Boerumoer. Sarel Pieterse
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Boerumoer - Sarel Pieterse страница 2

Название: Boerumoer

Автор: Sarel Pieterse

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780798153492

isbn:

СКАЧАТЬ moes voel wanneer hulle persoonlik deur die doodsengel besoek word. Jong, party het sommer nog kwale bygekry waarmee hulle nooit gediagnoseer is nie. So tussen ons, daar loop ’n storie dat die dokters nog hoop gehad het om vir ou Hans en ant Dorie van die tuisgebak deur te haal, maar ná Boggie se besoek het die twee sommer net ingegee, jy kan maar sê, bene in die lug.

      Matrone Petoors het ’n wag by die deur laat sit sodat Boggie nie sommer enige tyd by die hospitaal kon instap nie, maar besoektye kon sy hom nie belet nie. Dis omtrent die beste wat sy kon doen. En besoekers om ’n siekbed het Boggie allermins afgeskrik. Dit het hom sommer kans gegee om hulle ook deur te kyk, net vir ingeval.

      Ek sê vir jou, die dorp was in beroering. Al was hulle ook dodelik siek wou niemand later meer hospitaal toe nie. Te bang vir ’n besoek van Boggie en wat dit kon meebring. Spul kleingelowiges.

      Ek dink Boggie wou op stuk ook by die siekes gaan huisbesoek doen, maar niemand wou hom inlaat nie en het eerder probeer om die honde agter hom te sit.

      Die dorpsmense was later te bang om vir iemand te vertel as hulle iets makeer. Selfs die dokters het begin raadop raak, want niemand wou meer spreekkamer toe kom nie uit vrees dat Boggie sou lont ruik. ’n Klompie is kastig om een of ander rede stad toe, net om daar skelm-skelm ’n dokter of spesialis te gaan sien. Daar was op ’n kol selfs praatjies dat die dorpsraad Boggie se saak op die agenda wou plaas om ’n teenvoeter vir sy skrikbewind te prakseer, toe die uitkoms skielik vanself opdaag.

      Boggie is dood.

      Sy ma het hom glo die een môre met sy oggendkoffie in die buitekamer loop opklop en daar kry sy hom toe in die bed – stokstyf koud, morsdood. Sommer so oornag. En hy was nog nie naby dertig nie.

      Of ’n by hom gesteek het en of hy nou in ’n geroeste spyker getrap en bloedvergiftiging opgedoen het, kan ek nie met sekerheid sê nie. Die konsensus op die dorp was egter dat sy sondes hom ingehaal het. Niemand was juis te bekommerd oor wat die eintlike rede vir sy afsterwe was nie. Inteendeel. Die meeste mense het met verligting die nuus aangehoor en heimlik gedink hy het net sy verdiende loon gekry.

      Jans Poggenpoel het mos daai tyd vir hom ’n nuwe assistent by sy begrafnisonderneming aangestel. So ’n middeljarige alleenloper hier uit die Oos-Kaap. Nie lank nie toe is hy en Ossie drinkebroers. En dis juis oor die dopsteek dat Jans hom kort voor lank die trekpas sou gee.

      Nou, die assistent het glo vir Boggie uitgelê en ná Krisjan-hulle ’n kis kom kies het, moes die assistent, net voor die begrafnis, vir Boggie in die kis inlê voor hy weggelê sou word.

      Boggie se begrafnis het eers drie dae later plaasgevind en intussen moes sy liggaam in die vrieskas by die ondernemer bly. Ons raai maar dat die assistent gesukkel het om die vrieslaai toe te kry oor Boggie se boggellyf nie wou saamwerk nie en toe het hy die liggaam sweerlik heeltemal plat en reguit forseer en so gevries.

      Nou kyk, kort voor Boggie se ontydige afsterwe het ek mos tydelik die pos as koster hier by die kerk aangevat. Oor ek nou moes oopsluit en toesluit, het ek gedink ek kan net sowel die begrafnis bywoon. Ek en Krisjan ken mekaar immers sedert kinderdae.

      Maar as gevolg van Boggie se ongewildheid was daar omtrent niks mense by die begrafnis nie. Net Krisjan, sy vrou en van Boggie se broers en susters en so hier en daar nog een.

      Gedagtig aan Boggie se begrafniskleed het ds. Duvenhage die dag dit gerade geag om sy swart toga aan te trek, synde dat hulle twee oor ’n klompie jare so gereeld saam by begrafnisse was; die dominee oor hy moes en Boggie oor hy wou.

