Die Krag Van Middernag Gebed. Gabriel Agbo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die Krag Van Middernag Gebed - Gabriel Agbo страница 10

СКАЧАТЬ “Gebed trek lewe uit die Bybel uit. Dit plaas veiligheid op die vaste grond van die skrif. Gebed se bestaan en karakter is afhanklik van die openbaring wat God aan die mens gemaak het in Sy heilige woord. Gebed, op sy beurt, verhoog hierdie openbaring en draai mense in die rigting van daardie woord. Die aard, noodsaaklikheid, en al-begrypende karakter van gebed is gebaseer op die woord van God.” (Losweg vertaal)

      Dit is goed gesê deur hierdie geestelike generaals. Nou kan ons ook weet wat die wil van God is en dit bid deur die boodskappe wat ons uit drome, visioene, onderskeiding, woorde van kennis, en woorde van wysheid (profetiese woorde) ontvang. God kan Sy wil vir ʼn individu, die kerk of vir die mense deur hierdie openbaring gawes bekendmaak. En wanneer jy aanvoel dat die boodskap van God af kom en dit bid, ontvang jy antwoorde. Ek kan hiervan getuig. Ek ontvang die grootste deel van my openbarings van God deur drome en visioene.

      Alhoewel, God praat ook met my deur ander middele, maar drome en visioene het die oorheersende middele geword. Wanneer ek droom, kom dit presies dieselfde uit. Sommige nagte het ek soveel as drie tot vier drome, wat almal verskillende openbarings het. So, ek neem my drome baie ernstig op. Gevolglik, wanneer ek bid vorm die dinge wat ek in die droom ontvang het ʼn wesenlike deel van my gebedspunte.

      Trouens, die meeste kere, soos die drome kom, maak dit my wakker en stuur dit my onmiddellik in middernag gebed in (wat meestal voorbidding is). Elkeen van ons behoort te weet wat die sekerste manier is wat God met ons praat en ons moet dit bemeester. Jesus het gesê dat Sy skape Sy stem sal hoor. En as jy werklik ʼn seun of dogter is sal jy altyd die stem van jou Vader erken. Aangesien gebed kommunikasie is, moet jy en God ʼn gemeenskaplike middel van interaksie hê. Dit is baie belangrik.

      So, wanneer ek en my span in die middernag bid het ons nie ʼn gebrek aan gebedsonderwerpe nie. Ons ontvang hierdie punte uit die woord van God (Bybel), openbarings, en ander profetiese gawes. Deur al hierdie kan ons onderskei wat die wil van God is in enige gegewe situasie en daarvolgens bid. Deur God se genade het ons nog altyd resultate gehad.

      Ek wil ook kommentaar lewer oor die gebiedendheid van ʼn gebed- en bevrydingspan in elke gemeente. Met alle nederigheid, ek glo dat ʼn kerk sonder ʼn gebed span net soos ʼn stad sonder mure is. ʼn Gebed span dien as wagtoring, skild en heining, gids en geestelike reddingsboei van enige kerk. Hulle bespeur die bose planne van die vyand teen die kerk.

      Hulle beskerm die kerk teen die pyle en aanvalle van die vyand. En hulle bring ook die heerlikheid en krag van God in die kerk in. Ek kan nie in ʼn kerk sonder ʼn staande gebed span wees nie. Ek sal magteloos en blootgestel voel. Ons sal later meer oor gebedsgroepe sê. Maar laat ons eers kommentaar lewer oor ander dinge wat ook ons gebede help.

      In tale bid

      Vir jou gebede om doeltreffend te wees, veral gedurende die middernag gevegte, moet jy leer hoe om in tale te bid. Dit is baie moeilik, as dit nie onmoontlik is nie, om effektief in gewone tale te bid vir baie ure in die nag (wat soms vir dae of maande duur). Jy sal beslis uit woorde uit hardloop. Maar wanneer jy in tale praat of bid, kan jy volgens die rigting van die Heilige Gees bid en jy sal nooit ʼn gebrek aan woorde hê om jou versoeke uit te druk nie. Die gees weet presies watter versoeke om te maak volgens die wil van God.

      As jy al in tale kan bid sal jy weet waarvan ons hier praat. Jy raak nie maklik moeg nie en daar is altyd ʼn gevoel van krag en vervulling wat jou omvou nadat jy in tale gebid het.

      Kyk hoe 1 Korintiërs 14:4, 28 dit stel:

      “Iemand wat in tale praat, word self geestelik opgebou.”

      Wanneer jy in tale praat (bid), hervul die gees jou met meer krag. So kan jy aanhou bid sonder om fisies moeg te word. Wanneer jy in tale bid, praat jy direk met God deur die gees se woorde. Wie kan God meer as die Heilige Gees verstaan? Die Gees weet sekerlik wat, hoe, en wanneer om versoeke aan die Vader te maak. Hy ken die wil en die program van God. So, ons moet begin om in tale te bid, in die gees te bid. Trouens, wat ek verstaan as bid in die gees is eintlik om Sy woord en in tale te bid.

