Proteus. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Proteus - Deon Meyer страница 10

Название: Proteus

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798157476

isbn:

СКАЧАТЬ wat hy sê,” sê Een sag.

      Onsekerheid by Twee, oë wat dartel, na hulle, na die ander wagtendes in die vertreksaal. Hy weeg moontlikhede op, kom tot ’n besluit. “Nee,” sê hy en haal sy eie pistool uit, hou dit onder die baadjie.

      “Doen wat hy sê.” Een wat dringend fluister, met gesag.

      “Fok, Willie.”

      Tobela hou sy stem redelik, rustig. “Ek soek net my sak. Ek is nie slim met rewolwers nie. Hier is baie mense. Iemand kan seerkry.”

      Besluiteloosheid terwyl hulle só staan, Tobela en Willie teen mekaar, intiem, Twee ’n meter weg.

      “Jissis, Alfred, doen wat die fokker sê. Waarheen kan hy gaan?”

      Eindelik: “Jy gaan aan die baas verduidelik.” Dan neem hy die sak stadig uit Willie se hand, rits dit oop, plaas die pistool onopsigtelik in die sak, rits dit toe, sit dit versigtig op die vloer neer asof die inhoud breekbaar is.

      “Nou sit julle, daar.”

      Die twee agente beweeg stadig, gaan sit.

      Tobela neem die sak, pistool in sy broeksak, hand steeds daarop. Hy stap, begin dan draf na die passasiersuitgang, kyk om. Een en Twee, Willie en Alfred, een wit, een bruin, staar met onleesbare uitdrukkings na hom.

      “Meneer, jy kan nie …” sê die vrou by die uitgang en dan is hy verby haar, buite, oor die aanloopbaan, sekuriteitsman wat iets skree, beduie, maar dan hardloop hy om uit die ligkring van die gebou te kom, die donkerte in.

      * * * * *

      “Ek het hom!” bulder die vet Indiër en Janina stap oor na sy rekenaarskerm.

      “Tobela Mpayipheli, gebore 10 Oktober 1962 in Alice in die Oos-Kaap, vader is Lawrence Mpayipheli, moeder is Catherine Zongu, sy ID-nommer is 621010 5122 004. Geregistreerde woonadres is 17de laan 45, Mitchells Plain.” Rajkumar leun triomfantelik terug in sy stoel en neem nog ’n toebroodjie uit die skinkbord.

      Mentz staan agter hom en kyk na die gegewens op die skerm.

      “Ons het geweet hy is gebore, Rahjev. Ons soek meer as dit.”

      “Ek moes iewers begin,” sê hy, gekrenk deur haar gebrek aan lof.

      “Ek hoop nie sy verjaardag is ’n voorbode nie.”

      Rajhkumar kyk na die skerm, dan na haar. “I don’t get it.”

      “Heldedag, Raj. In die ou dae was 10 Oktober Heldedag. Daardie adres is oud. Hy woon nie meer daar nie. Vind uit wie daar gebly het. Hy’s veertig jaar oud. Te oud om Monica se portuur te wees, oud genoeg om iets met Johnny Kleintjes te doene te gehad het …”

      “Mevrou,” roep Quinn, maar sy laat haar nie in die rede val nie.

      “… Ek wil weet wat sy verbintenis met Johnny Kleintjes is, Rahjev. Ek wil weet of hy gedien het en wat hy gedoen het. Ek wil weet waarom Monica Kleintjes na hom toe is met haar probleempie.”

      “Mevrou,” roep Quinn met groot dringendheid. Sy kyk na hom. “Ons het ’n voortvlugtige.”

      * * * * *

      Hy kies die donkerste deel van die lughaweterrein en hou aan met hardloop. Sy ore wag vir sirenes en uitroepe en skote. Hy is kwaad – vir Monica, Johnny Kleintjes, homself. Hoe weet die owerhede skielik van Johnny Kleintjes se transaksietjie?

      Hulle het sy naam geken daar binne en met ’n vinger op die blou sak getik. Hulle weet wat daarin is, die twee grys pakke. Hulle het hom al dopgehou toe hy die lughawegebou binnegestap het, hulle weet van hom. Seker vir Monica agtervolg na hom toe, hulle weet dus van haar, van Johnny Kleintjes, fokken Johnny Kleintjes, hulle weet van alles. Hy hardloop, kyk om, maar daar is niemand wat agterna hardloop nie. Geen geweld meer nie, het hy aan homself gesweer. Hy het twee jaar daarvolgens geleef. Niemand geskiet of geslaan of eers gedreig nie. Hy het vir Miriam belowe daardie lewe is verby en binne dertig sekondes nadat die twee grys pakke by hom kom staan het, was dit bitter amper of al die beloftes was in die fokken water. Hy weet hoe hierdie goed werk – dit raak net erger. As die siklus eers begin, kan jy dit nie stop nie. Wat hy nou moet doen, is die sak vir die vrou gaan teruggee en sê Johnny Kleintjes kan sy eie gemors regmaak. Stop die siklus voor dit verder gaan – stop dit nóú.

      Hy kom by die draadheining en staan stil. Anderkant lê Borchards Quarry-weg. Hy haal swaar asem, sy lyf nie gewoond aan die inspanning nie. Sweet drup teen sy wang af. Hy kyk weer om. Die gebou is nou te ver om mense te onderskei, maar dit is stil: Niks is in rep en roer nie. Wat beteken dit is nie ’n Polisie- en Doeane-optrede nie. Anders sou die plek nou gekrioel het.

      Wat beteken …

      Spoke.

      Dit maak sin, as jy in ag neem wat op die hardeskyf is.

      Fok hulle. Hy’s nie bang vir Spoke nie. Hy spring teen die draad op.

      * * * * *

      “Sit hulle op die luidspreker,” sê Janina Mentz en Quinn druk ’n knoppie.

      “… hy was net gelukkig, Beheer, dis al.”

      “Julle is op luidspreker, Willie.”

      “O.”

      “Ek wil weet wat gebeur het,” sê sy.

      “Hy het weggekom, mevrou, maar …”

      “Ek weet hy het weggekom. Wat het gebeur?”

      “Alles was onder beheer, mevrou,” sê die stem met groot ontsag, in die amptelike spreekwyse van rapportering. “Ons het gewag tot hy gaan sit het in die vertreksaal. Ons het onsself geïdentifiseer en die teiken gevra om ons te vergesel. Beheer het gesê hou dit lae profiel, rustig, hy’s net ’n motorfietsmeganikus. Hy’t daar gesit met die sakkie op sy skoot soos iemand van die plaas af, so half verlate en verleë. Hy het gesê hy wil nie moeilikheid hê nie. Hy was duidelik bang. Dit was my skuld, mevrou. Ek wou die sak neem en hy het my vuurwapen bekom …”

      “Bekom?”

      “Ja, mevrou, hy het dit gegryp. Ek … sy optrede was … ek het dit hoegenaamd nie verwag nie.”

      “En toe?”

      “Toe het hy die sak geneem, met Alfred se vuurwapen daarin, en op die vlug geslaan.”

      Stilte.

      “Hy het dus nou twee vuurwapens?”

      “Ek dink nie hy weet wat om daarmee te doen nie, mevrou. Hy het my pistool ’n rewolwer genoem.”

      “Dis ’n verligting.”

      Willie reageer nie.

      Quinn sug moedeloos en sê gedemp: “Ek het gedink hulle sal dit kan hanteer.”

      “Hy was net gelukkig, mevrou. Te oordeel na sy reaksie, gaan ons hom maklik vastrek,” sê Willie oor die eter.

      Sy СКАЧАТЬ