Kortetjies en 'n lange. PG du Plessis
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kortetjies en 'n lange - PG du Plessis страница 12

Название: Kortetjies en 'n lange

Автор: PG du Plessis

Издательство: Ingram

Жанр: Юмористические стихи

Серия:

isbn: 9780624051350

isbn:

СКАЧАТЬ Eersug en Teologiese Debat by hulle weg en plaas dit by die Begeerte-span. Só kry jy heelwat sukses met mense wat koop om te spog en wat die onmoontlikste aankope kan reg redeneer.

      Hy sê altyd vir die manne hulle moet langtermyn dink. Oormatige koop in Desember maak baie siele sondig in Februarie-Maart. En dié is, soos ek weet, nie goeie sonde-maande nie, behalwe wanneer die politiek weer aan die gang kom in Februarie. Maar dan is Leuen ook al weer terug by sy lessenaar en dan help Begeerte en Ambisie hóm weer.

      Elke man op sy plek, sê Beëllie. Jaloesie hou hy maar op die partytjies rond en hy stuur hom onder die kindertjies in op Boxing Day, voor die jaar se vrouevergaderings begin.

      Wellus kyk maar altyd waar hy ’n opening kry, al is hy in Desember meesal by kantoorpartytjies en op die strande. Laasgenoemde ook maar deel van die Tiende Gebod-span se werk.

      Ek sê vir Beëllie sy bestuursaangeleenthede interesseer my, maar ek het al ’n gevoel hy het nie verniet my kookwater kom drink nie. As hy in die druk tye ’n tydjie afknyp om my te besoek, dan weet ek sommer hy kom met ’n spesiale versoeking. Ek sê hom dus Begeerte was al by my met die Drie-reeks-BMW en ek is al by die strand verby, hoewel ek as gevolg van fisieke onaantreklikheid nie eintlik ’n proposisie is vir die Sewende-Gebod-span nie … Ek is maar ’n Tiende Gebod-/Sewende Gebod-man. En oor die negende: ek is ’n skrywer, en het dus ’n inwonende duiwel.

      Nee, sê hy, destyds toe hulle die Kommersiële Tak begin het om die feesseisoen oor te neem (met groot sukses, meen Beëllie) het hulle nie baie probleme met die media gehad nie. Deesdae is dit al vir hom of daar darem te veel getorring word aan dinge soos Drankmisbruik se afdeling.

      Nou wat wil hy hê? vra ek.

      Net so ietsie oor Kersfees in die koerant, sê hy. Oor hoe dit ’n tradisie is byvoorbeeld, die braaivleis en bier, inkopies, presente gee …

      Ek sê nee.

      Hy sê maar die sonde van begeerte, die misbruik van kos en drank, al die liegvrolikheid by samekomste, die gehuigel oor die liefde, die present-koop-vloekery, en die geweld en so, het tog al tradisie geword …

      Die tradisie … sê hy teologies.

      Ek is nie Rooms nie, sê ek.

      Hy hou van tradisionele sondes, daar’s dan soveel waarvoor ’n duiwel nie elke jaar van voor af hoef te werk nie. Dis altyd daar, soos die lendene, byvoorbeeld.

      Ek sê nee.

      Maar ek is tog ook ’n tradisionalis soos hy, sê hy. En hy kan vir my die lekkerste duiwelin afstuur, vir my alleen, en ten spyte van my onaantreklike uiterlike … en …

      Ek sê nee. Al gaan ek my persoonlik onder meer ooreet, al begeer ek ’n Drie-reeks-BMW, al kom strandtyd, al vloek ek by presente koop … Boesemsondes is een ding; tradisionele massa-sondes kan tot ék nie probeer reg praat nie.

      Blomkinders

      “Praat van die duiwel …” sê mense as die pas beskinderde dalk opdaag. Dan word daardie selfde skinderbekke op ’n hartlike plooi getrek en die heuning drup uit die groetwoorde.

      “My aarde, Sannie, waar kom jy so skielik vandaan? Ons praat nou net van jou …”

      Asof die voorafgaande prysliedere was!

