Stroomop. Adeline Radloff
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Stroomop - Adeline Radloff страница 4

Название: Stroomop

Автор: Adeline Radloff

Издательство: Ingram

Жанр: Морские приключения

Серия:

isbn: 9780795801754

isbn:

СКАЧАТЬ oomblik is sy lippe hard teen hare, sy soen driftig, en met een vinnige beweging lig hy haar tot op die wasmasjien.

      Die soet op haar tong, haar man se sterk arms om haar lyf, die sagte vibrasie onder haar, sy warm asem teen haar wang … Alles is so onverwags genotvol dat Adrie haarself voel smelt, en vir ’n lighoofdige paar minute gee sy haarself ten volle oor aan die plesiere van suiwer sensualiteit.

      Dddrrrr … DDDRRRR …

      Onder haar begin die wasmasjien meteens met sy spinsiklus, en die wilde geskud laat elke rolletjie om haar midrif bewe. Charl kies dié oomblik om langsaam oor haar lyf te begin streel, en met die masjien se gerammel onder haar kan sy nou presies voel hoe haar drillerige maagvet teen sy palm vibreer.

      Die walging wat sy vir haar eie lyf voel, ruk haar uit die oomblik soos ’n vis uit water. Sy stoot sy hand weg. “Wag. Wag.” Dan klim sy van die wasmasjien af, haar selfhaat soos ’n gif wat deur haar trek. “Ek’s jammer.”

      Hy staan terug, duidelik afgehaal, maar hy ken haar ook goed genoeg om te weet dat hy nie nou druk op haar moet plaas nie.

      Toe hy wegstap, kan sy die seerkry van verwerping duidelik in sy skouers lees, maar sy roep hom nie terug nie. In plaas daarvan maak sy die kas oop en skuif die waspoeier opsy. Agter die boks Omo staan ’n bottel dieetpille. Die pille laat haar aaklig voel, bewerig en befoeterd en deurmekaar, en dit gee haar hartkloppings en hou haar wakker. Maar dit laat haar definitief minder eet.

      Sy’s nog besig om besluiteloos na die pille te staar, toe die wasmasjien se be-ee-ep die einde van die siklus aandui. Sy maak die masjien oop en haal haar rok uit, net om te sien dat dit onredbaar gevlek is. Totaal geruïneer.

      Haar laaste mooi rok.

      Sy sak moedeloos op die vloer neer, voor haar foon met ’n WhatsApp pieng. Melissa het ’n resep op die matriekreünie groepie geplaas: KOOLSOP.

      Sy skud drie pille in haar hand uit. Sluk dit. Probeer vergeefs teen die trane veg.

      Diona

      Dis eers toe die tafel al vol Britse aandenkings staan dat Diona ordentlik tot verhaal kom. David, natuurlik, is so rustig en gemoedelik soos altyd. Sy kyk hoe gemaklik hy met Nixie sit en gesels, kompleet asof niks fout is nie.

      Asof hulle enigste kind nie nou net uit die bloute op hulle drumpel beland het nie.

      Diona tel stadig tot twintig, soos sy altyd maak om kalm te bly, en dan terug van twintig tot nul. Maar die swart wolk van verontrusting wat op haar neergedaal het toe sy die deur oopmaak om haar dogter voor haar te sien staan, bly so swaar op haar druk dat sy skaars kan asemhaal. Daar is groot fout. Nixie het nog meer as ’n jaar van haar peperduur kursus in Londen oor. Wat maak sy hier? In die middel van die nag? Sonder enige waarskuwing of verduideliking hoegenaamd? Sy is op die punt om iets te sê, toe sy die pleitende boodskap in haar man se oë lees.

      Not now, please.

      Sy onderdruk ’n sug. Sy het nog altyd David se oordeel vertrou, veral as dit by hulle mooi, trotse, slim, komplekse dogter kom. Maar somtyds kan sy nie anders as om te dink dat hy té sag met die kind is nie. Geen wonder hy’s die gunstelingouer nie. Geen wonder hy kry ’n warm omhelsing van Nixie terwyl sy net ’n koel kopknik kry nie. Geen wonder …

      Nee. Stop.

