Rewolusie van die hart. Adriana Faling
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Rewolusie van die hart - Adriana Faling страница 9

Название: Rewolusie van die hart

Автор: Adriana Faling

Издательство: Ingram

Жанр: Религия: прочее

Серия:

isbn: 9780796318824

isbn:

СКАЧАТЬ koffie voor haar en uitstaar toe hulle weg is, dankbaar dat die ander twee kinders versorg is. Die rekening het haar bekommerd. Sy glo nie ongevalle word deur die hospitaalplan gedek nie. Betaal ’n mens per uur wat jy hier is? Sy is te gedaan om te gaan uitvra daaroor.

      Die ouer vrou oorkant haar staan op en stap na haar toe. “Mag ek?” vra sy vriendelik en wys na die oop sitplek langs haar.

      Salomé knik. Sy is stom van die moegheid en hoop nie die vrou wil gesels nie.

      “Ek het jou sien inkom met jou seuntjie?”

      “Ja.”

      “Wat het gebeur?”

      “Ek het kokende sop oor hom uitgegooi.” Sy het dit aspris só gesê. Om haarself daarmee te straf en hopelik die gesprek te beëindig.

      Die tante deins egter nie terug nie.

      “Sjoe, eina! Darem net oor sy arm, lyk dit vir my?”

      “Ja, darem.” Sy bied geen verdere verklaring nie.

      “Hoe oud is hy?” beur sy voort.

      “Nege.”

      “En jou dogtertjie? Pragtige kind.”

      “Sy is sewe.”

      “En dan ook die kleintjie. Dis ’n handvol, nè?”

      “Ja, is nogal.”

      “Ek het ook so ’n spannetjie gehad. Ek onthou hoe ek party dae gevoel het ek gaan nooit weer iets anders doen as kosmaak, skoonmaak en pakgee nie.”

      Dis beter, dink Salomé, terwyl sy net knik en glimlag, laat haar maar praat oor haarself.

      “En jou man? Wat doen hy?” Die vrou wys na haar trouring.

      Hy vlieg, dink sy wrang. Hy vlieg die hele wêreld vol en help die verlore mensdom terwyl ek en die kinders alleen moet regkom. “Hy werk by ’n wêreldsendingorganisasie.”

      “O?” vra die tante belangstellend. “Wat behels sy werk?”

      “Hy moet sendelinge en gemeentes in die geslote lande gaan besoek en bemoedig en help waar hy kan. Dis waar hy nou is. Hy moet ook kerke plaaslik mobiliseer om Christene in geslote lande te ondersteun.”

      “Sjoe, dis seker ’n uitdaging.”

      “Ja.”

      “Vir julle albei,” sê die tannie deernisvol.

      “Ja.” Salomé se oë skiet ongevraagd vol trane. Sy is so moeg, sy wil sommer op hierdie bankie lê en slaap.

      Die tannie neem haar hand versigtig in haar verrimpelde een. “Daar is geen beter werk as werk in diens van die Here nie,” troos sy.

      Salomé verstyf en wil haar hand terugtrek.

      “Maar dit wil jy nie nou weet nie, nè?” vra sy met ’n sagte glimlag en begrip in haar stem.

      “Nee,” antwoord Salomé eerlik.

      “Ek weet.”

      Salomé kyk vraend na haar. Hoe weet sy?

      “My man was ook ’n sendeling. Ek ken ’n bietjie van die weduweelewe ter wille van die evangelie. Maar wanneer ek terugkyk, weet ek dit was die moeite werd.”

      Salomé is stil. Sy haat die woord “sendeling”. Dit maak van haar ’n “sendeling se vrou” en van daardie prentjie het sy nog nooit gehou nie. Sendelinge is mense wat van ander mense afhanklik is. Hulle staan bakhand en leef van ander se tweedehandse goed. Die vroue dra lang rokke oor vormlose lywe met leersandale. Sy is nié ’n “sendeling se vrou” nie, het sy lankal besluit.

      “Maar jy het mense nodig wat vir jou bid, net soos jou man mense nodig het wat vir hom bid,” onderbreek die tante haar gedagtes. “Wat vanaand met julle gebeur het, was ’n aanval van die bose. Is daar mense wat vir jou bid?”

      Salomé dink na oor wat die tante gesê het. “Ek dink die mense wat vir my bid, bid net dat my man asseblief tog moet huis toe kom.”

      “A.” Die tante knik. “Dus nie noodwendig binne die wil van die Here nie?”

      Salomé bly weer stil. Sy weet nie meer wat die wil van die Here is nie. Is dit sy wil dat sy so moet swaarkry op haar eie?

      “Is jou ouers naby dat hulle jou kan ondersteun?”

      “Nee, hulle bly gelukkig in Bloemfontein.”

      “Gelukkig?”

      Die “gelukkig” het uitgeglip. Sy is te moeg om voor te gee. “Hulle neem Petrus kwalik vir sy buitelandse reise en dit plaas net nog meer druk op my. Dan moet ek hom altyd verdedig teenoor hulle en maak asof ek heel goed die mas opkom.”

      “Ek verstaan. Jou skoonouers?”

      “Hulle voel sommer namens Petrus skuldig vir al sy reise en is baie dierbaar, maar hulle bly in die Kaap. Ons gaan kuier gewoonlik in die Desembervakansies daar.”

      “Ek sien.” Huiwering. “Mag ek dan vir jou bid?”

      “Hier?” vra Salomé vinnig.

      Die tante lag effe. “Ek kan hier ook vir jou bid as jy wil, maar ek sal verkies om op langer termyn vir jou in te tree?”

      Salomé knik en haal haar skouers op. Dit kan seker nie skade doen nie.

      “Wat is jou naam?”

      “Salomé. Salomé Pretorius.”

      “Ek is Marié van Biljon,” sê sy en druk haar hand. Daarmee is die transaksie afgespreek.

      “Ek moet so ’n bietjie meer weet, Salomé.”

      “Vra gerus,” sê Salomé, nie meer onaangeraak nie.

      “Hoe het jou man sy roeping gekry?”

      Maggies, dit klink so formeel vir wat daardie tyd gebeur het. ’n Roeping? Ja, miskien tog.

      “Ek weet nie mooi nie,” antwoord sy eerlik. “Dit het stelselmatig gebeur. Tog oornag,” dink sy terug. “Ons was al verloof toe Petrus as deel van sy finale jaar se teologiestudie op ’n uitreik moes gaan. Hulle is na die Midde-Ooste op ’n gebedsuitreik; hy het daar sy hart verloor.” Sy glimlag sinies.

      Destyds het sy gedink dit gaan so anders uitwerk. Hy die dominee en sy die musiekjuffrou wat iewers op ’n klein dorpie ’n beroep gaan aanvaar. Hy het egter totaal begeesterd van daardie uitreik af teruggekom. Sy het die ses weke wat hy weg was, omgewens en by die Here gehuil en gesmeek dat hy veilig moes terugkom sodat hulle lewe saam kon begin. Sy moes seker daarna al besef het hoe dit gaan wees, maar sy het nie. Ai, sy was so verlief op hom. Die groot man met die groot hart wat die wêreld wou verander. Sy was aanvanklik baie bang dat hy haar gaan wegneem na ’n woestyn iewers in die Midde-Ooste. Dat sy daar sou moes babas grootmaak in tente in СКАЧАТЬ