Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le Roux
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux страница 3

Название: Kan ek maar aan jou selluliet vat?

Автор: André le Roux

Издательство: Ingram

Жанр: Здоровье

Серия:

isbn: 9780624050773

isbn:

СКАЧАТЬ die mannetjie en wyfie mekaar ontmoet, word die hormoon vasopressien in die mannetjie se brein afgeskei en oksitosien by die wyfie, nes by vroue wanneer hulle geboorte skenk. Dit help met die kontraksies en borsvoeding en maak die ma – en pa – onmiddellik lief vir die baba al is hy hoe lelik.

      Dis die vasopressien en oksitosien wat woelmuise – en mans en vroue – aan mekaar “bind”. Oksitosien bind ook ouers en kinders, en vriende, aan mekaar. Dit maak jou lief vir jou kat of hond. Dis die rede waarom mense met troeteldiere gouer gesond word wanneer hulle siek is, waarom getroude mense langer lewe en waarom ondersteuningsgroepe inderdaad help. Daar’s oksitosien in ondersteuningsgroepe.

      Oksitosien laat jou ook terugdink aan positiewe ervarings, en navorsers (2007) het agtergekom hoë dosisse daarvan laat jou sommer 80% meer geld weggee aan vreemdelinge. Jy vertrou makliker en raak vrygewig.

      In dié stadium is die woelmuis en sy wyfie nog net vriende. Daar’s oksitosien, maar nog nie vasopressien nie. Tot hulle begin paar, dan vloei die vasopressien. Woelmuise paar driftig, feitlik sonder ophou vir 24 tot 36 uur.

      (“Herklaas sal dit nooit in der ewigheid so lank uithou nie! Sy hart …”)

      G’n wonder die woelwater-woelmuise woel so nie – hul lewensverwagting is maar drie tot ses maande. Die bittereinders kan dalk twaalf maande haal. Dis eers ná paring dat die prêrie-woelmuis besluit hy bly by daardie wyfie wat hom so gelukkig gemaak het.

      Hoekom?

      Op soek na ’n antwoord het wetenskaplikes in 2004 die grasland-woelmuis nader geroep, een van die oorblywende 154 spesies wat soos skarrelende klein hoertjies die hele veld dek van Europa, Asië, Noord-Amerika tot Noord-Afrika. Die wetenskaplikes het ingemeng met een van die grasland-woelmuis se breinhormone, einste vasopressien.

      Toe kom die wetenskaplikes agter die res van die woelmuis-familie het minder vasopressien-reseptore as die prêrie-woelmuis. In die brein van monogame spesies is neurone wat meer “vatbaar” is vir oksitosien en vasopressien (die neurone het dus meer reseptore vir oksitosien en vasopressien).

      Die volgende stap was om ekstra vasopressien in die grasland-woelmuis se brein in te spuit, geheg aan ’n skadelose virus, en te kyk wat gebeur.

      Toe gebeur dit.

      Terwyl die ingespuite virus vat en ekstra vasopressien afgeskei word, het daardie woelmuis feitlik oornag getrou geword aan een wyfie! Selfs toe ander woelmuis-wyfies hom wou uitlok deur hul stertjies te swaai het daardie woelmuis sterk gestaan. Tot die dood ons skei en selfs daarna: As sy wyfie doodgaan, bly hy vir die res van sy kortstondige lewetjie selibaat, die arme ding.

      Die wetenskaplikes vermoed die (manlike) hormoon vasopressien word afgeskei tydens paring, nes by die mens, en dit aktiveer die beloningstelsel in die brein wat jou goed laat voel. Nou assosieer die woelmuis daardie lekker gevoel met die bepaalde woelmuis-wyfie met wie hy so pas ure lank gepaar het, en hy kom telkens terug vir nog. Die woelmuis het sowaar “verlief” geraak – amper nes mense – teenoor die ander woelmuise wat so rondloop omdat hulle nie genoeg vasopressien-reseptore het nie.

      Hoewel monogaam, het wetenskaplikes agtergekom, kan prêrie-woelmuise ook maar ontrou wees en rondloop – nes die mens. (Dit vat ook net een mens of een woelmuis om ’n mooi liefdesverhaal op te neuk …)

      Het jy al ’n woelmuis sien gloei in die donker?

