Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal - Henk Viljoen страница 2

Название: Piekfyn Afrikaans Graad 12 Leerderboek Huistaal

Автор: Henk Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781775891086

isbn:

СКАЧАТЬ sal ek optree?Hoe ek geleer het . . .Wat het ek geleer in die proses?Ek kan dit gebruik om . . .Wat ek onthou van wat ek geleer het . . .Vir opsommings/samevattingsEk het die volgende dinge gedoen . . .Ek het die volgende geleer . . .Ek kan dit as volg gebruik . . .Vir leerwerkNeem notas van . . .Die volgende is belangrik:Maak luisteraantekeningeVir response/ reaksiesWat interesseer my van my leerwerk?Kan ek dit wat ek leer in verband bring met eie ervarings?Hoe reageer die onderwyser en/of my maats op die kwessie?Waaraan herinner die teks my?Kan ek identifiseer met die gebeure/karakter/agtergrond?Stem ek saam met hierdie skrywer se standpunt?Skryf oor iemand/iets wat jy onthou, ander tekste, moeilike begrippe/terminologie, ’n verbandhoudende kwessie, ensovoorts.Vra jouself vrae oor die leerwerk, kwessie, teks, ensovoorts, en skryf eie gevoelens/sienings/idees neer.

      Inskrywings op jou blog of in jou joernaal

meisie_studeer_c.psd

      Wanneer jy ’n inskrywing maak, is dit veral tyd vir persoonlike besinning. Jou graad 12-jaar het begin – jy is nou ’n senior! Die skool is al ’n week of twee aan die gang. Voldoen jou eerste ervarings as graad 12-leerder aan al jou verwagtings vir dié besonderse skooljaar? Besin oor hierdie vraag en skryf neer wat jy voel, dinge wat gebeur, jou waarnemings van maats, ander leerders en onderwysers se optrede teenoor jou, al die baie huiswerk, ensovoorts. Skryf op jou blog of in jou joernaal vandag se datum en die opskrif, en dan: Ek is uiteindelik in graad 12 en . . . Jou inskrywings moet 180 tot 200 woorde lank wees.

1.2.jpg

      Lees die volgende tydskrifartikel aandagtig deur. Pas die onderskeie leesstrategieë toe.

      Blogs

Vrou_blog.jpg

      Die braaivleisvure van die 21ste eeu

      1Die basiese behoefte van die mens om stories met ’n waarderende gehoor te deel, is ná duisende jare nog presies dieselfde.

      2’n Blog – ’n verkorting van die term “webblog” – is gewoonlik ’n persoonlike webruimte wat uit ’n versameling individuele inskrywings bestaan. Dit kan oor enige onderwerp handel – van handwerk tot hondemodes. Jou blog kan ’n virtuele seepkis, ’n klaskamer of ’n gesellige kuierplek wees.

      3Statistiek toon 65% van alle blogs word as ’n stokperdjie bedryf, maar soms ontwikkel blogs tot suksesvolle sakeondernemings. Natasha Clark, die dinamiese jong ma agter die gewilde mammie-blog Raising Men, het begin blog om haar herinneringe aan haar seuns se kinderjare te dokumenteer.

      4“Om te blog is soos om dagboek te hou van die groter prentjie,” sê sy. Maar wat aanvanklik ’n persoonlike dagboekprojek was, is nou ’n bron van inspirasie vir duisende jong ma’s. Die gier is ewe groot onder bekendes en Jan Alleman. Soms word onbekende bloggers selfs sterre uit eie reg danksy hulle kreatiewe of aangrypende blogs. Die alledaagse lewenservarings van gewone Suid-Afrikaners maak soms die heel lekkerste leesstof.

Wat_kyk_jy_blog.jpg

      5Dit sit egter nie in elke blogger se broek om van ’n blog ’n wegholsukses te maak nie. Volgens Dan Pinch van die sosialemedia-agentskap Society en een van die beoordelaars van die SA-blogtoekennings vir 2011, berus die sukses van enige blog op ’n kombinasie van kreatiewe inhoud en slim bemarking. (Lees ook die kassie hieronder.)

