Die vrou in die blou mantel. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Die vrou in die blou mantel - Deon Meyer страница 6

Название: Die vrou in die blou mantel

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798176910

isbn:

СКАЧАТЬ sal sê as hy hoor sy pandjieswinkel word as ’n “instansie” beskryf. Sal seker net daardie groot hande in die lug gooi en lag.

      “Julle moet maar besluit,” sê hy. “Maar dis waar ek gaan koop.” Want hy het sy huiswerk gedoen. By die tradisionele juweliers gaan hy veel meer betaal vir ’n ring van dieselfde gehalte.

      Hy staan op. Hulle soek by hom groter solvensie, of iets wat kan dien as sekuriteit. Hulle soek by hom iets wat hy nie het nie.

      Dit is asof sy nog iets wil vra, maar dan knik sy net en sê: “Ek laat weet so spoedig moontlik.”

      Op pad na sy kar toe wonder hy waarom hulle altyd die redes so breedvoerig aanstip waarom jy nié ’n lening kan kry nie. Hoekom nie fokus op al die redes hoekom hy met ’n lening vertrou kán word nie?

      Hy en Alexa praat oor alles. Veral sedert die kopdokter vir hom gesê het sy drankprobleem is gewortel in die feit dat hy nie genoeg met sy geliefdes práát nie, veral oor die onheile van sy werk. Maar hierdie is een ding wat hy nie met haar kan bespreek nie. Want dan sal sy dadelik vir hom die geld wil gee. En boonop sal sy nie hierdie dilemma kan verstaan nie. Haar geldsake is anders; dit was nog altyd.

      Die bank is al uitweg. Maar hoe werk dit? Hy is al amper dertig jaar lank by dieselfde bank, en hy het nog altyd alles terugbetaal wat hy hulle geskuld het. Partykeer ’n bietjie laat, baie keer met ’n helse gesukkel, maar hy het deur die jare elke sent betaal. Met rente. Huislening, karlenings, persoonlike lenings, Karla se studielening, oortrokke geriewe. Elke sent.

      Maar nou moet hulle gaan dink. Want hy het niks wat hulle wil hê nie.

      * * *

      Donderdagmiddag teen vyfuur verskaf sersant Tando Duba die digitale foto’s van die Gebleikte Lyk se gesig aan die SAPD-skakeloffisier. Hulle besluit om net een aan die media te stuur – die een wat die minste aanstoot sal gee, want dit is immers die afbeelding van ’n persoon wat al ’n paar dae gelede oorlede is.

      Die skakeloffisier stuur dit dadelik per e-pos aan al die mediamense op sy lys.

      Die Son is die eerste koerant wat dit op hul Twitter-stroom kry. Daarna volg al die ander nuuspublikasies en webwerwe. Teen sesuur is dit die hoofaanbieding op Netwerk24, News24 en IOL. (The New Age dra dit eers teen tienuur en kry die meeste van die feite verkeerd.)

      Teen agtuur is die foto ’n makabere virale sensasie op Twitter, veral in die ouderdomsgroep veertien tot agttien.

      Teen halfnege die aand gaan sersant Duba huis toe, want daar is nog geen reaksie nie. Niemand weet eens vaagweg wie die Gebleikte Lyk is nie.

      Die bus se bestemming lyk al weer mistroostig.

      * * *

      Vinnie Adonis is een van twee mans wat as dagskof-concierge werk by die Cape Grace, spoghotel in die Kaapse Waterfront.

      Dis hy wat die eerste domino laat val in die beheer van die Gebleikte Lyk-moordsaak. Hy is agt-en-vyftig jaar oud, maar hy stap steeds elke dag van die Kaapse stasie af werk toe. Net ná sewe op Vrydagoggend, 19 Mei, op die hoek van Riebeek en Adderley, sien hy die voorblad van Die Burger waar dit langs die koerantverkoper in ’n stapel op die sypaadjie lê. Hy sien die kleurfoto van die vreemde gesig, die vel bleekblou, die oë toe, met die opskrif daarbo: Ken jy haar?

      Ja, sê Vinnie se kop, en dan dink hy, nee, jy ken haar nie, maar sy kop sê weer: Ja. Hy draai om, loop terug en gaan staan by die hopie koerante. Hy kyk.

