Regters oor gister. Ena Murray
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Regters oor gister - Ena Murray страница 7

Название: Regters oor gister

Автор: Ena Murray

Издательство: Ingram

Жанр: Эротическая литература

Серия:

isbn: 9780624075387

isbn:

СКАЧАТЬ die maan sien hy Mignon om die voetenent van die bed sluip. Sy is onbewus daarvan dat haar jong, vroulike liggaam duidelik teen die venster afgeëts word. Hy sit regop, sy stem ongewoon streng.

      “Wat soek jy hier, Mignon? En hoekom het jy nie jou kamerjas aan nie?”

      “Aag, die hele huis is donker en ek moes eers by jou kom hoor wat jy van haar dink. Skuif op, ek wil inklim en gesels.”

      Dit het sy dikwels in die verlede gedoen – in haar nagklere by haar ouboet in die bed geklim met lang stories te vertelle. Maar vanaand is ouboet skielik nie meer daarvoor te vinde nie, tot haar verbasing.

      “Nee. Jy klim nie in nie – en gaan slaap. Ons kan môre praat.”

      Haar stem klink seergemaak in die donker. “Wat het jou gebyt? Ek wil maar net hoor …”

      “Ja, Mignon, sy is ’n besonderse dame. Ek is beïndruk. Tevrede? Gaan slaap nou, asseblief.”

      “Dis nie wat ek wil weet nie.”

      “Wat nog?”

      “Ek wil weet of jy genoeg van haar hou om haar soms uit te neem. Jy kan gerus, ouboetie. Weet jy, ek dink sy is eintlik baie eensaam. En dis tragies van haar oorlede man, nè? ’n Mens kan amper sê sy was nooit getroud nie. Wat is ’n jaar nou? Sal jy, boetie – haar uitvra vir ete?”

      Daar is ’n kort stilte. “Soek jy vir my ’n vrou, Mignon?”

      “Nee, natuurlik nie, maar … maar jy kan baie slegter vaar as om haar te kry, hoor?”

      “Sy is agt jaar ouer as ek.”

      “Wat maak dit saak? Daar is van jou vriendinne van in die twintig wat óf so kinderagtig soos dertienjarige bakvissies is, óf so oud dat hulle gerus kan aansoek doen vir pensioen. Dis die gees wat tel, en Lorna Verbeuk se gees sal altyd jonk wees, al is sy honderd.”

      “Nou hoor nou net die groot mensekenner! Genugtig, snip, dink jy regtig só min van die meisies wat ek uitneem?”

      Sy lag. “Nee, nie regtig nie, maar nie een kom naby …”

      “Wag, laat ek dit sê: nie een kom naby Lorna Verbeuk nie. Reg?”

      “Reg. Jy kan nie stry nie, Steve. Sy is … iets besonders.”

      Hy sug saggies. Nee, hy kan nie te hard stry nie. Daar is iets in Lorna Verbeuk wat haar buite die gewone kategorie plaas. Maar hy het ook vanaand ’n vermoede gekry dat daar baie meer in Lorna Verbeuk verskuil is as wat sy bereid is om te wys. En Mignon het ’n geweldige bewondering vir haar …

      “Sal dit jou gelukkig maak as ek haar uitneem vir ete?”

      “Ja, dit sal. Baie gelukkig.”

      Die slaap het gewyk, weet hy. Hy het die laaste tyd opgemerk dat sy sussie nie so gelukkig is nie, maar hy was magteloos om iets daaraan te doen. As dit haar dan ’n bietjie gelukkiger sal laat voel as hy haar dosent uitneem vir ete … hoekom nie?

      Die res van die naweek is ’n ewe groot sukses en toe Mignon weer by die koshuis se voordeur instap, besef sy dat haar hart vir die eerste keer in weke ligter is. Sy kan dit nie ontken nie – Eugenie en haar probleme het ’n uitwerking op haar en bederf die lewe in groot mate ook vir haar. Maar natuurlik is sy vir haar vreeslik jammer en sal sy haar nooit in die steek laat nie.

      “Haai, meisiekind, kyk waar jy loop.”

      Sy gaan staan net betyds, kyk vas in ’n paar laggende blou oë.

      “Wat soek jy hier in die gange van ’n dameskoshuis?”

