Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 9

Название: Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Автор: Rina Lamprecht

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781770029439

isbn:

СКАЧАТЬ dink jy is die vis besig om te doen?

       Gebruik die kenmerke van ’n ballade/legende in Pitkos: Wat dink jy gaan in hierdie gedig vertel word?

      Anders as ’n illustreerder wat van kleur en beeld gebruik maak om sy boodskap in ’n spotprent oor te dra, maak ’n digter gebruik van verskillende elemente soos beeldspraak, rym en ritme om sy boodskap te versterk.

15519.png

      Kenmerke van poësie

      Rym is kenmerkend van digkuns/poësie. Rym is wanneer sekere klanke herhaal word en sodoende die klank van die gedig as ’t ware versterk. Rym kan natuurlik ook woorde verbind om dit makliker te laat lees. Daar is verskillende soorte eindrym, naamlik paarrym: aabb ccdd; omarmde rym: abba cddc; kruisrym: abab cdcd; gebroke rym: abcd edfa.

      Alliterasie en assonansie is ook voorbeelde van rym wat binne ’n gedig kan voorkom. Alliterasie is die herhaling van dieselfde letters of klanke waarmee ’n woord begin. Dit kom voor in alledaagse uitdrukkings soos nóg kind nóg kraai. Digters gebruik dit om ’n patroon van herhaling te skep, byvoorbeeld: kreun en kla; koue kasteel. Hulle gebruik dit ook om woorde in ’n gedig te beklemtoon of om ’n sekere klankpatroon te skep, byvoorbeeld: “Sy veg en sy foeter Vampiro.”

      Assonansie is die herhaling van klinkers of vokale in meer as een woord om ’n klankpatroon te vorm wat die leser/hoorder sal tref. Net soos alliterasie gebruik digters assonansie om ’n klankpatroon te skep en as bindmiddel tussen belangrike woorde, byvoorbeeld: “Die halfwakker man kreun en kla in sy bed”.

      Atmosfeer/stemming is die ingesteldheid of gemoed wat die digter met die gedig wil bereik, byvoorbeeld: vrolik, sorgeloos, weemoedig, uitbundig, ensovoorts.

      Vergelyking is wanneer twee sake van verskillende of uiteenlopende aard op grond van ’n ooreenkoms of ooreenkomste met mekaar vergelyk of selfs gelykgestel word. Die woorde soos, as, nes en net soos is kenmerkend van ’n vergelyking, byvoorbeeld: “Haar nek is so slank soos ’n swaan s’n.”

      Spreker in ’n gedig

      Die naamlose stem wat in die gedig aan die woord is en nie noodwendig die digter is nie.

      Ritme

      Net soos musiek, kan ’n gedig ook ritme hê. Eenderse woorde of klanke wat kort afstande van mekaar voorkom kan ritme skep, byvoorbeeld: Die perde klop en galop en skop. Wanneer versreëls ewe veel lettergrepe bevat skep dit ook ritme.

       - Hoor/net/daar/hoe/krap/’n/tak

       - oor/die/grou/ka/steel/se/dak

      Personifikasie

      Wanneer menslike eienskappe aan ’n voorwerp gegee word of enigiets wat nie menslik is nie as ’n mens voorgestel word.

      Luister aandagtig wanneer jou onderwyser die volgende gedig voorlees.

      Die legende van die gat in die muur

      Fanie Viljoen

C:\Users\henk.viljoen\Desktop\Legende van die gat in die muur.jpg

      ’n Xhosa-nooi duskant Koffiebaai

      was verlief op ’n man in die see.

      Maar die mense het haar aangeraai

      om haar liefde vir hom op te gee.

      “Die man is gebore uit die golwe en branders,”

      het die oumense vir die meisie gesê.

      “Kan jy dan nie sien nie, die seeman is anders.

      Wil jy regtig so ’n bokkom-man hê?”

      “Seemense’t vinne vir voete

      en vinne vir hande

      Hulle neuse is snoete

      en hulle’t haaie se tande.”

      Toe die meisie besluit om die man op te gee

      het hy sy vishart voor haar uitgestort.

      “Ek’t jou lief soos die branders, lief nes die see.”

      En daarmee is die seeman toe vort.

      By Koffiebaai se klipmuur wat strek deur die golwe,

      het die seeman sy liefde bewys.

      ’n Reusagtige vis het die see omgedolwe

      en sonder meer uit die water verrys.

      Die meisie en haar mense’t kom kyk na die wonder

      en verbysterd gestaar onderwyl,

      met geweldige vaart en ’n dreun nes die donder,

      die vis op die klipmuur afpyl.

      Die knars en die kletter, soos reuse-rotse wegspat,

      kan sommige oues steeds helder onthou.

      Vandag besin hul nog oor die muur en die gat

      en die man en die meisie wat wou trou.

      Paarlees die legende saam met ’n maat en beantwoord die vrae.

      1. ’n Ballade is ’n verhalende gedig. Watter verhaal word hier vertel?

      2. Watter tipe eindrym het hierdie gedig?

      3. Waar het die meisie gebly?

      4. Skryf twee voorbeelde van klanknabootsing uit die gedig neer.

      5. Haal die versreëls aan wat by die titel van die gedig aansluit.

      6. Skryf ’n woord uit strofe 2 neer wat dieselfde as “nooi” in strofe 1, en ’n woord uit strofe 7 wat dieselfde as dink/wonder beteken.

      7. “Die man in strofe 1 was nie ’n gewone man nie.”

      a. Is hierdie stelling waar of onwaar?

      b. Haal ’n gedeelte uit strofe 2 aan om jou antwoord te motiveer.

      8. Hoe het die man van gewone mense verskil? Noem drie eienskappe.

      9. Gebruik die woordeboekuittreksel en vertel wat met “bokkom-man” in strofe 2 bedoel word.

      bokkem, bokkom, =s. Jong harder wat gesout en gedroog word. iem. kan ’n bokkem braai, bekwaam of behendig wees; ’n droë bokkem, ’n droë persoon. bokkemsmeer.

      harder1, (s), =s. СКАЧАТЬ