is en wie heeltemal uitverkoop aan God is wat in so ʼn ondraaglike, vernederende, hartverskeurende, en uiterste situasie vir God kan sing en СКАЧАТЬ