Fees van die ongenooides. PG du Plessis
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Fees van die ongenooides - PG du Plessis страница 5

Название: Fees van die ongenooides

Автор: PG du Plessis

Издательство: Ingram

Жанр: Контркультура

Серия:

isbn: 9780624052616

isbn:

СКАЧАТЬ nie. Hy het in daardie tyd net een foto geneem en so ver as wat hy kon uitmaak, sou die familie eers betaal as hulle die foto in die hand het en goedkeur. Joey het gevoel hy word nie vertrou nie en dat die Boere die man van Somerset, Engeland, as ’n soort nikswerd landloper beskou.

      Hy’t die woning van die Van Wyks met mismoed en bitter voorspooksels benader.

      Die huise waarby hy op sy tog aangedoen het, was almal teen hoogtes gebou, en waar Joey ook al opgedaag het, het die mense lank voor sy aankoms al van hom geweet. Maar by die Van Wyks het die pad ’n ent van die huis af eers om ’n koppietjie gekom voordat jy en die huismense mekaar kon sien. Hy moes maar mik-mik deur die honde voordeur toe.

      Hy’t geklop en Magrieta van Wyk het die deur oopgemaak.

      Vir Joey was Magrieta van Wyk die mooiste vrou wat hy in sy ganse lewe gesien het, en, so het hy die res van sy lewe geglo, wat hy ooit sou sien.

      Sy was skraal vir ’n Boervrou. Joey het teen daardie tyd al bietjie gewoond geraak aan die vollerige posture van die Boere-vroue op die plase en die lang, lenige lyf van Magrieta het hom onkant gevang. Die selfversekerdheid van haar skoonheid het soos ’n waas om haar gehang. Sy het die trotse houding gehad van ’n jong vrou wat diep bewus is van haar blink, blonde hare wat sy in ’n rol op haar kop dra, van haar fynbesnede neus, haar sagte, welgevormde lippe, haar wye oë … en haar vel so smetteloos en glad soos dié van ’n baba.

      Sy het hom in die skraperige taal aangespreek: “Ek is Mevrou van Wyk, wie is u, Meneer?”

      Joey, teen daardie tyd maar alte deeglik bewus van die uitputtende hindernisse wat taal tussen mense kan oprig, het die onmoontlike probeer: “I’m English …”

      Magrieta het hom in Engels geantwoord: “Sê dan wie u is, Meneer. Ek is Mevrou van Wyk.”

      Joey kon later nooit aan homself verduidelik waarom hy toe gesê het wat hy gesê het nie. Dit was seker maar oor haar manjifieke uiterlike, of miskien was dit sy verligting en dankbaarheid om ’n druppel Engels aan die lippe te voel in die dorre woestyn van die skraperige taal. Dit was asof sy woorde uit iemand anders se mond kom.

      “God is goed,” het hy gesê.

      Dis wat hy gesê het, en die spotlaggie wat na die hoeke van haar mooi oë gekom het, het die onsinnigheid van sy stelling by hom tuisgebring.

      “Is dit ’n manier van groet waar u vandaan kom, Meneer? Of wil u kom preek?”

      ’n Verleentheid het oor hom gekom en hy’t hom toe maar vinnig voorgestel en die “Somerset, Engeland” bygesit vir ’n tikkie waardigheid.

      “O,” het sy gesê en hom stadig van bo tot onder bekyk.

      Joey het geweet hy’s nie veel om na te kyk nie en gedurende die meer as ’n maand wat hy voortgesukkel het van misverstand tot nie-verstaan was hy só ingedagte en probleembeset dat hy nie eens daaraan gedink het om in die pakkaas op die perdekar rond te krap agter die spieël aan nie. Voor Magrieta van Wyk het dus ’n baie vuil mannetjie gestaan. Hy’t vir meer as ’n maand in sy klere op die grond geslaap; die onverskillige drade uit sy lepel wanneer hy sy half-gekookte gortsop slurp en wat net ’n ingedagte man in sy alleenheid sal toelaat om in sy baard af te drup en daar te bly sit, het in droë brokkies aan die yl groeisel gekleef; die verfrommelde strooihoed wat hy senuagtig in sy hande ronddraai, het saam met sy skoene as kopkussing moes dien gedurende sy nagte in die oopte. Die hoed se kreukels het die onrus van daardie nagte vertoon. Sy en oorlede Hans se kussings was daardie tye op sy voete wat seker nooit in sy lewe weer sou warm word nie. Sy wit hemp was ’n egalige bruin en hy het twee baadjies oor mekaar aangehad: die binneste het gepas, maar die buitenste was heeltemal te groot vir hom, alhoewel die moue die regte lengte gehad het.

