Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal. Fanie Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal - Fanie Viljoen страница 2

Название: Piekfyn Afrikaans Graad 6 Leesboek vir Huistaal

Автор: Fanie Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781776071784

isbn:

СКАЧАТЬ die vorige aand, maak Bongile vir hom en die vreemdeling pap. Hy skep die eerste bakkie vol, en die tweede een weer net half. Toe hy dit uithou na die vreemdeling, bewe sy hande effens. Die man se vingers vou gretig om die vol bak. Bongile se lyf ruk. Nee! Hy kan dit nie glo nie.

      Bongile se kop is deurmekaar. Is die ou vrou verkeerd? Die man lyk nie soos ’n skurk nie. Kan hy hom nie maar vertrou nie?

      Maar daardie aand besef Bongile dat daar waarheid steek in die toets. Die donker het skaars oor die veld gevou toe die vreemdeling opstaan van die vuur en dreigend naderkom. Die vlamme speel oor sy gesig. Sy vriendelike glimlag lyk nou boosaardig. In sy vuis sien Bongile die skerp klip …

      Soos weerlig wat uit die wolke blits, is Bongile op sy voete. Hy gryp sy donkie en voor die vreemdeling kan keer, verdwyn Bongile en sy kosbaarste besitting in die nag.

      Die volgende dag is Bongile skoon uitgeput. Hy het nog nie ’n oog toegemaak in twee dae nie. Hy is moeg. Sy voete is seer. Hy verlang terug huis toe. Hoekom het hy ooit hierdie reis aangepak? Hy wou geld maak en terugstuur huis toe, maar dit lyk vir hom of die hele wêreld net daarop uit is om hom van sy aardse goed te beroof.

      Toe Bongile teen die derde middag ’n derde vreemdeling op sy pad teëkom, wil hy sommer ’n wye draai loop. Hy het nou al sy les geleer. Jy kan niemand vertrou nie.

      Maar die vreemdeling roep al van ver af na hom: “Sawubona! Unjani?”

      “Dit gaan goed,” antwoord Bongile, al weet hy dis nie waar nie.

      “Waarheen is jy op pad?” vra die vreemdeling.

      “Ek gaan werk soek. Ek moet geld terugvat huis toe,” sê Bongile.

      “Kan ek saam met jou stap? Dis goed om geselskap te hê as die pad so ver is,” sê die vreemdeling.

      Bongile is versigtig. Die vorige man was net so vriendelik, maar dit was net ’n front. Daar is net een manier om uit vind of hierdie derde vreemdeling ’n vriend of vyand is.

      “Ek is honger,” sê Bongile vinnig. “Kom ek maak eers vir ons pap, dan kan ons verder loop.”

      Toe die vuur se kole sagter begin gloei en die pap gereed is, skep Bongile dit soos die vorige twee kere uit in die kleibakkies.

      In hom brand die vrees toe hy die vol en halwe bakkies uithou na die man. Maar dit verander gou in ongelooflike blydskap toe die man die halwe bakkie pap uit sy hande lig.

      Ek kan hom vertrou! juig dit binne Bongile. Daardie aand slaap hy vir die eerste keer rustig. Toe hy die volgende môre wakker skrik, het die son al oor die rand van die berg in die verte geskuif. Bongile haal diep asem, vee oor sy oë en toe skrik hy.

      Sy donkie is weg. Die vreemdeling ook!

      Nee! skree dit binne Bongile. Die donkie is al wat hy besit het. Hy het niks anders nie. Hoe kon hy so dom wees om die man te vertrou? Hy moes geweet het daardie vrou met haar sakkie meel praat net bog. Nou is sy kosbare donkie gesteel.

      Wat gaan hy nou doen?

      Kan hy hulle nog inhaal? Bongile se oë vee oor die grond. Hy sien die donkie se spore. Die vreemdeling s’n ook. Haastig volg Bongile die spoor tussen die gras en klippe deur. Hy loop nie ver voordat hy sy donkie weer sien nie. Sy wei rustig tussen groen gras naby ’n reënhelder stroom.

      “A-a, kyk net wie het uiteindelik opgestaan!” roep die vreemdeling toe hy vir Bongile sien. “Ek het jou donkie hiernatoe gebring omdat die gras hier baie geiler groei. Ek hoop nie jy gee om nie.”

      ’n Glimlag sprei oor Bongile se gesig toe hy besef dat die man toe werklikwaar ’n vriend is – een wat ’n mens nie met geld sal kan koop nie.

      Beantwoord die volgende vrae in julle groepe:

      1.Die tyd en plek waar ’n verhaal afspeel is belangrik. Van watter seisoen is hier sprake? Waarom is dit funksioneel dat dit juis hierdie seisoen is?

      2.Wat lei julle af oor die ou vrou uit haar kleredrag ?

      3.Noem drie dinge wat die eerste man by sy ontmoeting met Bongile verdag maak.

      4.Daar word gereeld herhaal dat die pad gevaarlik is en dat Bongile die vrou se waarskuwing onthou. Wat word daardeur bereik?

      5.Waarom kan Bongile nie verstaan dat die tweede man ook die vol bakkie pap vat nie?

      6.Die getal drie is gewoonlik simbolies ’n teken van iets goeds. Hoe is dit van toepassing op hierdie verhaal?

      7.Waarom dink julle is die einde ironies?

      8.Verduidelik watter voorbeelde van innerlike en uiterlike konflik kom daar in die verhaal voorkom.

      ’n Volksverhaal

      Maak voorspellings

      Voordat ons die verhaal lees, moet julle jul mening oor ’n paar sake gee. Bespreek dit in groepe.

      •In die onderstaande tabel is daar vyf stellings gelys. Besluit of julle daarmee saamstem of nie en omkring jul keuse in die linkerkantste kolom.

      •Nadat die stellings in die klas bespreek is, gaan julle die verhaal lees.

      •Wanneer julle die verhaal klaar gelees het, moet julle teruggaan na die tabel en besluit of julle, met die nuwe inligting wat jul het, nog saamstem met jul keuse by elke stelling. Merk jul nuwe keuse in die regterkantste kolom.

Voordat jy begin leesStellingNadat jy gelees het
Stem saam/Stem nie saam nieDie keiser is altyd die slimste.Stem saam/Stem nie saam nie
Stem saam/Stem nie saam nie’n Grapmaker kan ook ’n goeie keiser wees.Stem saam/Stem nie saam nie
Stem saam/Stem nie saam nieNet slim mense kan raaisels ontsyfer.Stem saam/Stem nie saam nie
Stem saam/Stem nie saam nieNet selfversekerde mense behaal sukses in die lewe.Stem saam/Stem nie saam nie
Stem saam/Stem nie saam nie’n Mens leer baie deur na ander mense te luister.Stem saam/Stem nie saam nie

      Vluglees in groepe

      Vluglees die verhaal in groepe sodat julle ’n idee kry waaroor dit handel.

      •Lees die eerste paragraaf. Waaroor is almal opgewonde?

      •Wie is die hoofkarakter in hierdie verhaal?

      •Waar speel die verhaal af?

      •Wat moes die hoofkarakter doen?

      •Watter beloning sou die persoon kry as al drie vrae korrek beantwoord word?

      •Lees nou die laaste paragraaf. Waarom het die mense begin huil nadat hulle hande geklap het?

      Nou het ons ’n goeie idee waaroor hierdie volksverhaal gaan. Kom ons lees die verhaal aandagtig saam deur …

      Die uil

      in die toring

      Daar is ’n nuwe storie in omloop wat СКАЧАТЬ