Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal. Riens Vosloo
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal - Riens Vosloo страница 7

Название: Piekfyn Afrikaans Leesboek Graad 7 Huistaal

Автор: Riens Vosloo

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781775891024

isbn:

СКАЧАТЬ sê die een.

      “Nou ja, dit sal nie ons skuld wees nie,” sê die ander. “Hier is oorgenoeg kos. Gaan jy vanaand by die wazir se broer dans?”

      “Ja.”

      Toe Amina dit hoor, begeer sy vurig om die dans by te woon.

      Sy dink en dink, maar eers toe die son ondergaan, onthou sy die liedjie se woorde. Sy vrywe die ring en sing die woorde, en toe sy weer mens is, hardloop sy na die houtkappershuisie in die bos en trek die silwer rok aan.

      Dié aand is sy die mooiste vrou in die saal. Almal praat van die onbekende poeteri, maar niemand kan sê waar sy vandaan kom nie.

      Amina dans met die wazir se broer, maar nêrens sien sy die man wat sy liefhet nie.

      “Waar is jou broer dan?” vra sy vir hom.

      “My broer is siek, maar hy sal seker môreaand hier wees,” antwoord hy.

      Toe glip Amina by die saaldeur uit, ruil die silwer rok by haar huisie vir die wolfvel om, vrywe die ring en sing die liedjie. Daarna gaan lê sy weer in die wolfhok.

      Toe die son opkom, het sy weer die liedjie vergeet.

      Die volgende aand was daar nog meer gaste by die dans, die kos was nog lekkerder, die musiek nog mooier en opgewekter. Onder al die mooi vroue was die vreemde poeteri met haar goue rok die heel mooiste. Maar weer was die wazir nie daar nie.

      Toe die jagters die volgende môre by die hok kom, sit die wolf soos gewoonlik weer in ’n hoekie.

      Daardie aand het die dans sy hoogtepunt bereik. Almal het hul heel mooiste klere aangehad, die ligte het geskitter soos nog nooit tevore nie, twee orkeste het om die beurt musiek gemaak en die gaste het sonder ophou gedans.

      Die mooiste van almal was die poeteri in die diamantrok.

      Maar die wazir was nie daar nie. Douvoordag het Amina die diamantrok vir die wolfvel gaan omruil en in die hok gaan sit.

      Dié dag het die wazir opgestaan, en terwyl hy in die tuin rondloop, kom hy op die wolfhok af.

      “En toe, wat is dit dié?” vra hy vir een van die jagters wat daar staan.

      Die jagter vertel hoe hulle die wolf in die woud gevang het.

      Toe kom die wazir se broer en hy vertel van die pragtige poeteri wat die dans bygewoon het.

      Sou dit die houtkappersdogter wees? wonder die wazir, en hy gaan voor die wolfhok staan. “Amina!” roep hy.

      Die wolf spring heen en weer, maar kan niks sê nie, want dit was nog vroeg in die middag, en eers ná sononder sou Amina die liedjie onthou.

      Maar die wazir weet dit is sy. Hy pluk die deur oop, gryp die wolf aan die keel en beveel sy jagters om dit lewend af te slag.

      Toe kom Amina te voorskyn, mooier as ooit tevore, en die wazir het haar omhels en na sy huis geneem. Later het die wazir sultan geword, en sy vrou het hy altyd sy wolfkoningin genoem.

Postlees: Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek (pas leesstrategieë toe).
1.Wat is die meisie in hierdie verhaal se naam?
2.Hoekom kom die sultan elke keer met ’n ander kleur perd en ander versierings aangery?
3.Beskryf die rokke waarvoor die meisie vra.
4.In hierdie verhaal is daar ’n towerring en towerwoorde. Skryf die eerste vier towerwoorde neer.
5.Hoe weet jy hierdie verhaal speel nie in Suid-Afrika af nie? “Wolf” mag nie deel van jou antwoord wees nie.
6.Eindig hierdie verhaal gelukkig? Hoekom sê jy so?
7.Dink jy hierdie verhaal is spannender as die ander volksverhale wat jy sover gelees het? Hoekom sê jy so?
8.Noem twee woorde uit ’n ander taal wat jy in hierdie verhaal geleer het.
9.Wat is ’n sultane en wat is ’n sultana?
10.Is jy jammer vir die sultan of nie? Hoekom?
kort_hd_fmt.jpg

      Kenmerke van kortverhale

      Karakters in ’n kortverhaal

      ’n Kortverhaal bevat meestal een hoofkarakter; die ander karakters word bykarakters genoem. Omdat ’n kortverhaal juis kort is, is daar nie altyd karakterontwikkeling by ’n hoofkarakter nie. Partykeer ervaar ’n karakter konflik oor iets of iemand en dan kan daar ontwikkeling of verandering by die karakter wees. Karakters kan op meer as een wyse aan die leser bekendgestel word:

       Die karakter(s) word direk beskryf (voorkoms, ens.).

       Die karakter(s) se optrede (handelinge) word beskryf.

       Wat die karakters sê en dink, m.a.w. hul dialoog en gedagtegang kan beskryf word.

       ’n Karakter se naam kan die karakter beskryf.

      Verteller

      In hedendaagse kortverhale kan die hoofkarakter ook dikwels as die ek-verteller optree. Meeste kortverhale word in die derdepersoon geskryf.

      Die tema (motief of kernidee)

      ’n Kortverhaal het gewoonlik net een motief of kerngedagte. Vra jouself die vraag: Waaroor gaan dit in hierdie verhaal?

      Intrige

      Die intrige is die patroon van gebeure in ’n verhaal. Dit kan kortliks soos volg voorgestel word:

       Die probleem of uiteensetting: Dit bepaal die hoofkarakter se probleem en dinge wat tot die gebeure aanleiding gee.

       Konflik: Die sentrale gebeurtenis, wat die hoofkarakter in ’n stryd met homself of met ’n ander karakter betrek, en oploop na die hoogtepunt.

       Ontknoping: Die einde van die verhaal, en ’n gemotiveerde oplossing.

      Tyd

      Tyd is die ordening van die verloop van gebeure. Dit is die tydperk waarin die verhaal afspeel, byvoorbeeld een dag, twee maande, ensovoorts. Die tyd van ’n kortverhaal hou ook gewoonlik verband met die tema en die ruimte.

      Ruimte, agtergrond

      Dit is die fisiese agtergrond of tydperk waarin die verhaal afspeel. Die plek en omstandighede kan bydra tot die tema, atmosfeer en karakterisering.

      Toon

      Dit is die atmosfeer wat in die verhaal heers. Sekere woordkeuses bevorder die stemming en beskryf die omstandighede/situasie en die skrywer se gevoelens daaroor.

      Taal en styl

      Styl is die manier waarop die taal aangebied word. Woordkeuse, sinslengte en sinstruktuur dra by om ’n bepaalde atmosfeer te skep.

      Конец ознакомительного фрагмента.

      Текст предоставлен СКАЧАТЬ