Название: Ryker as Dawid
Автор: Maretha Maartens
Издательство: Ingram
Жанр: Религия: прочее
isbn: 9780796315939
isbn:
buite u wil, weggeruk van U deur die suigkrag van my vroeëre vleeslike bestaan,
terug in die slawebestaan waaruit u Seun my op Golgota bevry het?88
Immanuel 89
9–11. Allerhoogste God, vroeër het radelose mense onthou
hoe magtig U U in Egipte betoon het.
Red ons dan ook so uit die lewende dood van Godverlatenheid,
het gelowiges in die eeue voor die koms van Immanuel gepleit.
Maar nou, o God van onverdiende ontferming
het die Seun God met ons geword
U het besluit om met u volle wese in Jesus Christus te woon
en om deur Hom alles met Uself te versoen.
Maar U het ook besluit om vir elkeen wat met U versoen is,
u Heilige Gees te gee
om met die volle wese van die Seun in ons te woon:
die Waarheid en die Lig in ons
die Lewe, die Wingerdstok en die Opstanding
die Heilige, die Vryspraak, die Verlossing, God in ons
– die lewende dood, die doodsbestaan, ’n onmoontlikheid.
Besprekingsvrae
1. Wat het jy gehoop om in dié psalm te kry?
2. Wat het jy verwag om in dié psalm te vind?
3. Hoe is die Ou-Testamentiese mens volgens dié psalm? Waarom sê jy so? Is ons nog so?
4. Wat (kan) verander wanneer ons in Christus is? Hoe en hoekom sê jy so?
5. Wat het God nou vir jou deur sy Woord aangaande Homself openbaar?
6. Wat wil jy vir die Here sê?
81. Romeine 7:34
82. Efesiërs 1:19–20
83. Openbaring 19:5
84. Efesiërs. 2:12, 13
85. 1 Korintiërs 6:20
86. Hebreërs 10:19–23
87. Romeine 3:10–18
88. Romeine 7:24
89. Matteus 1:23; Efesiërs 1:18–22; Kolossense 1:19–20; 1 Korintiërs 1:29–31
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.