Louisa du Toit Omnibus 10. Louisa du Toit
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Louisa du Toit Omnibus 10 - Louisa du Toit страница 22

Название: Louisa du Toit Omnibus 10

Автор: Louisa du Toit

Издательство: Ingram

Жанр: Эротическая литература

Серия:

isbn: 9780624077305

isbn:

СКАЧАТЬ onseker, en Tanna is die ene trane, haar sakdoek is bolletjie in haar vuis gedruk, en sy kerm aaneen oor alles: die slagting op die paaie, die boosheid van die stad, die swak kos en onvriendelike mense, die misdaad, die sedeloosheid, en nou moet ou Kool vir Makkie melk, en hy kom altyd met ’n halwe beker tuis en vertel die bokooi wou nie sak nie. Sy kerm oor die durawelike reistas, en wat is verkeerd met die soetkys waarin Tanna haar oorskietlappies hou? Of die een wat nog van Bina se oorle’ ma af kom?

      “Los jy vir ou Bienkels, sy weet wat sy doen,” het oom Kola kom knor.

      “Almiskie, maar die Pieter kan haar deurtrek met geld en klere en soetkys en al.”

      Bina sou kon lag as sy nie nader aan snik was nie. Die danige klere is maar min en die meeste tuisgemaak met behulp van tant Rykie, hoewel dié knap met die naald is.

      Sal sy daar anderkant kan was en stryk? Sal haar pa se vyandige vrou (as hulle ooit wettig getroud is) haar darem iets toelaat? Of sal sy die hele tyd in haar kamer moet deurbring (is daar ooit vir haar ’n kamer, dalk net ’n rusbank?) en maar lees en radio luister? Sal sy by ’n winkel kan uitkom om iets by te koop? By ’n poskantoor, om ’n brief te pos? Sy het ’n posspaarboekie, en oom Kola het vir haar geldjies gebring wat sy nie graag wou vat nie, maar hy het aangedring.

      Toe was dit skemer, en Elzar kom, en hy maak haar so opgeruimd en sorgvry met sy gejil daar langs die grootvoor waar hy kastig ook wou melk. Hulle vingers wat ineenvleg toe sy hom van die wildekweek af wil ophelp. Toe kom Japie, en hy praat troustories. Elzar help haar daaruit loskom, en buite op die maanligwerf gee hy haar ten afskeid ’n soen vol op haar mond.

      En nou is die dag verby … of is dit?

      Sy sit kastrolle water op die stoof en stook die vuur. Sy wil klaar bad voor sy gaan slaap, dan is dit môreoggend net vir aantrek. Intussen pak sy haar groot tas verder in. Meteens hoor sy werfklippies voor ’n haastige voetstap rol. Haar hart begin stamp. Sy ken daardie manier van stap. Jy kan sê haar ore is geskape slegs om dit uit te ken. Dis Dawid Duraan. Wat wil hy hê? Sy het hom tot siens gesê toe sy loop. Nie met ’n handdruk nie, want toe het sy nog nie geweet dat sy op reis gaan nie. Haar dag het met hom begin. Moet dit met hom afsluit? Sodat dit al die tussenin belewenisse nietig verklaar? Haar pa se verwagte aankoms, Elzar se besoek?

      Sy wag in haar kamer dat Tanna hom binnenooi. Dis sy bekende stem, ja, laggerig. Oom Kola se stem kom ook by. Hy gesels altyd graag met Dawid. Bina luister hoe Dawid vra om met haar te praat, hoe Tanna hom inlig dat sy aan ’t inpak is. “Hoe moet dit dan wees?” vra Tanna. Die huis is so klein dat geen gesprek geheim kan wees nie, en haar deur is buitendien nie op knip nie.

      “Inpak? Sy het gesê sy vat ’n paar dae vry, maar nie dat sy iewers heen gaan nie.” Sy stem het ’n ondertoon van gebelgdheid. “Dan loop sy net so van haar werk af weg? Ek het darem gedink ek kan haar ’n wyle inroep as daar probleme is.”

      “Nou wat is jou probleme?” vra oom Kola.

      “Ek sit môre hand in die hare, oom. Daar is ’n slagding of twee nodig vir die slaghuis, en dit moet van die eiland af gehaal word. Met die skuit. Dan moet daar geslag kom. Ek kan nie in die winkel ook nog nie. My pa lig my sowaar laatmiddag eers in dat die vleis in die koelkamer min is. Ons het vir die huis ’n lam geslag, maar nie vir die slaghuis nie. Toe spring hy en my ma netnou in die kar en ry weg.”