      “Piracy viewing is a crime, uncle,” sê die koerantverkoper.

      Vinnie lag en steek sy hand in sy sak. “Hoeveel?”

      “Special price, elf rand vir jou vandag, uncle.”

      Hy laat drie vyfrandstukke in die seun se bakhand val. “Keep the change,” sê hy en neem die koerant by hom. Vinnie Adonis staar na die foto terwyl hy aanstap.

      Dis die Amerikaanse vrou, dink hy. Missus Lewis. Missus Alicia Lewis. Not an oil panting, ma’ kwaai nice. Jy kry jou Yanks wat te hard traai om nice te wees met die natives, jy kry jou Yanks wat condescend, en dan kry jou Yanks wat net normal is met almal. Sy was een van daai. Sy’t ’n paar goed kom vra, Sondag. Hy dink sy’t Sondag aangekom.

      Hy dink die bleekblou vrou op Die Burger se voorblad is Missus Alicia Lewis.

      Of ís dit?

      * * *

      Vinnie Adonis wys die koerant vir sy dagskof concierge-kollega. “Lyk dit nie vir jou na missus Alicia Lewis in two-oh-two nie?”

      “Nogal …”

      “Wanneer laas het jy haar gesien?”

      “Now that you mention it …”

      Maar hulle is nie seker nie. Hulle neem die koerant na die assistentbestuurder, wat luister, nadink en hulle weer na die bestuurder begelei. Die bestuurder laat die hoof van hotelsekuriteit kom, hulle haal mevrou Alicia Lewis se paspoort-fotostaat uit die lêer, en al vyf personeellede vergelyk die bleekblou gesig van die Gebleikte Lyk op Die Burger se voorblad met die paspoortfoto. Twee van hulle sien min ooreenkoms, twee vermoed dit kan dalk dieselfde persoon wees.

      Vinnie is seker.

      Die hotel se sekuriteitsbestuurder sê hy gaan videomateriaal van die hotel se CCTV-kameras kry, want paspoortfoto’s is misleidend. Die bestuurder sê hy gaan solank aan kamer twee-nul-twee se deur klop.

      Eers teen nege-uur val die tweede domino, wanneer die dagbestuurder van die Cape Grace-hotel die nommer heel onderaan die berig in Die Burger skakel, en vir sersant Tando Duba sê hulle het rede om te vermoed die Gebleikte Lyk is mevrou Alicia Lewis, ’n Amerikaanse burger wat klaarblyklik in Londen woon, want die adres wat hulle in hul rekords het, is Carolstraat 10 in Camden Town, Londen.

      “And why do you think that?” vra sersant Duba.

      “Because we’ve checked the CCTV footage, which by the way is hi-def 720p HD, and the similarities between the photo in the newspaper and the woman on video are remarkable. Also, according to the video footage, the last time she left the hotel was on Monday morning at 09:13. Also, according to our cleaning team her room hasn’t been disturbed since Monday.”

      “Shit,” sê sersant Duba sag.

      Die derde domino val toe die SAPD-stasiebevelvoerder in Somerset-Wes die speurhoof – die generaal! – in die Wes-Kaap bel om hom in te lig dat die Gebleikte Lyk bes moontlik ’n buitelandse toeris is; boonop ’n dubbeldoor Amerikaner-wat-in-Engeland-bly-buitelandse-toeris.

      Die generaal is al lank in die linies. Hy het deur die range gekom en sy vermoë om die toekoms te sien is deur diepe ervaring geslyp; en wat hy hier sien, is moeilikheid. Hy sê vir die stasiebevelvoerder van Somerset-Wes hy is opreg jammer vir sersant Duba, maar vir almal se onthalwe, ook die jong speurder s’n, gaan dit beter wees om dié sak patats vir die Valke aan te gee.

      Die stasiebevelvoerder gee ’n gedempte sug van verligting. Want dié bus is nou ’n internasionale een, en dan klim jy en jou mense liewer af. Want daar is net een bestemming vir ’n groot, vet bus met ’n buitelandse toeris as die moordslagoffer.

      Dié bus gaan sirkus toe.

      Конец СКАЧАТЬ