      Laat my asseblief toe om iets hier te verduidelik. Ek wil hê ons moet weet dat daar drie vorme van tale is wat ek in die Bybel gevind het. Die eerste vorm is die praat in tale as ʼn aanvanklike bewys dat jy met die Heilige Gees gedoop is. Die tweede vorm is die praat in tale as ʼn gawe van profesie. Dit is die een wat interpretasie vereis. En sommiges het ook die geskenk van die uitleg van tale, volgens die Bybel. Dan, die derde vorm is die een wat ons hier bespreek: om direk en privaat met God te kommunikeer. Die Bybel sê dat slegs die Heilige Gees kan ontsyfer wat jy sê, omdat jou gees direk met Hom kommunikeer. En dit is in tale bid, in die gees bid of in die gees kreun.

      Bid totdat iets gebeur (PUSH – Pray Until Something Happens)

      Enigiemand wat by geestelike stryd betrokke is, soos middernag gebed en ander vorme, moet die bogenoemde beginsel as ʼn banier dra. Sodra jy weet wat die wil van God is, moet jy gereed wees om te bid totdat jy die manifestasie sien of totdat God duidelik vir jou sê dat Hy jou gebede beantwoord het. Daar is so baie voorbeelde in die Bybel, maar ons sal net twee noem – Daniël en Elia.

      “Hy sê toe vir my: ‘Moenie bang wees nie, Daniël. Jou gebed is alreeds verhoor toe jy begin soek het na antwoorde en tot jou God begin bid het daaroor. Ek het gekom in antwoord op jou gebed. Die aanvoerder van die Persiese koninkryk het my 21 dae lank teengestaan. Migael, een van die belangrikste leiers, het my te hulp gesnel. Ek het hom daar gelos by die aanvoerders van die Perse.’”

      Daniël 10:12-13

      Hierdie Bybelse rekord gee vir ons ʼn seldsame insig in sommige van die aktiwiteite in die geestelike koninkryk aan gaan. Daniël was besig om te vas en tot God te bid. En dadelik, toe hy begin bid het, op die eerste dag, het God vir Gabriël gestuur (ʼn engelagtige wese met ʼn hoë posisie wat in Sy teenwoordigheid staan) om die antwoorde op Daniël se versoek te gaan aflewer. Soos Gabriël gegaan het, het ʼn kragtige demoniese owerheid sy pad geblok en hy kon nie deur kom om met Daniël te ontmoet nie. Gabriël was daar saam met die demoon totdat ʼn ander sterk aartsengel – Migael (die Gees Prins van Israel) gekom het om te help. Gabriël kon toe eers gaan om die goddelike boodskap vir Daniël te vat. Sjoe!

      Dit is inderdaad ʼn baie seldsame insig in sommige van die aksies en reaksies wat elke dag namens ons in die geestelike koninkryk aan gaan. Nou, wat as Daniël vir drie of vier dae gebid het, gewag het vir ʼn antwoord en dan opgegee het? Miskien sou Gabriël terug hemel toe gegaan het en daar sou geen rede vir God gewees het om Aartsengel Migael as versterking te stuur nie. Daniël en die mense van Israel sou ook sekerlik daar gebly het sonder enige oplossing vir hul penaries.

      Sonder om te weet van die stryd wat namens hom in die geestelike koninkryk plaasgevind het, het Daniël vir 21 dae aanhou bid en vas, en uiteindelik het die antwoord gekom. Dank die Here dat hy aangehou het. Hy het volgehou. Dit is die punt van ʼn voorbidder.

      Soms, wanneer ons bid, aktiveer ons erge gevegte in die geestelike koninkryk en dit kan veroorsaak dat ontvangs van onmiddellike reaksie op ons versoeke vertraag word. En omdat ons nie dikwels sien wat in daardie koninkryk gebeur nie, raak ons desperaat of val in wanhoop in. Ons moet leer hoe om te volhard in gebed as ons kampioene en veterane van geestelike oorlogvoering wil wees. Ons moet die vermoë ontwikkel om ons vyande te verduur, erken, hinderlaag, en te sloop. Ek het vroeër genoem dat ons moet volhard, voortduur, en dan sal ons die oorhand kry. En dit moet die houding van elke middernag vegter wees.

      Elia

      Hierdie man het soveel geestelik krag uitgeoefen terwyl hy op aarde was dat hy die dou en die reën na willekeur gesluit en vrygestel het. Vuur, die dood, en die wette van bonatuurlike vermenigvuldiging en snelheid het hom ook gehoorsaam. Maar hy het ook bewys dat ʼn voorbidder gereed moet wees om te volhard totdat hulle die gewenste resultate ontvang. СКАЧАТЬ