      Die enkele siele in die kerk het opgestaan toe die kis op ’n swartgedrapeerde trollie die kerk ingestoot word, natuurlik gevolg deur Boggie se agtergeblewenes. Soos dit ’n familie in rou betaam, het hulle ook voor in die kerk plaasgeneem, daar op oorlede Boggie se sitplek.

      Oor die min mense het ds. Duvenhage besluit om nie die kansel te bestyg nie, maar sy begrafnisrede sommer langs die kis te staan en lewer.

      Ná die Skriflesing uit Job het die dominee oor broer Boggie se lewe begin praat – oor watter goeie mens broer Boggie eintlik was. Hy het broer Boggie geloof dat hy so na aan sy medemens was, ’n steunpilaar wat tot by die graf kom rou het oor die heengaan van selfs die geringstes in ons midde.

      Kyk, op daardie oomblik …

      Jy moet onthou, die hele tyd het Boggie se liggaam in die kis begint ontdooi en die reguit lê, soos in die vrieslaai, moes hom rugpyn gegee het. Niemand van ons het dit op daardie oomblik geweet nie, maar sy bolyf wou sy natuurlike kromheid terughê, al was daar nie spasie in die kis nie.

      Ds. Duvenhage was nog besig om Boggie se deugde te prys, toe sê die kis kliphard: “tjieeeee …” hier langs hom en die deksel lig so ’n paar millimeter. Daar het die dominee net verstar voor hy ’n onsekere tree of twee terug kansel se kant toe gee, oë vasgenael op die kisdeksel.

      Toe hy opkyk, toe sit ou Krisjan en die res van die begrafnisgangers doer agter in die kerk in die laaste ry. Die twee ondernemers witoog in die bank langsaan. Jong, ek self het eenkant langs die sydeur gesit en ek het gou geloer om seker te maak die deur is wawyd oop.

      Oomblikke later kon ds. Duvenhage homself darem regruk voor hy weer oor die arme broer Boggie begin praat, maar sy wantrouige oë was maar pal by die kisdeksel.

      “Tjieee …” sê die kis weer en die deksel lig nog so ’n aks.

      Agter in die kerk het die familie besluit hulle sal eerder na die res van die diens staan en luister vir in geval daar rede ontstaan om skielik te moet hardloop. Ook ds. Duvenhage was van vaste geloof en oortuiging dat moeilikheid met Boggie dalk ’n asemteug ver mag wees. Sê nou net …

      Toe ds. Duvenhage weer die woord oor broer Boggie vat, toe’s sy toon heelwat hoër en ineens klink dit of hy perdereisies uitsaai van haastigheid om klaar te kry. En hy beduie met sy hande laat sy toga aanhoudend oopvlerk.

      “Tjiek …” sê die kis en die deksel wip oop met Boggie wat toeoë stadig orent kom terwyl die kisdeksel teen sy voorkop druk.

      Agter in die kerk hoor jy net hoe dreun dit soos daai klomp Cloetes hol, die ondernemers agterna.

      Dit moes ds. Duvenhage ook tot aksie aangespoor het. Met ’n paar luide uitroepe van woorde wat mens gewoonlik net in ’n gebed gebruik, storm hy by die halfoop kis verby om die Cloetes in te hol. Maar in sy vaart haak sy toga aan die kisdeksel en omdat die kis op ’n trollie was, neem hy die onheil op sleeptou.

      En daar in die kerkgang, soos Jakob van ouds wat met die engel geworstel het, daar stoei ds. Duvenhage om van die verstrengelde toga ontslae te raak. En uit pure desperaatheid skree hy toe: “Los my, jou kruppel @$%+*!” En hy praat oorlede Boggie se engeltaal. Daardie taal wat mens allermins in ’n gebed gebruik.

      die woltjek

      “Kyk hoe lê en slaap dié Brut met sy steekbaardgevreet onder die bank,” sê oom Gysbert. “Hy’s ’n goeie hond oor ek hom van kleins af reg geleer het volgens die raad wat oorle Koos Gwarrievlei my gegee het.”

      Die heel eerste en allerbelangrikste ding wat jy vir ’n hond leer, is: voertsek. Daardie bevel moet hy van dag een af ken, beter as sy eie naam. Daarna kan jy hom allerhande ander toertjies en goed leer tot jy met hom sirkus kan hou, solank hy weet om te voertsek as jy so sê.

      Brut se pa, Brutus, was ’n pure vuilgoed van ’n hond oor hy nie geweet het van voertsek nie. Hy was ’n plaashond, oor ek daai tyd nog geboer het, maar ek het seker te laat in sy lewe met die СКАЧАТЬ