Orion. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Orion - Deon Meyer страница 23

Название: Orion

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798157438

isbn:

СКАЧАТЬ selfvoldaanheid onthou, het ek later jare dikwels daarna gesmag om “fok jou” te kon sê.

      Ek het die boeke uitgehaal. My knieë was lam.

      “Kry vir meneer Minnaar,” het sy vir die meisie by die kasregister gesê. En vir my: “Vandag sal jy ’n les geleer word.”

      Die vrees en die vernedering was groot – en geduldig om wasdom te bereik. Die implikasies van my daad het hulself nie as ’n groep kom voorstel nie, maar as ’n lang ry van individuele, onwelkome, doelgerigte boodskappers. Lank voor meneer Minnaar, die man met die bleskop en die bril, iewers vanuit sy hokkie verskyn het, het ek hulle elkeen geken.

      Ek het gehoor dat sy hom vertel hoe sy my bo gesien het, hoe sy gewag het dat ek by die deur uitgaan.

      “Tsk, tsk, tsk,” het hy gesê en my met groot weersin aangekyk. En toe sy klaar was: “Bel die Polisie.”

      Terwyl sy besig was, het hy weer snedig na my gekyk. “Julle sal ons rot en kaal steel.”

      Julle. Met een sin was ek deel van ’n groep. Asof ek dit al voorheen gedoen het. Asof ek gereeld met ander misdadigers heul.

      Ek dink ek was te bang om te huil. Toe die jong konstabel in die blou uniform inkom en ons in Minnaar se hokkie gaan sit en hy hulle verklaring afneem. Toe hy my aan die arm na die geel vangwa weglei. Toe hy my by die Polisiekantoor in die onderdorp, langs die Indiese winkelsentrum, weer uithaal en na die aanklagkantoor lei. Te bloedstollend bang.

      Hy het my op ’n stoel laat sit en vir die sersant agter die toonbank gesê om ’n oog te hou. En minute later met ’n speurder teruggekom.

      Hy was ’n groot man. Groot hande en dik wenkbroue en ’n neus wat al moeilikheid gesien het.

      “Wat is jou naam?” het die groot man gevra.

      “Zatopek, oom.”

      “Kom saam met my, Zatopek.”

      Ek het hom gevolg tot in sy kantoor, ’n vaal vertrek gevul met staatsdiensmeubels, waar stapels lêers en memorandums in netjiese hopies gerangskik was.

      “Sit,” het hy gesê.

      Hy het op die lessenaar se punt gaan sit, met die verklarings van die konstabel in sy hand.

      “Hoe oud is jy?”

      “Sestien, oom.”

      “Waar bly jy?”

      “Stilfontein, oom.”

      “Standerd nege?”

      “Ja, oom.” “Stilfontein Hoër?”

      “Ja, oom.”

      “Jy het boeke gesteel.”

      “Ja, oom.”

      “Louis L’Amours.”

      “Ja, oom.”

      “Hoeveel keer het jy al boeke gesteel?”

      “Dit was die eerste keer, oom.”

      “Wat het jy al voorheen gesteel?”

      “Niks nie, oom.”

      “Niks?”

      “Ek … een keer, oom, ek het Gunther Krause se liniaal gesteel in die klas, oom, maar dit was meer ’n poets, oom, ’n grap. Ek sal dit vir hom teruggee, oom.”

      “Hoekom het jy die boeke gesteel?”

      “Dit was verkeerd, oom.”

      “Ek weet dit was verkeerd. Ek wil weet hoekom.”

      “Ek … oom, ek wou hulle so graag gehad het.” “Hoekom?”

      “Want ek hou so van hulle, oom.”

      “Het jy Flint gelees?”

      “Ja, oom.” Ietwat verbaas.

      “Kilkenny?”

      “Ja, oom.”

      “Lando?”

      “Ja, oom.”

      “Catlow?”

      “Nog nie, oom.”

      “Cherokee Trail?”

      “Nee, oom.”

      “The Empty Land?”

      “Ja, oom.”

      Hy het gesug en opgestaan en omgestap, agter sy groot lessenaar gaan sit.

      “Het enige van die goeie ouens in enige L’Amour gesteel, Zatopek?”

      “Nee, oom.”

      “Wat dink jy sal jou pa doen, hoe sal hy voel as ek nou moet bel en sê sy seun is ’n dief?”

      Hoop, ’n sprankie, ’n vonkie. “As ek” … nie “wanneer ek hom bel” nie. “My pa is dood, oom.”

      “En jou ma?”

      “My ma sal baie hartseer wees, oom.”

      “Ek vermoed jy het ’n gawe vir die eufemisme, Zatopek. Jou ma sal gebroke wees. Het jy broers en susters?”

      “Nee, oom.”

      “Jy is die enigste wat sy het?”

      “Ja, oom.”

      “En nou steel jy.”

      “Dit was verkeerd, oom.”

      “Sê hy nou. Noudat dit te laat is. Waar is jou ma?”

      Ek vertel hom van die fliekplanne en dat my ma ons sou kom haal het, vyfuur, ná die fliek.

      Hy kyk vir my. Lank, en in stilte. Dan staan hy op. “Jy wag hier, Zatopek. Verstaan jy?”

      “Ja, oom.”

      Hy het uitgestap en die deur toegemaak. Ek was alleen, met my vrees en my vernedering en my grashalm van hoop.

      Hy het ná ’n leeftyd teruggekom en weer op die lessenaar se punt gaan sit.

      “Hier is ’n leë sel hier onder, Zatopek. Ek gaan jou nou daarin opsluit. Dit is ’n vuil plek. Dit stink. Daar is mense wat al daarin gekots en gepis en gekak en gebloei en gesweet het. Maar dit is die paradys in vergelyking met wat met diewe gebeur as hulle tronk toe gaan … Ek gaan jou in die sel sit, Zatopek. Sodat jy oor al dié dinge kan nadink. Ek wil hê jy moet probeer om vir jouself ’n prentjie te maak terwyl jy daar sit, van hoe dit sal wees om die res van jou lewe só te leef. Net erger. Tussen ander diewe en moordenaars СКАЧАТЬ