Koors. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Koors - Deon Meyer страница 12

Название: Koors

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798173865

isbn:

СКАЧАТЬ Hy dra plakkies en ’n kortbroek en ’n kakiehemp. Hy waai vir ons, en kom aangestap terwyl hy ’n sigaret aansteek.

      Jy kan sommer sien hy’s nie gevaarlik nie.

      Pa sit die lorrie se enjin af.

      “Dagsê, mense!” roep die man.

      * * *

      Ek en Pa klim uit. Melinda Swanevelder bly sit bo in die vragmotor-kajuit.

      “Watse vliegtuig is dit, oom?” vra ek terwyl ek by ’n venster inloer. Dit is vol bokse, grotes en kleintjies. Sigarette. “Is dit alles sigarette, oom? Wat maak oom met al die sigarette?”

      Pa lag, hy skud die man se hand en sê: “Stadig, Nico. Verskoon my seun, jy is net omtrent die eerste ou met wie ons in weke praat. Hy is Nico, ek is Willem. Willem Storm.”

      Die man sê sy naam is Hennie Laas, hulle noem hom Hennie Flaai, hy is van Heidelberg in Gauteng. Dis ’n Cessna 172, hy het voor Die Koors sy vlieglisensie laat verval, maar wat, daar’s mos nou niemand wat dié dinge administreer nie, hy vlieg nou kruis en dwars, al die klein en medium plekkies, die groot plekke is gevaarlik, dink hy. Jy kan nie uit die lug uit sien of die mense woes is nie. Met die kleiner dorpe, as daar mense is, kom hulle uitgehardloop as hulle die vliegtuig hoor, jy kan sommer sien dis veilig. Hy wat Hennie Flaai is, maak “siegrets” en pyptabak bymekaar, want dit gaan valuta word, tot iemand weer begin twak kweek in Zim en daar weer handelsroetes gevestig is, dis amper soos die Middeleeue. Is Pa ’n roker? Het ons iets om te ruil? Hy sal ’n paar cartons siegrets verhandel vir ’n lekker steak, hy’t lanklaas ’n lekker vleisie gehad, blêddie blikkieskos …

      Pa sê nee, ons het nie steaks nie, ons is op ’n werwingstog, ons begin ’n nuwe nedersetting. “Nico, kry vir ons een van die pamflette. Ons begin ’n plek, ’n toevlugsoord by die ou Vanderkloof, ons gaan goeie mense nodig hê, vlieëniers ook.”

      Pa en oom Hennie, al twee uitgehonger vir volwasse geselskap, staan in die middel van die breë N1 anderkant Trompsburg, by ’n groot Volvo-vragmotor en ’n Cessna 172, en hulle kan nie ophou met praat nie.

      Ek bring die pamflet. Hy gee dit vir oom Hennie aan asof hy trots is daarop. Oom Hennie lees hardop: “A New Beginning for Good People,” met ’n swaar Afrikaanse aksent.

      “Ja, dis in Engels,” sê Pa. “Ons wil almal bereik.”

      “We are starting a sanctuary, a community that will have Justice, Wisdom, Moderation, and Courage …”

      “Dis Plato,” sê Pa. “Uit Die Republiek.”

      “Ek sien,” sê oom Hennie met ’n stemtoon wat wys hy weet nie waarvan Pa praat nie, en hy skiet sy sigaretstompie oor die pad. Hy lees voort: “… in a very safe place with more than enough water, shelter, and soon, food and electricity …” Hy kyk agterdogtig op na Pa. “Elektrisiteit?”

      Pa verduidelik van die hidrokrag. “Ons kort nog net iemand om dit na die dorp toe aan te lê. As jy ’n ingenieur iewers raakloop …”

      Oom Hennie knik, en lees verder: “If you want to be a part of this orderly, open, democratic and free new society, come to Vanderkloof (on the R48 between Colesberg and Kimberley). GPS coordinates are -29.99952512 Latitude and 24.72381949 Longitude.”

      Hy kyk op na Pa. “Dis maar ’n risiko ook. Hoe weet jy daar kom nie ’n klomp skarminkels aan nie?”

