Название: Sêgoed met slaankrag
Автор: George Claassen
Издательство: Ingram
Жанр: Руководства
isbn: 9780624063193
isbn:
En sy swaarkry met lekkerkry klaarkry.
C.J. LANGENHOVEN, “’n Werkreseppie”, 11 Julie 1932
Gebraaide duiwe vlieg nooit in die mond nie – brood word slegs deur die sweet van die aanskyn verdien.
SUID-SOTHO-SPREEKWOORD
Argitektuur en boukuns
Historiese geboue is die sout en peper van ’n stad.
HANNES MEIRING, argitek en bewaringskenner
Ek word bekoor deur die klein dingetjies: pondokkies, kothuise langs die pad, die dappper pogings van mense om hul huise te versier wat ’n mens op die platteland en in afgesonderde landelike gebiede sien.
HANNES MEIRING, in ’n onderhoud met KAREN EICKER vir architectafrica.com, 2005
Ek stel baie belang in ou argitektuur – ek meen dit is ’n groot jammerte dat pragtige geboue wat deel uitmaak van ons historiese erfenis gesloop word om plek te maak vir glaskasarms.
WYNAND CLAASSEN, Springbokkaptein en -keurder en argitek, aangehaal in JANI ALLAN, Face Value, 1980’s
Die groot uiterstes
behoef geen argitektuur:
die salige lig straal
gestalteloos soos ’n engel
die duisternis mok
amorf in homself
maar tussenin dans
dol soos ’n katedraal
bont
soos ’n gebrandskilderde
harlekyn
dié menswees uitgeterg
tot haglike argitektuur
SHEILA CUSSONS, digter, “Bouwerk”, Die skitterende wond, 1979
’n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan ’n mens se hart
wat ou posture kan vaslê
PETER BLUM, digter, “Mag dit behoue bly”, Steenbok tot Poolsee, 1955
Hulle bou stilweg en onverpoosd met hul dood
aan dié ondersese rococo-katedraal wat glinster
in die skuins hale son: só word ’n skip katedraal.
JOHANN DE LANGE, digter, “Sterwende argitekte”, Akwarelle van die dors, 1982
proud ou gabou
pathetic pêllie
quiet ou
djy fancy djy staan nog . . .
djy word gedemolish sê ek vir djou! . . .
Hoor djy die pêrepote vannie bulldozers?
ADAM SMALL, digter en dramaturg, Oos wes tuis bes Distrik Ses, 1973
A, dat die slopers kom om my oë uit te slaan!
Genoeg het ek gesien. Oorbodige bepeinsinge
bewaar in my kamers, ek, argief van gistergerigtheid,
oumensbewend onder my dun laag dagha.
WILMA STOCKENSTRÖM,
digter, prosaïs en akteur, “Ou gebou”, Vir die bysiende leser, 1970
En dan vra jy jou af: hoekom juis Toskaans saamgegroepeer in ons voorstede? Die eendersheid, soms swak ontwerpe van die egte styl, raak doodeenvoudig vervelig, afgesaag. Waarom hoegenaamd by annerland gaan steel as ons ’n eie kan skep?
ORA JOUBERT, argitek en akademikus, tydens haar professorale intreerede aan die Universiteit van Pretoria, 18 November 2004
Woorde ontbreek my wanneer ek die passé, stilisties twyfelagtige, klimatologies onverantwoordelike (met die endemiese alkant-selfkant-aansigte), oorbodig versierde, lomp en bloot lelike geboue teenkom, ontwerp deur argitekte afgestudeer aan gerespekteerde akademiese instellings. Met die verkragting van ons gevestigde woongebiede is die jongste gier om bourgeois-enklaves aan die buitewyke van ons stede te vestig. Dié tematies geïnspireerde landgoedere – met eie ontspanningsgeriewe, 24 uur-veiligheid en romantiese name – neem regoor die land toe teen ’n ongelooflike tempo. Indien ek nog die ontwerp-oorsprong van die nouveau riche-herehuise aan die oorweldigende invloed van die Amerikaanse tv-kultuur se sogenaamde aspirerende sepies kan toedig, kan ek vir ons skynbare obsessie met Toskane – oftewel ‘Tos-Afrikaans’ of ‘Boere-Spaans’ – geen akademiese (of sosiale) regverdiging vind nie. Van die onvergeeflikste is wanneer ons handjievol streekmodernistiese voorbeelde geminag word deur sogenaamd Toskaans geïnspireerde geboue daarnaas.
ORA JOUBERT, Pretoria, 18 November 2004
Selfs as aangevoer kan word dat Suid-Afrikaners nie oor ’n inherente stedelike kultuur beskik nie, is ons openbare ruimtes in ’n betreurenswaardige toestand. Onversorgde landskapontwerp, lemmetjiesdraadheinings en banale advertensieborde is die herkenbaarste eienskappe van ons gebruikersonvriendelike openbare ruimtes
ORA JOUBERT, Pretoria, 18 November 2004
Voorts wys ek die nemesis СКАЧАТЬ