      6Maggie van Eeden was twee jaar LitNet se blogmeester. Sy beskou leesbaarheid as die belangrikste eienskap van ’n goeie blog. “Hou dit kort en kragtig en kom gou tot die punt.” Sy voeg by dat visuele elemente ’n blog interessanter en aantrekliker kan maak.

      7As jy huiwerig is om met ’n eie blog te begin, kan jy bydraes tot ’n kollektiewe blog lewer. Die aweregse leefstylblog www.watkykjy.co.za, wat in 2011 as wenner aangewys is in die leefstylkategorie van die SA-blogtoekennings, plaas gereeld foto’s, video’s en skrywes deur lesers. Die Versindaba-blog publiseer weer bloginskrywings deur Suid-Afrikaanse digters.

      8Of jy nou ’n uitlaatklep vir jou opgekropte kreatiwiteit soek, of ’n platform om jou stem te laat hoor oor enige onderwerp, ’n blog is een manier om daardie gevoel van samehorigheid en gedeelde menslikheid te ervaar wat ons dikwels in die hedendaagse lewe mis. ’n Ander manier is om natuurlik gewoon ’n braaivleisvuur aan te steek.

      (Uit: Rapport, My Tyd. 18 Maart 2012)

      Wat maak ’n blog suksesvol?

       ’n Duidelike onderwerp.

       ’n Helder en dikwels persoonlike stem.

       Dit vind dikwels ’n nis wat nie elders in die media of op die web gedek word nie.

       Dit het oorspronklike inhoud wat deur die blogger self geskep word.

       Dit het ’n gereelde en konsekwente vloei van nuwe inhoud.

       Dit word ook deur middel van sosiale netwerke soos Facebook en Twitter bemark.

      Leesbegrip

      Beantwoord die volgende leesbegripsvrae in jou werkboek.

      1. Gee in jou eie woorde ’n definisie van die woord “blog”.

      2. Die skrywer omskryf ’n blog as ’n “virtuele seepkis” (par. 2). Waarom, dink jy, vergelyk hy/sy ’n blog daarmee? Waarmee vergelyk Natasha Clark ’n blog?

      3. “Statistiek toon 65% van alle blogs word as ’n stokperdjie bedryf, maar soms ontwikkel blogs tot suksesvolle sakeondernemings.” Is dit ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord.

      4. Wat, volgens die skrywer, kan van ’n onbekende blogger ’n ster maak?

      5. Skryf twee belangrike vereistes neer wat volgens kenners nodig is vir ’n suksesvolle blog.

      6. Lees die inligting in die kassie. Waaruit kan jy aflei dat die inligting in ’n blog gedurig verander?

      7. “Dit vind dikwels ’n nis wat nie elders in die media of op die web gedek word nie.” Wat word met “nis” bedoel? Verduidelik breedvoerig.

      8. Deur middel van watter bekende media word blogs ook bemark?

      9. Die skrywer verwys na ’n “kollektiewe blog” (par. 7). Wat word hiermee bedoel?

      10. Verduidelik die betekenis van ’n “aweregse” leefstylblog (par. 7).

      11. Lees die laaste paragraaf. Wat is volgens die skrywer ’n groot voordeel van ’n blog? Dink jy sy/haar mening is geldig? Dink jy daar is enige nadele? Motiveer jou antwoorde.

      12. Watter kerngedagte van die laaste paragraaf sluit aan by die eerste paragraaf?

      13. Lees weer die opskrif van die artikel. Wat is die verband tussen “braaivleisvure” en blogs? Dink jy dis ’n geslaagde beeld? Verduidelik jou antwoord.

      Taal in konteks

      Raadpleeg jou Taalgids oor die verskil tussen denotasie en konnotasie, en die СКАЧАТЬ