Koms van die motman. Chris Karsten
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koms van die motman - Chris Karsten страница 4

Название: Koms van die motman

Автор: Chris Karsten

Издательство: Ingram

Жанр: Контркультура

Серия:

isbn: 9780798176231

isbn:

СКАЧАТЬ gaan eet sy ontbyt alleen; Elizabeth is soggens teen dagbreek al by die kwekery. In sy kantoor maak hy die twee glasdeure na die onderdakstoep en agtertuin oop, en begin sy adviseurs en makelaars en batebestuurders bel.

      Dis belangrik dat almal mooi verstaan dat hy terug is en opnuut die leiding neem van sy eie bestemming, spesifiek van die roete wat hy wil loop om daar uit te kom. Dis ook belangrik dat daar geen ruimte vir misverstande is oor sy opdragte en behoeftes vir die dag nie. Hy wil nie weer met ’n krisis sit nie.

      Sy laaste oproep is aan sy getroue ou vriend en gesinsprokureur, George Pagel, oor R200 000 wat George op Arthur se aandrang sonder groei by Fiduciary Trust & Wealth geparkeer het. Hy vra George om met Du Plessis te reël om daai Ruiters-rekening te sluit en die geld oor te plaas na George se trustrekening. George weet presies wie Ruiters is, en dis ook sy advies dat daar geen elektroniese geldspoor of verband of enige kontak tussen Arthur en Ruiters mag wees nie, nie net weens hulle verskil in klas en stand nie, maar omdat albei se paroolvoorwaardes pertinent enige kontak met enige ander bandiet of eksbandiet verbied.

      George adviseer dat hy self, wanneer Arthur meen die tyd is reg, die geld in kontant aan Haman sal oorhandig, sonder Arthur se verdere tussentrede.

      Die res van die dag bring hy in die konservatorium deur tussen sy geliefde kaktusse. En worstel met Haman se toenemende aandrang dat hy bieg oor wat régtig alles met hom in die tronk gebeur het.

      Die aand voor bed, soos nou sy gewoonte begin word, lê hy in die flou lig agteroor in sy musiekkamer se stoel, asof in ’n toestand van skyndood, sy asemhaling kwalik merkbaar, sy oë gesluit, die klaviernote in die skemerlig bo hom, om hom, in hom, geabsorbeer deur elke sel van sy liggaam; hy hoor nie net die musiek nie, maar voel dit en sien ook die pianis se vingers oor die klawers, niks gejaagd of moeitevol nie, die toon van elke prelude perfek besin, die ontvouing van elke fuga ongedwonge. Dis soos dit moet wees met JSB: die helderheid van essensie, die suiwerheid van kontrapunt. Dis hierdie preludes en fugas van The Well-Tempered Clavier wat hom sy gesondheid van gees laat behou het in daai lang, onrustige tronknagte, eers op die klawers van sy verbeelding, toe op ’n werklike klavier.

      As kind al het hy sy ma saans op die ou Steinway begelei en wanneer hy sy oë sluit en sy gedagtes laat terugdwaal, hoor hy haar steeds in volle glorie sing: “Die heem’le vertel” en “Inkosi Jesu” en “Klein Piedeplooi” en “My koekiesveerhen” en “Satang se kinders” en “Gelowige hart, wees vrolik”.

      Maar vandat hy uit is, het hy nog nie die moed gehad om die deksel van sy nuwe Bösendorfer oop te maak en sy vingers op daai klawers te sit nie. Sy handgemaakte Bösendorfer Mignon, 155 sentimeter lank, 125 sentimeter breed, 300 kilogram swaar. Op sy versoek ingestem volgens Young se tweede temperament – sommer Young’s No. 2, die ideale stemming vir die Well-Tempered Clavier, daaglikse brood vir enige ernstige pianis, lewenspyse vir die gees, inleiding tot alle musiekgeheime. Arthur is dit volmondig eens met Von Bülow: as Beethoven se 32 sonates ons Nuwe Testament is, is Johann Sebastian Bach se Well-Tempered Clavier ons Ou Testament.

      Maar die Bösendorfer moet nog eers wag.

      Hy sit diep versonke en luister, gevul met gedagtes oor klaviere en musiek en plante en vryheid. Wel, hy is vry van die tronk, maar nog nie bévry nie.

      Net ná middernag maak Arthur sy oë oop en skakel die musieksentrum af.