      So sit ek en Jim op die plaas en skinder. Jim is die enigste tandarts wat my toemond ook wil ken. Ons is albei al ver oor die veertig en dus in ons konserwatiewe jare – die jare waarin jy begin vra: Wat word van die jeug? Waar gaan alles tog heen? Wat gaan nog van die wêreld word?

      En met die jare word die onthou-jy-nogs al hoe meer.

      Ons skinder dus in die algemeen oor die jeug, die moraliteit, die uitwasse van die subkulture – sommer oor alles wat agteruitgaan.

      Ook oor die tyd toe die wiggelaars so opgegee het oor die era van Akwarius, die groot liefdesoeke van die hippies, blomkinders en die soort ding.

      Klop aan die deur, en wie staan daar? Twee. Soos na-blomme uit die blomtyd, soos druppels as die reën al verby is, soos mense wat die stoet by die verkeerslig verloor het en ná die begrafnis aankom.

      In die uniforms van die anti-uniform-tyd.

      Ek het die deur met ander verwagtings oopgemaak, want ek het nie ’n motor gehoor nie, en die honde blaf maar so as Bennie Schoeman se beeste deur die rivier kom om my blomtuin af te wei.

      Twee, sê ek: die man al in die dertig, die meisie twintigrig.

      Albei in uniform: die man met Jerusalem-tekkies, knokkige skene, háááre, baard, jannas wat vaal word oor die uitsteek-plekke soos boude, knieë en gulp. Jy kan sien tussen sy baard is daar ’n pienk mond, waarin net vegetariese disse gaan en waaruit skewe Zen en folk songs kom.

      Sy is gekleed in ’n kreukelrok met ’n weduweesblommetjies-patroon. En as sy hoes, hou die vibrasie van die rok op twee puntjies nog ’n rukkie aan.

      Natuurmense. Liefdemense.

      Voor hulle groet, kry ek ’n blom. Van myne, buite gesteel.

      Ek sê, met ’n soort verwarde ordentlikheid: “Vrede vir julle.”

      Die lig van geesgenootskap daag in hulle oë en hulle kom in.

      Jim staan op en groet, en ek gaan steek die blommetjie in die loop van die ou Lee Metford in die hoek. ’n Mens moet vir Rome toegewings maak, al kom hy na jou toe.

      Nou moet ek eers sê dat Jim ook maar ’n uniform-man is. Hy is, selfs in sy oomblikke van ontspanning, elegant gekleed. Hy dra krawatte en sy broek het ook op pieknieks ’n plooi in. Hy dra sy professionele status soos ’n voornemende dokter sy eerste stetoskoop. Sigbaar.

      Ek loop Josephine agterna waar sy al op pad uit is, en sê hier’s nog mense, sy moet iets aanmekaarslaan. Sy vra of ek nie maar wil braai nie. Ek sê ek glo nie die mense glo aan vleis nie.

      Josephine verstaan nie kos sonder vleis nie.

      Terug in die sitkamer is die argument al aan die gang, want so met die terugkeer hoor ek al hoe Jim vertel van die rot-aanteel oor dertig jaar as ons die spul nie met die dood aan bande lê nie; hoe die koeie Indië vertrap.

      Ek laat hulle maar weer alleen en gaan sê vir Josephine pap sal goed wees. En sy kan so ’n bietjie rou kool kerf.

      In die sitkamer het die wêrelde mekaar nie gevind nie.

      Toe ek daar kom, sit die man in die lotus-posisie. Hy mediteer. Die meisie sê neerhalend dat die establishment gaan slaap het. Die kind gló, besluit ek.

      Ek vertel van die ete en kry Jim in die kamer.

      Hy’s nie baie hartlik nie en hy gaan gal af oor wat gaan gebeur as almal uit-freak, oor hoe die rotte ons gaan inneem, en bokker die natuur, en hy verstaan nie hoe ek die ruikende goed kan toelaat nie, en wat van hom wat ek genooi het? En die ergste, die ergste, sê Jim, is dat hulle sy professie beledig … Want ’n tandarts is nie soos die natuur dit bedoel het nie. Hy’s ’n inmenger.

      Die twee slaap toe sommer op die vloer, en ek ruik hulle het ’n bietjie wierook daar. Hulle speel ’n instrument wat ek nie СКАЧАТЬ