      Bina kom agter dat sy snaarstyf gespanne luister, ’n stukkie klere in haar hande geklem, haar onderlip tussen haar tande. Natuurlik sal sy eerder winkel as Johannesburg toe gaan. Natuurlik sal sy eerder naby Dawid as naby haar onbekende pa wees. Maar dan was al haar wroeging en besluitneming verniet. Dis agteruitgang, nie vordering nie.

      Toe praat oom Kola, ongeërg: “En wat is met my twee hande verkeerd? Ek sal jou help. Moet ek in die winkel wees, of moet ek vir jou die slaggoed deurswem?”

      Tanna gooi dadelik koue water op die swemplan: “Kyk hierso, Kool Estruis, die rivier is nie op sy leegste nie. As jy deurgeswem kry sonder om te versuip, eet ek my hoed op.”

      “Ek hoop dis daai lelike strooihoed waaraan die Swietse bok reeds gevreet het.”

      “Net oor jy vergeet het om haar vas te maak.”

      Dawid klink nie gekwel oor die geskoor nie. “Jitte, oom, ek wil oom nie in die gesig vat nie, maar Bina ken die winkel soos die palm van haar hand.”

      “Ek het daar uitgehelp destyds, toe jou pa in die nood was. Toe jy al in die Kaap gesit en snoek vreet het.”

      “Dis lank terug.”

      “Ek het nie intussen dommer of onhandiger geword nie.”

      “Om oom nou alles te wys en te leer, en dit vir ’n paar uur. As Bina net môre vir ’n heen-en-weertjie …”

      Oom Kola se stem kry sy knor terug: “Los, sy’s op gewerk. Jy kan nie bloed uit ’n klip tap nie. Sy kan nie môre inkom nie, ook nie volgende week nie. Dalk nie eers volgende maand nie.”

      “Hoe meen oom nou? Sy’t gepraat van ’n week.”

      “Haar pa het gesê hy kom haar vir ’n onbepaalde tyd haal.”

      Bina vergeet om te sluk, en stik byna in haar spoeg. Speel oom Kola toneel? Daar is mos geen sprake van “onbepaalde tyd” nie. Sy sou ’n week of so gaan, en klaar.

      Dalk vergeet Dawid ook om te sluk, want oom Kola vra: “Hoe vroeg wil jy my môre by die winkel hê?”

      “Dan weet ek nou nie, oom. Kan ek net by Bina hoor.”

      “Jy’t niks by haar te hore nie. Sy pak in, en sy moet vroeg gaan slaap.” Dit moet die eerste keer wees dat hy vir Dawid afsnou. Baie ander mense, ja, maar nie vir Dawid Duraan nie. Bina weet voor haar siel dat, as Dawid nie getroud was nie, oom Kola hemel en aarde sou versit het om hulle by mekaar uit te bring.

      “Dan moet oom maar so vroeg moontlik kom. Sesuur, halfsewe.” Dawid klink gelate.

      En toe groet hy, en gaan weg, sonder om ’n tot siens vir haar te roep, want hy weet tog sy moet hoor; dis nie hulle yslike Duraan-huis met die baie kamers en rondomstoep nie. Hy stuur ook nie eers vir haar groete nie. Sy hoor die bekende voetstappe wegknars.

      So is hierdie lang dag dan verby, dink sy. Durf sy die lamp doodblaas en hoop dat sy aan die slaap sal raak? O, hoe wens sy dat sy hier kon bly, in die knus veiligheid. Wat kan die verre vreemde tog alles met haar aanvang? Sy het haar beste naggoedjies ingepak en trek sommer ’n ou T-hemp en kortbroek van rekstof aan. Sy het te veel goed in die tas, die ritssluiter wil nie gladweg toemaak nie en sy durf dit nie forseer nie. Sy besef dat haar verslaenheid oor die klein probleem eintlik net ’n uitlaatklep vir haar dieper onrus is.

      In die ander twee se kamers is dit reeds doodstil toe haar lamp nog brand. Sy is bang vir die bed. Tant Rykie, wat soms aan beswaardheid ly, het eendag vir haar gesê: “Mens weet dit kom aan wanneer jy bang is om bed toe te gaan.” Maar nee, sy is nie depressief nie, sy het ’n egalige natuur. Sy is net vanaand onrustig. Dis die verandering, die onbekende.

      Dis waar, sy wil ook graag uitgaan in die wêreld, maar nie so stompweg nie. Niks sal erger wees as om te moet tuisgaan in ’n huis waar sy nie regtig welkom is nie.

      Sy probeer ’n bietjie lees, maar kan nie konsentreer nie. Sy het nog nie lekker in Blind Path ingekom nie. Het dit maar gister uitgeneem, en vandag was te woelig om te lees. Net vanaand alleen was daar drie besoeke: van Elzar, Japie en Dawid. Sy, wat slegs СКАЧАТЬ