      Dis presies wat wetenskaplikes reggekry het deur ’n woelmuis, met sy komplekse genetiese samestelling, te “maak”. In 2009 het Amerikaanse navorsers in Atlanta, Georgia, genetiese “variante” van woelmuise geskep deur nuwe genetiese materiaal in die embrioselle van prêrie-woelmuise in te spuit, weer via die skadelose virus. Die geen wat hulle gebruik het, was vir groen fluoresserende proteïene (gesteel by jellievisse), wat vanself gloei in lig van ’n bepaalde frekwensie.

      Daarmee het hulle bewys die woelmuis se selle is inderdaad in die embrio verander en hul babas sal daardie veranderinge toon. Die wetenskaplikes sal kan sien hoe dit hul gedrag beïnvloed het, en daardeur kan hulle dalk menslike gedrag beter verstaan.

      Hulle hoop dit kan help om menslike sosiale interaksie en binding te ontrafel, of wanneer sosiale vaardighede skeefloop soos by outisme of verslawing, wat ook te doen het met die brein se beloningsentrum.

      Woelmuise het nog ’n nut vir die wetenskap, vir argeoloë. Hulle het ’n sogenaamde vole clock by die diertjies ontdek. Aan die hand van die woelmuise se “horlosie” kan argeoloë bepaal hoe hulle die afgelope miljoen jaar ontwikkel het. Dit help om argeologiese uitgrawings akkuraat te dateer.

      Gaan na die woelmuis en word wys …

      ◊◊◊

      Of nog beter: die gifpaddatjie van Peru.

      Wetenskaplikes ken reeds dié grootoog-paddatjie, maar eers vroeg in 2010 het hulle agtergekom hy’s die enigste monogame paddatjie in die hele amfibiese wêreld, skaars so groot soos ’n man se duimnael, maar baie skraler. ’n Mens kan hom die woelmuis van die reënwoude noem.

      Hy’s ewe oulik.

      Geel met swart kolle, of swart met ’n oranjegeel netwerk van strepe oor die rug, en ’n kleiner netwerk van witterige kolle op die pote. Daar’s variasie op dié kleurpatrone, met meer rooi of blou.

      Boonop na-aap hy die kleure van ander paddas. Sy naam is nie verniet Ranitomeya imitator nie, die mimic poison frog. Hy’s self giftig, maar hy maak die kleure na van minstens drie ander soorte paddatjies wat nog giftiger is as hy, net om seker te maak sy vyande kry die boodskap.

      Maar terwyl sy rondlopermaats in groot poele baljaar, waar daar genoeg kos vir almal is, is dié gifpaddatjie beperk tot kleiner poele, waar daar nie soveel te ete is nie. Dan besluit hy om by die huis te bly om toe te sien dat die kinders genoeg kos kry.

      Dit het wetenskaplikes agtergekom deur die paddatjies rond te skuif tussen poele van verskillende groottes. Dié in die groter poele met baie kos was promisku, maar dié in die kleiner poele met minder kos was monogaam. Wat vir die wetenskaplikes ’n goeie bewys is dat monogamie die gevolg kan wees van ’n enkele oorsaak – in dié geval die kleiner leefruimte (waterpoel).

      ◊◊◊

      Ná paring lê die wyfie-gifpaddatjie haar eiers op blare. Die monogame mannetjie abba dan elke paddavissie wat uitbroei netjies op sy rug tot binne-in ’n poeletjie water, wat versamel het in die blare van die bromelia-plant, so ’n meter of wat bo die grond, maar meestal op die vogtige woudvloer. Elke poeletjie water kry sowat ses paddavissies, waar die mannetjie hulle sit en oppas. Sodra hy agterkom hulle is honger, roep hy die wyfie, wat ’n onbevrugte eiertjie in elke poeletjie lê.

      Dis kos vir die kleintjies.

      Mannetjie en wyfie werk dus saam ter wille van die kinders se oorlewing.

      (’n Ander promiskue paddatjie van dieselfde spesie lê haar eiers in ’n veel groter poel, en sy los die kleintjies net so dat die mannetjie hulle alleen moet grootmaak. Haar hulp met onbevrugte eiertjies is nie nodig nie, want daar’s genoeg kos in die groter poel.)

      Wel, die gifpaddatjie van Peru is nog meer getrou aan sy maat as die woelmuis, wat mos nou en dan wegglip na ’n ander wyfie toe, al kom hy weer terug.

      DNS-toetse op 12 gifpadda-gesinnetjies het gewys 11 van daardie gesinne se kinders is almal “binne die huwelik” verwek, maar in die twaalfde familie het een mannetjie sowaar ’n affair met ’n ander wyfie gehad, toe’s СКАЧАТЬ