Jesus ruik na mirre en stof. Pierre du Plessis
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Jesus ruik na mirre en stof - Pierre du Plessis страница 4

Название: Jesus ruik na mirre en stof

Автор: Pierre du Plessis

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796319418

isbn:

СКАЧАТЬ staan. Jesus ruik nie na die spesiale hoogheilige mense nie. Jesus ruik na diegene wat Hom nodig het. Hy kom naby genoeg aan hulle dat Hy hul reuk aanneem en dat dit aan sy lyf afsmeer.

      * * *

      In ons huis hang my gunsteling-skildery wat ons vriendin, Rina,6 geskilder het. Die werk is van ’n tent wat iewers in die bosveld opgeslaan is. Die tent het breë wit en blou strepe en dit lyk soos ’n markiestent. Dit herinner ietwat aan ’n kerktent iewers in ’n township. Die skildery bied geen leidraad vir wat in of om die tent gebeur nie. Daar is net ’n klein opening wat jou na binne nooi. Die tent beweeg nie, bult net effens waar ’n sagte wind dit druk. Dit verdwyn in die agtergrond, amper asof dit hier en daar deursigtig is, nie eintlik daar is nie. Die vriendin verduidelik die werk gaan oor die tydelikheid van ons bestaan, dat ons hier is, maar ook nie hier nie, dat ons op pad is, op reis is, tydelik is, dat ons teenwoordigheid soms onbeskryflik en ongedefinieerd is.

      Die tent voel vir my soos Jesus wat by ons bly, in ons tydelike bosveld, dat Hy sommer net sy tent hier kom opslaan het en gewys het dat God in ons ongedefinieerde, verdwaalde lewe belangstel. Dat God sy Gees saggies oor ons, wat eintlik almal “hulle” is, kom blaas.

      Jesus lyk en ruik na ons, hy ruik na die skaapwagters toe hulle Hom in die krip gevind het. Jesus ruik na mens, en dit is die wonder: die groot, heilige, ewige God wat klein en weerloos in ’n krip kom lê het, wat soos ons geword het, wat so naby aan ons gekom dat Hy selfs na ons geruik het.

      HOOFSTUK 2

      Na wierook

      Wierook brand jou oë en jou neus. Die reuk kan oorweldigend en deurdringend wees; dit kruip in elke hoek in.

      * * *

      So ’n paar jaar terug was ek en ’n paar vriende op ’n tipies Suid-Afrikaanse toer na Israel. Ons het die luukse-bus-ding gedoen en met sulke blou hoede in die strate ingevaar sodat ons mekaar nie tussen die vreemdes verloor nie. Ons het rondgeloop soos regte toeriste met ons kameras om ons nekke en ons rugsakke vol water gepak – water is mos duur op straat, het hulle vir ons gesê.

      Ek was heel skepties oor die toer, veral een waar ’n mens met ’n bus rondgery word en bypassende hoede en T-hemde moet dra, en ’n klomp stories vertel word wat eintlik net ten doel het dat jy jou geld by die winkel spandeer waar die busdrywer die meeste kommissie kry. Ek is meer een vir alleen verdwaal in ’n stad (ek het een keer vir drie dae in Berlyn rondgeloop en al woorde wat ek gesê het, was thank you en one please).

      Israel het my heel onkant gevang en op die ou end heel verras. As jy op een van die toere was, sal jy weet ’n mens verwag een ding maar sien dertig ander dinge. Sommige mense kry wat hulle noem Jerusalem-koors.

      Jerusalem-koors is ’n opperste “geestelike” ervaring wat heeltemal uit verband geruk word. Mense wat aan hierdie koors ly, vertel hulleself dat hierdie land, hierdie dorpie, hierdie klip mos nou eintlik die plek is waar God is. Hulle vertel hulleself oor en oor dat hierdie plek nou die eintlike heiligste van alle heilige plekke is, totdat hulle skoon van hul kop af raak. Ander mense verwag weer dat hulle Jerusalem-koors gaan kry en is dan ontsteld omdat daar oral curio-winkels is en dat oor al die heilige plekke kerke gebou is wat glad nie soos ’n goeie Afrikaanse kerk lyk nie. Ai, tog. Nog ander, ek inkluis, raak ontsteld oor die konflik in die land en wonder aan wie se kant goeie Christene hulleself nou eintlik moet skaar.

      As jy ooit ’n kans kry om te gaan, moet jy gaan. Dit is oor en oor die moeite werd, selfs al is dit net om jou prentjie van die land effe te verander. En om in die Dooie See te dryf is ook lekker.