      Diona dwing haarself om haar bitter gedagtegang te staak, die koel, logiese regsgeleerde nou direk in stryd met die emosioneel weerlose ma. Dit is waar dat Nixie en David se verhouding haar baiekeer uitsluit, maar sy het hulle nog altyd daardie spesiale band gegun. Natuurlik het sy. Die noue verbintenis is oor jare gebou terwyl sy by die werk was, en nou spreek hulle verhouding van al daardie aande saam om die etenstafel, net hulle twee, en die lang ure wat haar man alleen langs die sportveld deurgebring het, en die hande wat hy seer geklap het elke keer wanneer haar sitplek by ’n prysuitdeling leeg was.

      Sy knik effentjies, forseer ’n glimlag in sy rigting. As dit moet, sal sy vanaand dan maar weereens sy leiding neem. Sy sal haar bekommerde vrae sluk saam met haar onsekerhede, en haarself soos gewoonlik op die agtergrond plaas.

      Mens doen sulke dinge vir jou kind.

      Terwyl David die tee skink, maak sy ’n volgende geskenk oop, die glimlag op haar gesig soos ’n rek wat te styf gespan is. Dis nog ’n goedkoop aandenking, die soort wat jy op die lughawe koop: een van daardie poppies met die koppe wat so knik, kamstig gemaak om te lyk soos koningin Elizabeth.

      “Thanks, Nix.”

      Maar sy moet wonder of daar so ’n ligte stekie in die keuse van geskenk skuil. Haar dogter het haar al ’n paar keer “Your Highness” of “Your Majesty” genoem wanneer sy geïrriteerd was met haar.

      Dit neem ’n rukkie voordat Diona haar emosies genoegsaam onder beheer het om op die gesprek tussen haar man en dogter te fokus. Hulle praat oor koeitjies en kalfies: die weer in Londen, die buurt waar Nixie gebly het, die plekke wat sy besoek het …

      “There’s this cute coffee shop on the corner where we … I stayed. You would die for their pancakes, Dad.”

      Diona voel hoe elke haar op haar kop skielik regop staan. Jy word nie ’n senior vennoot in een van die land se grootste prokureursfirmas as jy nie die vermoë het om fyn te luister nie. Sy stuur ’n benoude blik in David se rigting, maar hy maak natuurlik asof hy niks agtergekom het nie.

      “Are you saying they’re better than my Pixie Pancakes?” vra hy met daardie warm glimlag van hom.

      Sy dogter glimlag terug, haar gesig stralend onder haar wilde bos donker krulle. “Never. But a close second.”

      Teen dié tyd kan Diona dit nie meer hou nie, die woord soos ’n brandende kool op haar tong wat sy eenvoudig móét uitspoeg: “Stayed?”

      Die stilte wat neerdaal, ken sy goed – die abrupte swygsaamheid van ’n beskuldigde wat uitgevang is onder kruisverhoor. En dan, voorspelbaar genoeg, kom die ontwyking.

      “Well, I’m exhausted.”

      “You said stayed. Past tense.” Haar stem klink skerper as wat sy dit wou hê, en meteens is die spanning dik in die lug.

      “We should go camping,” stel David opgewek voor, sy poging om die gesprek terug op ’n neutrale basis te kry so deursigtig soos dié van ’n kind.

      “Soos in, jy bly nie meer daar nie?” Diona weet goed dat sy meer soos ’n kwaai prokureur as ’n ma klink. Maar hoe kan sy anders? Hoe sal sy ooit weet wat aangaan as sy nie vra nie?

      Langs haar vryf David nou sy hande saam met gedwonge gemoedelikheid, sy oë te groot, sy glimlag te breed. Sy ken daardie uitdrukking goed, dink Diona met ’n stekie pyn. Dis hoe hy altyd lyk as hy desperaat probeer om ’n argument tussen sy vrou en sy dogter te verhoed.

      “This is perfect,” sê hy met nog ’n vinnige, pleitende kyk in haar rigting. “You said your case finishes early tomorrow. If we hit the road by five, we could watch the sunrise over the river.”

      Sy moet nou ophou, dink Diona. Die seine van haar man se kant af kan nie helderder wees nie. Maar sy kan haarself nie keer nie. Dit druis eenvoudig teen elke grein van haar wese in om ’n ooglopende probleem nie trompop te pak nie.

      Sy draai weg van David, vestig haar blik op haar dogter. СКАЧАТЬ