Название: Een glas dooswit
Автор: Linette Retief
Издательство: Ingram
Жанр: Личные финансы
isbn: 9780798154956
isbn:
My nuwe pad na skuldvryheid is uiteraard nie al wat my tyd in beslag neem nie. Die lewe gaan aan. En maande gelede, toe dit nog ver gevoel het, het ek plegtig onderneem om klasverteenwoordiger te wees vir my seun se klas se kerrie-en-rys-tafel by die skool se pretdag.
Nou is dit uithaal-en-wys-tyd, terwyl ek eintlik in die bed wil lê en aan my teddie vasklou totdat ek beter voel en/of verkieslik totdat ek gered word deur ’n held met ’n hart so groot soos sy beursie. Die waarskynlikheid hiervan is egter omtrent gelykstaande aan my kans om die Lotto te wen.
Ek kyk dus noord en wroeg voort, met ’n naarheid op my maag en ’n knop in my keel, op soek na plastiekbakkies en -vurke, reusebottels blatjang en afslagservette.
07.06.2009
‘Necessity does the work of courage.’
Nicholas Butler Murray
Ek sit by City Power in Braamfontein en wag my beurt af, sonder ’n bekommerde haar op my kop. Ek het my agterstallige rekening en my N17-vorm, en ek gaan mos ’n afbetalingsreëling beding soos wat ek al vantevore gedoen het. Op my skoot, om die ledige uurtjies te verwyl totdat my nommer opkom, is die omstrede Christelike roman The Shack.
Uiteindelik breek die oomblik aan en ek neem plaas voor ’n onverbiddelike jong dame met alles behalwe my vingerafdruk en ’n urinemonster voor haar op die skerm. Ek bied aan om R1 000 vooruit te betaal uit die bodem van my oortrokke persoonlike tjekrekening. Alles gaan goed totdat sy iets bespeur en my skielik met nuwe – is dit beskuldigende?! – oë aankyk en sê omdat ek nie by my vorige reëling gehou het nie, moet ek met ene Jones in hulle regsafdeling gaan gesels.
Daar verdwyn ek toe dieper en dieper in die derms van City Power totdat ek in ’n ontvangsafdeling kom waar ek na die geheimsinnige Jones vra. ’n Halfuur en ’n paar sweetbedrupte bladsye van The Shack later is ek The Wreck. En toe kom Jones te voorskyn.
Uitdrukkingloos-geheimsinnig soos ’n burokratiese Mona Lisa begelei hy my na ’n klein vergaderkamertjie waar hy my dokumente deurkyk en twee keer ná mekaar vir ’n kwartier verdwyn.
Ná die eerste keer tik hy my op die vingers omdat ek nie by my vorige reëling gehou het nie. Die tweede keer verduidelik hy dat hy vir my spesiale toestemming moes kry vir ’n tweede reëling naas die vorige, verontagsaamde een – en dat City Power, soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), nie deel van die Nasionale Kredietreguleerder (NKR) se plan van aksie is nie.
“Reëlings tref” is dus nie deel van die prentjie nie. En daar, wonder bo wonder, bespeur ek iets wat lyk soos simpatie in sy oë toe hy sê: “Power is something you have to budget for these days, Magdalena.” Met dié verdwyn hy ’n derde keer en kom terug met ’n pak papiere wat ek moet onderteken om te bevestig dat ek nou nóg R1 000 gaan uithaal en dan vir die volgende vyf maande R1 024 opgehoopte skuld moet terugbetaal.
Toe ek die laaste bladsy onderteken en die datum byskryf, sê hy op ’n manier wat my amper op sy skouer laat huil: “Now, Magdalena, you must pay this, otherwise they’re going to come and take out your meters.”
Twee uur, R2 000 en 20 liter sweet later strompel ek terug na my motor toe waar ek vir die karwag R10 belowe het. En my enigste poeding na dié stewige porsie humble pie is nog humble pie …
Ek het naamlik ’n afspraak met my persoonlike bankbestuurder, wat my altyd gebel het op my verjaardag en met wie ek, in gelukkiger dae, lekker geklets het oor katte, kinders en die tieners vir wie sy Sondagskool gee by die Rooms-Katolieke kerk.