      “Wat is ’n skarminkel, Pa?”

      “Lieplapper,” sê oom Hennie. En as hy sien ek verstaan nog steeds nie: “’n Maaifoedie, ’n skurk. ’n Gemors.”

      “Ons sal moet risiko’s loop as ons iets wil herbou,” sê Pa. “As die meerderheid goeie mense is, behoort dit nie ’n probleem te wees nie.”

      Oom Hennie lees die laaste reëls van die pamflet: “Send these, the homeless, tempest-tost to me, I lift my lamp beside the golden door!”

      “Dis Emma Lazarus,” sê Pa.

      “Is dit sy daai?” vra oom Hennie en wys na tannie Melinda Swanevelder bo in die Volvo.

      Pa sê nee, Emma Lazarus was ’n Amerikaanse digter, sy het die gedig geskryf wat op die Vryheidstandbeeld aangebring is. Die vrou in die kajuit is Melinda Swanevelder, wat ons in Vanderkloof gekry het.

      Oom Hennie hoor skaars. Hy staan en staar na tannie Melinda. “Mooi vrou,” sê hy en lig sy hand om haar te groet. “Sjoe, baie mooi vrou.”

      Sy groet terug, met ’n klein beweging van ’n huiwerige hand.

      “Waarheen is jy op pad?” vra Pa.

      “Wel, dit klink my ek moet maar Vanderkloof toe,” en oom Hennie kyk teësinnig weer na Pa.

      “Jy’s nie lus om ’n draai te vlieg soontoe nie? Ons gaan seker nog ’n week of twee op die pad wees.”

      “Ek kan …”

      “Jy sê as jy oor die dorpe vlieg, kom die mense uit?”

      “As daar mense is. Die meeste van die dorpe is heeltemal godverlate.”

      “Ja, ek skat die bevolkingsdigtheid is nou minder as een-en-’n-half per vierkante kilometer … Jy sien nie dalk kans om van ons pamflette uit te gooi waar daar mense is nie?”

      16

      Die Koors

      Só het ek dit uit wat ek ervaar het, uit Pa se vertellinge, uit Nero Dlamini se nugtere oordeel, en uit elkeen van die oorlewendes se stories wat Pa opgeneem of neergeskryf het as deel van die Amanzi-geskiedenisprojek:

      Die Koors was ’n virus-tsoenami. Té vinnig, té dodelik.

      Ondanks die protokolle en stelsels en entstof, ondanks die frenetiese geskarrel van viroloë en epidemioloë, sentrums vir siektebeheer, en regerings en militêre ingryping – en soms danksy sekere van dié pogings – het Die Koors vyf-en-negentig persent van die wêreldbevolking uitgewis. Binne net ’n paar maande.

      Vyf persent van die wêreldbevolking, min of meer, het die genetiese gelukskoot van natuurlike weerstand teen die virus gehad. Maar nie ’n volle vyf persent het die afloop van Die Koors oorleef nie. Die katastrofe het stelsels in duie laat stort, wat ander ellendes losgelaat het: nywerheidsontploffings, brande, chemiese besoedeling, radioaktiewe bestraling, hepatitis en cholera. En die menslike element. In Domingo se woorde: “Where the corona-virus stopped, da’ het Darwin begin.” Gierigheid en vrees, misdadigheid en misverstand, onkunde en stommiteit. Chaos. Sommige van die oorlewendes was net te klein om alleen die mas op te kom, vyf jaar en jonger. Ander was oorweldig deur die stres en trauma van verskriklike verlies en die post-Koors-wandade. Duisende het hul eie lewe geneem. Veral in die groot stede.

      Daar tussen die Cessna en die Volvo vra Hennie Flaai vir my pa: “Nou hoe weet jy daar is nou minder as een-en-’n-half mense per vierkante kilometer?”

      Pa verduidelik. In wat Suid-Afrika was, sê hy, het daar omtrent drie-en-vyftig-miljoen mense voor Die Koors geleef.

      Vyf-en-negentig persent, of vyftigmiljoen, is deur die virus en sy nasate uitgewis. СКАЧАТЬ