      Vir Magrieta van Wyk was Joey Drew van Somerset, Engeland, dus net ’n vuil, bakbeen, onwelriekende kolommetjie mens. Die indruk wat hy maak, was duidelik te sien in die afkeer wat in haar goddelike oë gegroei het. Sy andersins so deurdringende blik het onder sy gekoekte hare soos dié van ’n hond geword wat op ’n klein bietjie goedkeuring hoop.

      Soos sy vir hom, het Joey ook die mooie Magrieta geruik. Dit was nie die reuk van laventel of seep nie, maar iets anders. Hy het dit later aan homself, maar nooit aan iemand anders nie, verklaar: ’n mens kan só vuil word en so gewoond raak aan die reuk wat daarmee saamgaan, dat jy naderhand skoon aan iemand anders kan ruik. Veral as dit ’n vrou is, en veral as die vrou so mooi is soos nog net Magrieta van Wyk ooit was.

      “Ek gaan jou nie binnenooi nie, meneer Drew, jy’s te vuil.”

      “Ja, Mevrou,” het Joey saamgestem.

      “En hoekom kyk jy nie na jou perde nie?”

      Joey se altyd so deurvorsende blik van staal het verkrummel tot brokkies nederigheid en grond toe geval. Hy het Magrieta van Wyk maar pas ontmoet, maar sy het hom al klaar ondergedompel in die kuil van skuld anderkant verskonings.

      “Ek is jammer, Mevrou …”

      “Jammerte voer nie jou perde nie.Vat hulle agtertoe en kry vir hulle hooi by die mied. Dan kan jy agterdeur toe kom.”

      Sy’t die deur in sy gesig toegemaak, en dit toe soos ’n nagedagte weer oopgemaak. “Daar’s ’n trog. Gee die arme diere eers water.”

      Joey Drew het skielik, vinnig en gedienstig beweeg om te doen wat sy hom beveel het. In sy diepgeroerde gemoed het hy geweet dat hy altyd sal doen wat Magrieta van Wyk van hom vra. Sonder argument of teenvraag.

      Toe hy, ná die perde se versorging, by die agterdeur opdaag, het sy vir hom oor die onderdeur ’n opgehoopte bord boerebeskuit en ’n beker koffie aangegee.

      “Ek waardeer u vriendelikheid ten seerste, Mevrou,” het Joey haar bedank en bygevoeg: “Ek is eintlik fotograaf van beroep. Ek neem foto’s.”

      “Jy kan my dit vertel as jy skoon is. Kry jou vuil klere van die kar af en trek daardie uit. Ons sal die goed moet kook. Gee alles vir Sarah. Jy kan dáár uittrek.”

      Sy het na ’n buitegebou beduie en die bo-deur toegemaak. Sarah, ’n swart vrou, het saam met hom kar toe gestap. Joey kon nie anders as om op te merk dat sy bokant die wind hou nie, maar dit was maar die begin van sy vernedering.

      Sarah het met moeite op die kar gekom, maar toe sy eers bo-op was, het sy die ene bekwaamheid geword. Sy het dadelik die hopie perdemis wat Joey met soveel moeite agter sy trekdiere opgetel het om te droog, raakgesien, die sak waarop hy die droging gedoen het aan die vier hoeke bymekaargevat, vir hom aangegee, haar kop meewarig geskud en met ’n stom vinger gewys waar hy die goed moet wegsmyt. Toe Joey van sy sending af terugkeer, het sy klaar in een van die komberse ’n bondel gemaak van die klere in die trommels. Joey het gesien dat die swart doek wat hy oor sy kop gooi wanneer hy so belangrik agter die kamera inbuk, ook tussen die wasgoed gekom het en hy het dit probeer terugvat, maar sy het dit uit sy hand geruk, hom aangekyk asof hy ’n lastige kind is, en die bondel van die kar af gelaai.

      By die buitegebou waar Magrieta gesê het hy moet uittrek, het Sarah hom by die deur ingedruk en beduie hy moet sy klere vir haar deur die deur aangee.

      Binne het hy sy koffie en beskuit eenkant gesit. Toe hy sy onderste lang onderbroek begin uittrek, het die verleentheid hom verder oorweldig. Hy’t twee onderbroeke oormekaar gedra: sy eie onder, met oorlede Hans Bester s’n bo-oor. Dié se te lang bene was binne sy kouse in Joey se uitgetrapte skoene om sy voete gevou. Enigiets teen die koue. Maar die binneste onderbroek, so het Joey gesien in die lig wat deur СКАЧАТЬ