Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal - Henk Viljoen страница 27

Название: Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Автор: Henk Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781775891086

isbn:

СКАЧАТЬ volgende let:

       Maak seker jy ken al jou leesstrategieë en weet hoe om dit toe te pas (vluglees, soeklees, aandagtig lees, krities lees).

       Jy moet die betekenis van onbekende of komplekse woorde en/of frases vanuit die teks kan aflei en verduidelik. (Onthou, jy het nie ’n woordeboek in die eksamenlokaal nie – gebruik woordaanpakvaardighede!)

       Jy moet die skrywer se standpunte en afleidings kan ontleed of interpreteer en bewyse uit die teks gee om jou antwoorde te staaf.

       Herlees altyd die teks sodat jy ’n deeglike begrip van die betekenis en boodskap het.

      Lees die teks wat volg krities deur. Wanneer jy iets krities lees, moet jy ’n juiste oordeel daaroor kan vel. Kritiese lesers interpreteer die betekenis van wat hulle lees teenoor hulle eie agtergrond, ondervinding, inligting en kennis van die saak. As kritiese leser gaan jy redeneer oor en reageer op die feite, menings en idees in die teks. Jy is moontlik ook ’n gereelde koper en eter van hamburgers en daarom het jy die reg om jou mening uit te spreek oor watter hamburger vir jou die lekkerste is en jou redes daarvoor te gee!

      ’n Hamburger is ’n hamburger – of is dit?

      Wees bang, baie bang. Die Weg Kitskos-uitklopkompetisie het pas begin. Op hierdie bladsye ondersoek ons van die land se grootste kitskosemporiums en gee ons ons eerlike mening. En was ons nie verras nie. Soms aangenaam en soms . . . uhm, lees maar self.

      Ons het onsself eers goed honger gemaak en toe gaan kyk hoe lank dit duur om die kos voor te berei. Ons het die kos beloer, beruik, bevoel en geproe.

      Ondanks ’n ligte sooibrand kon ons darem ’n hand op papier sit om ons menings te lug. En die uitslag is . . . .