      “Ek moes ’n swaar pak goed vir die matrone opdra, daarom. En wat soek jý hier?”

      “Ek bly hier, natuurlik.”

      “Gaaf. Die adres het ek nou. Naam?”

      “Dit gaan jou nie aan nie.”

      “Dit gaan my volgende afspraak aan. Môreaand. Agtuur. In die voorportaal. Stiptelik, hoor?”

      “Maar jy is …”

      “Deon Cilliers. Sien jou môreaand.”

      Sy moet glimlag toe hy, natuurlik teen alle reëls in, fluit-fluit aanstap. Deon Cilliers … hm. Weet van hom. Enigste seun van skatryk ouers, ’n losbol volgens die tromnuus van die kampusoerwoud. Maar bygesê, darem ’n deksels oulike losbol.

      Sy het Deon Cilliers klaar vergeet toe sy die kamer binnestap en Eugenie daar aantref, besig om klere uit ’n tas in die kas te pak.

      “Waar was jy die naweek?”

      “Huis toe. Pa het my kom haal.”

      Mignon kyk haar onseker aan. Sy wil nie uitvra nie, maar Eugenie draai terug en sê uit haar eie: “Ons het baie openhartig gesels. Ek … verstaan dat ek hulle seergemaak het. Ek is jammer daaroor. Maar ek kan nooit weer teenoor hulle voel soos ek gevoel het nie. Dis iets wat hulle ook moet verstaan. Dit sal nooit weer dieselfde wees nie. Nooit weer nie.”

      Mignon knik. Ja, dit kan sy verstaan. Dit sal nooit weer wees soos voorheen nie. “Wat van jou studie?”

      “Ek het hulle gesê dat ek net bereid is om hul finansiële hulp te aanvaar as dit ’n terugbetaalbare lening met rente is. Anders gaan ek my studie staak as ek nie êrens anders geholpe kan raak nie.”

      Mignon knik weer. Natuurlik moes die Bothmas ook hierby inval. Eugenie het hulle geen keuse gelaat nie. Mignon is egter verlig dat daar hierdie naweek tog vordering met die vredesproses gemaak is. Of miskien is vrede die verkeerde woord. Aanvaarding van ’n onveranderbare situasie is miskien meer toepaslik. Maar dat haar vriendin die littekens van die afgelope weke vir die res van haar lewe met haar sal saamdra, is seker – nes haar aangenome ouers ook met hulle s’n eendag graf toe sal gaan.

      Hoe diep Mignon ook al met haar vriendin die afgelope weke saam gely het, is die jong hart gou om nuwe bronne van vreugde te soek en te vind. Sy vertel opgewonde van Lorna Verbeuk se kuiertjie en dat Steve heel beïndruk is en beloof het om haar uit te neem. En dan van Deon Cilliers … en sy vermetelheid netnou in die gang. Eugenie wend ’n daadwerklike poging aan om mee te doen aan die geselskap, wetende, terwyl sy so na haar maat se laggende gesig kyk, dat sy nooit weer so jonk en onbekommerd sal wees soos ’n paar weke gelede nie. ’n Stukkie van haar jeug het gesterf.

      Dit was die swaarste naweek van haar lewe. Sy het in haar kamer gekom, dié een wat sy van kleins af as hare beskou het … en dit was nie meer “haar” kamer nie, maar die “onderdak” waarna haar pa vroeër die dag in die voorportaal van die koshuis verwys het. Sy het na haar ma gekyk, en dit was nie meer “Ma” nie, maar die vrou wat haar oor ’n moederlose kind ontferm het.

      Natuurlik het sy dankie gesê, en sy was opreg dankbaar teenoor haar “ouers” – maar dit was ’n ander soort dankbaarheid as wat sy al die jare vir hulle gevoel het. Dit was ’n dankbaarheid wat verleentheid, selfs ook skuldgevoel, gebring het. En die pligsbesef wat sy vandag teenoor hulle ervaar, is anders as dié wat sy altyd geken het. In die verlede was dit ’n spontane pligsbesef; nou is dit ’n verpligting. Sy het belowe sy sal weer “huis toe” kom – maar omdat sy moet. Dis immers die minste wat sy kan doen ná alles wat hulle СКАЧАТЬ