      Wat vir my die mooiste was, was die klanke, natuurlik die reuke, en die eeue se aanbidding wat jy amper aan jou lyf kan voel. Oral waar jy in Jerusalem stap, hoor jy die klokke lui, hoor jy die gebede van die Jode by die klaagmuur en die sang van die Moslems uit die torings.

      Almal op soek na God.

      Wanneer jy by die kerke instap, trap jy op ’n inloop wat al hol en glad deur die eeue heen geloop is. In honderde duisende pelgrims se voetspore loop jy dan onder die koepels deur en verby die ikone. Ek en een van my vriendinne het maar elke keer gestop, een van die lang gelerige kerse in die sandbakke gesit, aangesteek en vinnig aan die mense by die huis en ons eie saligheid gedink. Dit alles onder die skilderye wat so toe onder die roet was dat jy skaars kon uitmaak of dit Petrus of Maria was. Daar is iets daarin om ver te reis en ’n kers aan te steek, om deel te wees van ’n groep mense wat hulleself Christene noem en almal so op hul manier na God soek en Hom wil eer.

      Wanneer jy in ou Jerusalem loop of in Betlehem se kerk waar hulle sê Jesus gebore is, kom jy opnuut agter dat Christenskap nie iets is wat iemand in Amerika uitgedink het en op TV begin verkoop het nie.

      Die Church of the Nativity in Betlehem is ’n besonderse plek. Die ingang is klein, so ’n meter en ’n half hoog en ’n klein bietjie breër as ’n gewone deur. Dit is so laag dat jy moet buk om in te gaan; vandaar die naam “the humble door”. Binne-in is die gebou oortrek met skilderye en ikone. Die roet sit dik aan alles, oral hang olielampe van gekleurde glas met die vlammetjies wat flits tussen die goud en glas deur. Dit voel sommer oud en dit voel sommer heilig. Die lug hang dik van die reuk van wierook; die hele ruimte het ’n soet rookreuk.

      Nadat jy doodstil in ’n tou gestaan het, klim jy met die trappies af na die grot onder die altaar waar hulle glo Jesus gebore is. Dit is klein en vol mense, die muur hang toe onder geborduurde lap, ikone en aangesteekte lampe en die vloer is deurgeloopte, seepgladde marmer.

      Jy besef weer dat Christenskap iets is wat antiek is. Dat jy gebind is aan miljarde mense wat stadig agter Jesus aanloop. Daarin lê seker die krag van die pelgrimstog – op reis saam met vriende en vreemdes op soek na ’n Koning en ’n koninkryk, saamgebind deur die ervaring van reuke, geure, klanke en gesigte.

      * * *

      Vriende van my, Ilse en haar man Jan, is deel van ons kerk 3rdplace7 hier in Pretoria. Ilse het ’n ruk lank in Dubai gebly en nadat sy en Jan getroud is, het hulle ook in Suid-Korea gaan bly. In albei hierdie plekke is wierook deel van die kultuur en word dit oral gebrand. Ilse vertel hoe die reuk haar altyd herinner het dat sy nou op ’n ander plek, in ’n ander land of in ander ruimtes is en nie meer by die huis in Suid-Afrika nie. Sy vertel dat die reuk elke ruimte totaal en al vul en eindelik self die ruimte word – asof die dak, die vloere en die mure van die reuk gemaak is. Toe hulle later in Suid-Korea gebly het en wierook in hul huis gebrand het, was die reuk steeds vir haar vreemd. Dit het ook nie gehelp om filterkoffie te maak om die reuk van die wierook te verdryf nie; die huis het nooit na koffie geruik nie. Die reuk van die wierook was altyd iets wat vir Ilse gesê het dat sy nie tuis is nie. Dit was ’n teken dat sy nou in ’n ander ruimte, in ’n ander plek is.

      Wierook merk ’n plek. Dit sê dat hierdie plek ’n plek is waar iets anders gebeur. Wierook is ’n fisiese teken in die tydelike van ’n ewige realiteit. Dit is ’n herinnering dat ’n ander ruimte bestaan, een wat meer werklik is as die een wat jy voor jou sien.

      In die antieke tyd en ook vandag in die Midde-Ooste, asook in amper elke geloofstradisie behalwe die Protestantisme, is wierook deel van geloof en spiritualiteit. Dit is deel van ruimtes waar gebed plaasvind. Ons reuk-arm Protestante het alle simboliek uitgegooi, baba met die badwater as jy my vra.

      * * *

      In Egiptiese uitbeeldings word die godkoning, die farao, amper altyd met ’n houer wierook uitgebeeld. Rameses III het byna twee miljoen stukke wierook laat brand tydens СКАЧАТЬ