      Hy oorweeg ’n slaappil, besluit daarteen, staan op en stap deur die groot, stil vertrekke kombuis toe. Hy skakel die ketel aan, haal een van sy ma se porseleinteepotte uit en meet die Earl Grey daarin, spesifiek die teemengsel met net ’n sweem van sitroen. Op die silwerskinkbord sit hy ’n fyn wit porseleinkoppie-en-piering en ’n teesiffie en dan skink hy die kookwater in die pot. Hy roer dit, sit die deksel op en dra die skinkbord by sy studeerkamer se glasdeure uit en sit dit op die blad van die tafel op die agterstoep.

      Die stoeplig baai ’n kol van die grasperk en naaste blombeddings in ’n warm glans.

      Hy staan met sy hande agter sy rug terwyl die tee trek en tuur oor die ligkol sy donker tuin in, tot doer agter die struike en bome in die koers van die wandelpad al saam met die loop van die spruit, en teug diep aan die somernag se herinneringe. Ook aan ’n reuk van reën, of verbeel hy hom? Wat nié sy verbeelding is nie, is die geure van die nagblomme wat op die stil lug sy neus bereik, iets speseryagtigs, iets soets, die sterkerige vanielje van die maanblomme, wit en pienk en groot soos trompette – ál die nagblomme, nie net die cereuse in sy konservatorium nie, maar ook die ander wat hy vir Elizabeth gevra het om hier in sy agtertuin te laat plant: die pragtige geel van die evening primrose, die romerige aandpypies, die Casablanca-lelies, Nottingham flycatcher, four-o’clocks, dragon fruit, Dutchman’s-pipe.

      Hy draai om, roer weer die tee en skink deur die siffie. Hy sit agteroor, kruis sy enkels ver voor hom uitgestrek en beskou, een vir een, die galery gesigte in sy kop. Altyd dieselfde gesigte, soos die uitstalling van ’n ry geraamde foto’s van eens vername mense, elkeen eens gewerdig om afgeneem en geraam en teen ’n muur gehang te word, hulle presiese betekenisse intussen vervaag, selfs vergete.

      Nie sý galery nie – elke gesig hier ’n etterende sweer wat uit sy gees uitgesny moet word voor dit té laat is, voor die besmetting verder versprei en onomkeerbaar is.

      Dit was sy groot vrees, ná daai nag in die tronk se stort – sy en George se vrees, want vir George kon hy dit nie wegsteek nie; daar moes toetse gedoen word, elke paar maande, op behandeling besluit word, op hit hard, hit early (George se krygskreet om die virus te beveg). En hulle was suksesvol, dis nie meer ’n akute lewensgevaar nie, nou net ’n chroniese kondisie wat in beheer gehou word met die daaglikse kombinasiepil HAART, vir hoogs aktiewe antiretrovirale terapie.

      Al die gesigte in sy galery …

      Haman is reg, die las is te swaar om alleen te dra. En om dit uit sy gestel te purgeer, moet hy dit lug gee en uitpraat en deel. Nooit met Elizabeth nie, maar met Haman.

      In die tronk was daar nie ’n keuse nie, dit was deel van sy straf. Hy kon Elizabeth en Haman nie verder belas nie, die skok was klaar te groot – van sy arrestasie, die hofsaak, skuldigbevinding, sy tronkstraf. Hy moes hulle teen verdere skokke beskerm, en wat daar binne gebeur het, in daai primordiale wêreld, moes hy alleen dra.

      Hy hoef nie meer nie.

      ***

      Vannag is hy nie op sy stoep of in sy musiekkamer nie, maar in die konservatorium. Ook hier is net ’n paar nagliggies aan.

      Hy sit op die bankie in die middel, omring deur sy kaktusse, en in die powere skynsel fladder en sweef die nagmotte soos herfsblare tussen die spokerige stingels en ranke.

      Uit die luidsprekers aan die oop balke is dit András Schiff se vingers op die klawers met JSB se Goldberg-variasies, die note byna voelbaar aan sy vel.

      Die donker skemering omvou hom, beskerm hom, hou hom veilig. Soos ’n kat of ’n uil of ’n mot is die nag sy tuiste en hier in sy konservatorium kan hy homself oorgee aan ’n ander, ouer dimensie.

      Op vier het hy sy eerste mot geëet. Eintlik net ’n ruspe. Van Gonimbrasia belina, pouoogmot van die Saturniidae-familie. ’n Lekkerny vir baie, dié gedroogde mopaniewurm. Nie vir hom nie. Maar hy glo daar het in sy maag ’n wonderlike metamorfose van larwe tot papie tot mot plaasgevind.

      Soms, selfs soveel dekades later, verbeel hy hom steeds – veral daar in die baie eensame tronknagte – dat hy die fladdering van vlerkies in sy ingewande kan voel.

      Maar dis ’n groot saligheid, so omgeef van al sy spesiale plante en die spesiale motte wat hulle besuig СКАЧАТЬ