Nou sit ek en wag om vir haar te sê ek moet al my rekeninge toemaak, want dit is terugbetaaltyd.
By die deftige tak in die deftiger winkelsentrum kry ek nou wel nie tee nie, maar tog simpatie. In daardie stadium was alles tussen die bank en die NKR nog nie gereed nie. Weens ’n enorme ophoping by die bank het Claudia steeds vir inligting gewag. (Klaarblyklik is ek dus nie die enigste siel in verdrukking nie?!)
Maar nadat tannie Cathy my situasie eindelose ongemaklike minute lank soos ’n sfinks op haar rekenaar bestudeer het, het ons weer gepraat oor kinders, katte en haar groep tieners by die Rooms-Katolieke kerk. En toe ek gaan, gee sy my ’n drukkie en sê: “I know our paths will cross again.”
En so gaan dit aan: My rekenmeester, George, is ’n staatmaker. My boekhouer, Gerda, is ’n kampioen. Al die mense om my, na aan my, is op die een of ander manier dáár in die oomblik van my benoudheid, sonder om bloedgeld uit die klip van ’n leë beursie te probeer tap.
Toe ek daardie aand in my bed lê, te vol humble pie om aan springmielies te dink, vliet daar ’n gedagte deur my kop dat ek tog eendag vir Jones wil dankie sê … vir sy 1% inspirasie by my 99% perspirasie, om nie te praat van sy sonderlinge City Power-simpatie wat selfs vir Mona Lisa ’n les in misterieuse glimlaggies sou kon leer nie.
14.06.2009
‘If you think nobody cares, just miss a couple of payments.’
Anoniem
Sophie Tucker was ’n kabaretsangeres in die 1920’s; ’n sonderlinge ou tannie met ’n stem wat klink soos ’n kruis tussen 30 Texan Plains en ’n rooi fluweelrok, en treffers soos “Vitamins, Hormones and Pills” en “Inhibition Papa (Your Mama’s Just Been Psychoanalysed)”.
Êrens in my prille jeug het ek een van haar langspeelplate in my ma-hulle se versameling gekry en my jare lank verkneukel in haar diep, stout stem en praat-sing-weergawe van lirieke soos “You may hate yourself in the morning, but you’re gonna love it tonight”.
Wel, as geld uitgee ’n paartie is, is skuldberading en die gepaardgaande realiteite ’n enorme finansiële babelas. En dit is waarmee ek nou sit.
Behalwe dat die “love it tonight”-stukkie so uit soos koekies in die weeshuis is, is die nugtere werklikheid van “hate yourself in the morning” nou deel van my lewe vir die voorsienbare en onvoorsienbare toekoms. (Die einste Sophie het ook glo gesê: “I’ve been rich, I’ve been poor. And believe me, honey, rich is better.”)
Wat nou gemaak? Wel, stap nommer 1 is om my toevlug tot selfmotiveringsliteratuur te neem. Aan die een kant het ek ’n broertjie dood aan al die ingewikkelde en tydrowende paadjies na sogenaamde enlightenment – hetsy sielkundig, geestelik of finansieel. Maar aan die ander kant is die sirenesang van selfverbetering ’n aks te sterk vir my Calvinistiese siel.
Met dié pak ek ’n boek aan wat my lankal lok, maar wat nog nooit die stryd teen moordrillers en chick lit gewen het nie: The Art of Possibility deur die dirigent-cum-motiveringsghoeroe Benjamin Zander en sy nou gewese vrou, Rosamund.
Ek lees die grootste deel van ’n week daaraan, en werk nie net stelselmatig daardeur en onderstreep die relevante dele nie (wat eintlik maar die hele boek is), maar ek maak sommer ook ’n opsomming van die 12 beginsels wat hopelik die paradigmas van my wêreld gaan verskuif. En van 1 tot 12 sit ek in stille verwondering voor die wysheid van hulle woorde en omgord my lendene met aanhalings vir elke geleentheid.
Maar juis op dié hoë noot herontdek ek nóg ’n immergroen waarheid, naamlik dat wyse woorde nie rekeninge betaal nie. Dit staan nie tussen jou en paniekbevange bankbestuurders wat wil weet wat aangaan nie. Of tussen СКАЧАТЬ