Ys. Rudie van Rensburg
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ys - Rudie van Rensburg страница 16

Название: Ys

Автор: Rudie van Rensburg

Издательство: Ingram

Жанр: Триллеры

Серия:

isbn: 9780795801518

isbn:

СКАЧАТЬ gelede aan borskanker dood.”

      “Kinders?”

      “Nee.”

      “Is daar ’n nuwe vrou in sy lewe?”

      “Nie volgens ons inligting nie. Dit lyk of hy lang ure werk. Ons het hom gisteraand van die kantoor af gevolg en hy’t eers tienuur by die huis gekom. Seker nie nog tyd vir vroue nie.”

      “Belangstellings?”

      “Hy’s lid van Chambers Bay-gholfklub, maar volgens hulle voorgee-databasis het hy ’n jaar laas gespeel.”

      “Ouers?”

      “Sy pa is vroeg dood en sy ma het weer getrou. Sy bly nou in Miami. Al die jare ’n huisvrou gewees.”

      “Niks anders nie?”

      “Absoluut niks.”

      “Julle het net tot môre.”

      “En as ons dan nog niks het nie?”

      “Moenie jou daaroor bekommer nie.”

      * * *

      Lipinsky tokkel ingedagte met sy vingers op die lessenaar. Kearnsey weet nie veel van Willie Nel nie. Hy het bloot opdrag van Donaldson gekry om uit te vind wie MacArthur so gereeld in Chicago besoek.

      Volgens Kearnsey het Nel ’n klein kantoor in die John Hancock-sentrum. Op die deur staan hy is ’n kommunikasiekonsultant en beeldpoetser. En dis al wat hy van Nel weet.

      Lipinsky sug en kom orent, bêre die lêer in die kluis. Hy het Kearnsey gevra om meer inligting oor die sogenaamde beeldpoetser te kry. Nie veel meer wat hy kan doen totdat hy van hom gehoor het nie.

      * * *

      Shaheena kyk na die twee opgewonde speurders voor haar en beduie Colyn moet praat.

      “Die ontvangsdame is Maartens se dogter,” sê hy.

      Sy voel dadelik opwinding in haar are bruis. Gewoonlik raak sy nie sommer bly oor ’n saak voor dit nie deeglik uitgepluis is nie. En sy weet nie of haar desperaatheid om die saak vinnig op te los nou haar oordeel beïnvloed nie, maar ná haar sweetsessie op die foon met die omgekrapte polisiehoof kon sy nie vir beter nuus gevra het nie.

      “Is julle honderd persent seker daarvan?”

      Colyn en Piedt knik ywerig.

      “Ons het haar vanoggend gevolg toe sy by haar huis wegry,” sê Colyn. “Sy is reguit na Maartens toe. Seker ’n uur daar vertoef. Toe vat ek sommer ’n kans op Facebook en daar kry ek dit: Sarie Maartens Beyers. Ek het na die foto’s op haar blad gekyk en op Maartens se foto afgekom, met die inskrywing: ‘My liewe pa is vandag drie-en-sestig. Kyk hoe goed lyk hy nog.’”

      “Hoe weet jy dit was Maartens? Kaptein Kasselman was mos by hom.”

      “Ons het sy foto in Dippenaar se files gekry. Dit stem ooreen met die Facebook-foto.”

      Shaheena staan op. “Bring haar dadelik in vir ondervraging.”

      “Moet ons nie eers … wag vir die … vingerafdrukke nie? Soos brigadier vroeër gesê het,” stamel Colyn.

      “Nee, ek’t van plan verander.”

      13

      Frankie skrik toe die staaldeur onverwags oopgaan. Sy ontvoerders gluur hom aan. Hoekom het hy nie gisteroggend gesien watse mean-looking bliksems hulle is nie?

      “Tevrede met jou geriewe hier?” vra die een met die blonde hare.

      “Hoekom hou julle my aan?”

      Blondie grynslag. “Ek’s so bly jy vra dit! Dis juis hoekom ons nou hier is … om jou in te lig oor hoe jy eintlik met jou gat in die botter geval het.”

      “Wat bedoel jy?”

      “Hoe klink driehonderdduisend in kontant vir jou? Net om jou weer ’n kick-start in die lewe te gee,” sê die ander man.

      “Ek … verstaan nie.”

      Blondie lag. “Net ’n joppie wat jy vir ons moet doen – en die cash is joune.”

      “Watse joppie?”

      “Môrenag moet jy twee ouens uit die lewe help. Low risk, albei gaan rustig in hul hotelkamers slaap en jy sal ’n pistol met ’n silencer hê om dit saggies te doen. Jy kry die cash sodra jy die job suksesvol afgehandel het.”

      Frankie kan nie glo wat hy hoor nie. “Julle moet seker mal wees! Ek’s nie ’n bleddie huurmoordenaar nie. Kry iemand anders om julle vuilwerk te doen!”

      Blondie is soos blits op hom en ruk hom aan die arms van die matras op. Hy druk sy gesig teen Frankie s’n. “Luister nou baie mooi na my, Kriel. Jy’t nie ’n fokken choice nie. Doen jy nie presies wat ons jou beveel om te doen nie, is jý die een wat ingespit word.”

      “En jou arme onskuldige vrou gaan saam met jou na daai grave toe,” sê die ander man.

      “Julle los my vrou uit!” skree Frankie. Hy probeer hom loswikkel uit Blondie se greep, maar besef gou hy staan nie ’n kans teen die reus nie.

      Blondie lag, sy warm, suur asem in Frankie se gesig. “Ons hou jou vrou op ’n ander plek aan. En ek kan jou ’n brief gee: Die mean bliksem wat haar oppas, sal haar eers rape voor hy haar doodmaak.”

      “Julle lieg … julle het haar nie …”

      Blondie draai na die ander man. “Wys hom.”

      Dié haal ’n foto uit sy jassak en hou dit uit na Frankie. Hy herken dit dadelik: dis een van hulle troufoto’s.

      Die man haal nog iets uit sy sak en gooi dit na Frankie, wat dit instinktief vang.

      Die nekhangertjie wat Sue altyd dra.

      * * *

      Dis al skemer, maar Kassie besluit om eers by die kantoor aan te gaan om te kyk of Colyn-hulle nog daar is. Hy’s nuuskierig om te hoor hoe die brigadier op die nuus van Maartens se dogter gereageer het.

      Hy kry Colyn en Piedt in hulle kantoor. Albei lyk verwese. Colyn sit met sy kop gestut in sy hande agter die lessenaar en Piedt se hand roteer soos ’n ruitveër oor sy ken.

      “Hoe gaan dit?” vra Kassie.

      Colyn kyk nie eens op nie; Piedt sug net. “You don’t want to know, bru.”

      “Wat’s fout?”

      “Ons moes die dogter vroegmiddag inbring vir ondervraging – brigadier se orders,” sê Colyn. “Ons het haar vir twee ure ondervra.”

      “Brigadier Terror het haar try dissect soes ’n brain surgeon,” sê Piedt. “Maar sy’t heeltyd by haar storie gestick.”

      Colyn СКАЧАТЬ