Ridders van die grondpad. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Ridders van die grondpad - Deon Meyer страница 8

Название: Ridders van die grondpad

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Сделай Сам

Серия:

isbn: 9780624056843

isbn:

СКАЧАТЬ

       Afstand

      Vandat jy afdraai van die N1 tot in Laingsburg is net mooi 70 km.

       Tydsduur

      ’n Raps langer as 90 minute.

      ’n Slingerpad na Oudtshoorn

      Dit is maar 20 km oor die ou Montagupas van George af tot by die N9, maar dié roete bied bes moontlik die meeste mooi per vierkante meter in die land.

      Net voor die internasionale mediabekendstelling van BMW se R 1200 GS in 2004 moes ek die Duitse produksiespan gaan help om al die motorfietse in te loop. Ek het dié pas daagliks vir twee weke lank gery en nooit moeg geword daarvan nie.

      Die pas is vernoem na John Montagu, die koloniale sekretaris aan die Kaap in die 1840’s, en is deur gevangenes gebou. Toe dit in 1847 voltooi is, het dit beteken dat ’n trek van drie dae oor die Cradock-pas nou net een dag geneem het. Vandag kan jy dit in ’n halfuur op jou ysterperd ry as jy baie haastig en waaghalsig is.

      Terloops, die padingenieur vir die Montagu-pas was die Australiër Henry Fancourt White, wie se naam vandag nog voortleef in die beroemde Fancourt-gholflandgoed by George – én in Blanco, die klein dorpie net buite George. Hou ook stil by die ou tolhuis waar reisigers meer as ’n eeu gelede twee pennies per wiel en ’n pennie per trekdier moes opdok.

      Van George se middedorp neem jy die N9 na Oudtshoorn. Net 3,5 km verder dui ’n padbord aan waar jy regs op die grondpad moet draai. Aanvanklik is die pad breed en in ’n goeie toestand, maar wanneer jy die flank van die berg behoorlik tref, is dit baie nou met heelwat blinde draaie en erosiewalle. Ry dus versigtig – dan kan jy die verstommende uitsigte ook waardeer.

      Wanneer jy weer by die N9 aansluit, kan jy gerus regs draai en net 170 m verder die Perdepoort-grondpad links na Oudtshoorn vat. Dit is ’n maklike, vinnige roete wat ’n ander soort mooi ten toon stel.

       Roetegradering

      2

       Beginpunt

      George

       Afstand

      Van George tot jy weer by die N9 aansluit, is 20,5 km. As jy via Perdepoort Oudtshoorn toe ry, voeg ’n ekstra 43,1 km by vir ’n totaal van 63,6 km.

       Tydsduur

      90 minute vir die Montagupas (dan is daar genoeg tyd vir foto’s neem) en twee en ’n half uur tot op Oudtshoorn via Perdepoort.

      Volg die Kammanassie – Oudtshoorn na Uniondale

      Ek het altyd gedink ek ken die Klein Karoo. Dit is immers die gewildste speelplek van die Wes-Kaapse grondpad-manne en -vroue en boonop het ek dit sowat sewe jaar gelede deurkruis op soek na roetes vir ’n groot BMW-byeenkoms.

      Toe ek ons mooi land verlede jaar vir twee Duitse vriende wou gaan wys, moes ek skielik ’n grondpad tussen Oudtshoorn en Uniondale kry. Só ontdek ek toe die GPS-roete wat vol belofte vanaf Dysselsdorp deur die berge tot by die Kammanassierivier kronkel. Danksy Anton Goosen se “Blommetjie gedenk aan my” wou ek nog altyd dié stroompie en die legendariese spookmeisie gaan soek.

      Die werklikheid was veel mooier en lekkerder as wat ek verwag het. Die roete loop deur die geskiedkundige Dysseldorp aan die voet van die Kammanassieberge. Hou gerus stil en stap met die voetpad na die klein kerkie op die heuwel – honderde mense doen dit jaarliks as deel van ’n Goeie Vrydag-pelgrimstog.)

      Bestudeer die GPS-kaart maar deeglik, want daar is heelwat paaie wat uit Dysseldorp loop en hulle is nie goed genommer of aangedui nie. As jy eers op pad is, moet jy lig loop vir skelm, skerp draaie. Wanneer ’n mens later die Kammanassierivier se loop volg, is die versoeking groot om in die mooi valleie af te tuur. Hou liefs stil, want daar is heelwat landbouverkeer.

      Terloops, ons het toe nie die spookmeisie gesien nie. Dalk gaan ons volgende keer in die maanlig die roete ry …

       Roetegradering

      1

       Beginpunt

      Oudtshoorn

       Afstand

      106 km tot in Uniondale.

       Tydsduur

      Twee uur se rustige ry.

      Willeboer in die Knysnabos

      Daar’s ’n hele rits mooi Afrikaanse uitdrukkings wat op my van toepassing was die laaste keer toe ek in die Knysnabos neergeslaan het. Daar is Langenhoven se waarskuwing oor niet wat iet word, my ma se vermaning om my voete op die aarde te hou en die harde ou waarheid van hulle wat nie wil hoor nie …

      Maar die een wat die ding die heel beste vasvat, is “hoogmoed kom tot ’n val”. Letterlik en figuurlik.

      Dit het alles so onskuldig begin: Ons moes ’n klomp Amerikaanse joernaliste op die nuwe BMW R 1200 GS Adventure deur die Baviaanskloof neem sodat hulle dié ysterperd behoorlik kon toets vir hul motorfietstydskrifte. Sommer die eerste aand al het ek my eie graf begin grawe. Maar nie met opset nie.

      Gedurende aandete by die Kaapse Waterfront begin die Yanks uitvra oor hoe dit is om in Afrika motorfiets te ry. Sien ’n mens wild? Is dit gevaarlik? Toe vertel ek, ewe onskuldig, vir hulle die storie van die olifant in Zimbabwe wat ons net-net misgery het. Want dis ’n lekker verhaal СКАЧАТЬ