1McDonald’s – Vinnig en vriendelik
Burgers_b_c.psdVoorkoms van die winkel: Skoon en klinies. Amper soos ’n apteek.Diens: Soos al die meisies wat ek in my jong dae geken het – vriendelik en vinnig.Bestelling: Big Mac en tjipsPrys: R23,40Bereidingstyd: 1 min. en 1 sek.
Jy kry: Twee dunnerige patties wat tussen drie dunnerige rolletjies versprei is. Daar is ook blaarslaai, kaas, agurkies en so ’n soeterige mayonnaise-affêre.
Jy sien: ’n Torinkie brood met grys en groen goeters.
Jy proe: Hier’s die bewys dat ’n paar stukkies brood nie sommer deur die geur van vleis oordonder kan word nie. Tog, alles is in harmonie. Die vleis, brood, slaai en kaas – selfs die skerp agurkie en dik mayonnaise – smelt saam om jou ’n bevredigende eetervaring te gee.
Die Big Mac is ook nét genoeg. Jy word nie oorval deur ’n begeerte om jou geld terug te vra nie. Maar jy is ook nie só vol dat jy lus is om eers iewers agter ’n boom te gaan skuinslê voor jy weer agter die wiel inklim nie.
Tjips: Absoluut die beste. Dun, goudbruin en bros. Gerugte doen die ronde dat kafee-eienaars enigiets sal gee om dié tjipsresep in die hande te kry. Die tjips is nie vetterig of olierig nie.
2Wimpy – Nie net lekker koffie nie
Burgers_d_c.psdVoorkoms van die winkel: Oop, groot en helder.Diens: Energiek, deeglik en bekwaam.Bestelling: Dubbelkaasburger en tjips.Prys: R32,45Bereidingstyd: 4 min. en 45 sek.
Jy kry: ’n Gesonde patty in ’n lywige bun met groen goed, agurkies, tamatie en ’n skyfie lekker, gesmelte, romerige kaas.
Jy sien: ’n Stewige hamburger met lekker vars buns en ’n aptytwekkende stuk vleis wat uitloer. Dit lyk deksels lekker.
Jy proe: Goeie vleis, gewis. Die agurkies is ’n bietjie oordonderend en iewers het iemand se hand met die soutpot geglip. Die rolletjie is vars en absorbeer meeste van die lastige vette sodat die Wimpy-kaasburger seker een van die beste burgers is om te eet terwyl jy bestuur.
Tjips: ’n Bietjie papperig en val uitmekaar uit. Daar is egter geen oortollige olie nie en die belangrikste is dat die tjips soos aartappels proe.
3KFC – Dié kolonel kan
Burgers_A_c.psdVoorkoms van die winkel: Afgerem en moeg, ondanks die rooi en wit kleure en die Kolonel se bebaarde bakkies wat jou van oral af beloer.Diens: Vinnig en flink. As ek in so ’n lelike plek gewerk het, sou ek ook so gou as moontlik wou wegkom.Bestelling: KFC Double Crunch en tjips.Prys: R28,40Bereidingstyd: 1 min. en 9 sek.
Jy kry: Twee stukke ontbeende hoender, omhul deur die Kolonel se spesiale mengsel speserye met twee skywe kaas tussenin en ’n pikante sous, als toegevou in ’n rolletjie.
Jy sien: Die stukke hoender het my laat dink aan skalieklip.
Jy proe: Wanneer jy uiteindelik deur die harde kors gebyt het, proe die hoender teleurstellend vaal. Die kaas is ook nie gesmelt nie, wat keer dat die sagte smaak van gesmelte kaas die verbeeldinglose hoender kan aanvul. Die sous smaak skerp en is die enigste geur op die burger.
Tjips: Bros, nie vetterig nie en heel skaflik.
4Steers – Sappige, regte vleis
Burgers_c_c.psdVoorkoms van die winkel: Skoon, lig en kleurryk.Diens: Vriendelik ongeërg.Bestelling: King Steer met medium tjips.Prys: R34Bereidingstyd: 9 min. en 34 sek.
Jy kry: Twee dik, vleiserige patties met geel kaas en ’n uierige sous tussen vars, wit broodrolletjies.
Jy sien: Twee dik, vleiserige patties met geel kaas en ’n uierige sous tussen vars, wit broodrolletjies.
Jy proe: ’n Régte, egte hamburger. Eers tref die stewige, sappige patty, wat bestaan uit gemaalde beesvleis, jou smaakkliere. Dit proe of dit van ’n regte bees afkomstig is, een met twee oë en vier bene. Die vleis is perfek gebraai – waarskynlik die rede vir die lang wagtyd – en die natuurlike geur word aangevul deur die dikte van die twee patties. Die romerige stuk kaas help om ’n “als-is-reg-in-die-wêreld”-gevoel aan die burger te gee. Die sousie is pikant en geurig – aanvullend, eerder as om die hele storie te probeer oordonder.
Tjips: So puik as wat die burger is, so swak is die tjips. Is dit wettig om tjips in Castrol GTX te braai? En as dié papperige, vaal goed wel van aartappels gemaak is, moet hulle dalk hierdie groente voorlê vir herklassifisering.

      (Verkort uit: Weg)

52866.png

      Leesstrategieë

      Om krities te lees moet ’n leser in staat wees om te . . .

       verstaan wat ’n skrywer sê en hoekom hy dit sê;

       verstaan wat ’n skrywer se houding teenoor sy onderwerp is;

       verstaan wat ’n skrywer se vooroordele jeens en partydigheid vir ’n bepaalde mening of standpunt ten opsigte van die onderwerp is;

       kan oordeel of die teks gebaseer is op feite of menings/bewerings; en

       kan weet wat sy/haar eie vooroordele ten opsigte van die onderwerp is.

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek:

      1. Baseer die skrywer sy redenasies op korrekte feite (navorsing, kenners se uitsprake, statistiek, ensovoorts) of nie? Gee bewyse uit die teks.

      2. Besluit oor grondige redenasie of ongegronde aannames.

      a. Maak die skrywer veralgemenings? Gee voorbeelde.

      b. Gebruik die skrywer emosiebelaaide woorde? Gee voorbeelde.

      c. Is hier sprake van vooroordeel in die artikel? Motiveer jou antwoord met bewyse uit die teks.

      3. Wanneer СКАЧАТЬ