Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal. Rina Lamprecht
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal - Rina Lamprecht страница 26

Название: Piekfyn Afrikaans Leerderboek Graad 7 Huistaal

Автор: Rina Lamprecht

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Piekfyn Afrikaans

isbn: 9781770029439

isbn:

СКАЧАТЬ roekeloos.

      Geïmpliseerde betekenis

      Dit kom voor wanneer taal iets anders beteken as wat gesê of geskryf is.

      Groepbespreking

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

      1. Watter afleiding kan jy maak as jy na die wielspore van die taxi kyk?

      2. Waaruit kan ons verder aflei dat die taxibestuurder roekeloos gery het?

      3. Een van die motors lê op sy sy. Wat dink jy het daar gebeur?

      4. Kyk na die passasiers se gesigsuitdrukkings.

      a. Watter emosies ervaar hulle?

      b. Wat het die illustreerder gedoen om hierdie emosies te beklemtoon?

      5. Wat impliseer die spreker se woorde: “. . . dié keer het ek jou . . .”?

      6. Wat noem ’n mens die persoon wat verkeerskaartjies uitskryf?

      7. Die taxibestuurder word beboet.

      a. Waarvoor word die taxibestuurder gestraf?

      b. Dink jy dit is ’n ernstige oortreding? Waarom sê jy so?

      c. As jy die persoon was wat die kaartjie moes uitskryf, vir watter oortreding(s) sou jy die kaartjie gegee het?

      8. Hoekom kan ons sê hier is sprake van stereotipering in die spotprent?

      Hou ’n paneelbespreking

      Dit is uit die spotprent duidelik dat mense nie altyd veiligheidsbewus is nie. Hou ’n paneelbespreking oor hierdie onderwerp en kyk of julle dalk ’n groter bewustheid onder julle maats of in julle omgewing kan kweek.

      Stel nou julle paneel saam en hou ’n paneelbespreking oor die volgende onderwerp:

      Die algemene publiek en veral die jonger motorbestuurders en taxibestuurders moet meer veiligheidsbewus gemaak word.

      Lees eers Pitkos aandagtig deur sodat julle weet hoe ’n paneelbespreking werk

      Pitkos

      ’n Paneelbespreking is wanneer ’n groep sprekers saam ’n saak bespreek waaroor navorsing gedoen is. Daar is ’n voorsitter of leier wat die ander lede voorstel en die bespreking lei.

       Die paneel bestaan uit een verteenwoordiger van elke klasgroep.

       Die paneellede moet voor in die klas gaan sit. Hulle moet regop sit en vriendelik optree. Dit moet lyk of hulle weet waarvan hulle praat.

       Elke paneellid kry ’n kans om sy groep se standpunt te stel.

       Ná elke groepverteenwoordiger se spreekbeurt kan ander leerders hom/haar met vrae peper.

       As hy/sy nie die vrae kan beantwoord nie, mag van die ander groeplede help.

       Die voorsitter moenie te veel praat nie. Die onderwyser kan as voorsitter optree om toe te sien dat elkeen ’n spreekbeurt kry en dat julle mekaar nie in die rede val nie

       Lede moet mekaar in ag neem en saamwerk.

       Praat gemaklik en duidelik en gebruik keurige, suiwer taal.

       Humor kan gebruik word.

       Moenie langdradig wees nie. Kom dadelik tot die punt.

      Gaan soos volg te werk:

       Verdeel die klas in groepe van ongeveer vier tot vyf lede.

       Doen navorsing oor die onderwerp.

       Besluit wie julle in die paneel gaan verteenwoordig.

       Kies ’n voorsitter as die onderwyser nie as voorsitter gaan optree nie.

       Die paneelbespreking kan 10-15 minute duur.

       Maak aantekeninge van wat elke groep gesê het, asook tot watter gevolgtrekking julle gekom het. Jy gaan die aantekeninge nodig hê wanneer jy ’n verslag oor die bespreking moet skryf.

star.png

      Formele assessering

      Jou onderwyser sal jou groepdeelname assesseer.

      Pitkos gaan jou help om goeie paragrawe te skryf. Lees dit aandagtig deur.

      Pitkos

      Die paragraaf en die skakeling van paragrawe

       ’n Paragraaf bestaan uit ’n aantal sinne wat saam die kerngedagte ondersteun. Die sinne vorm dus ’n eenheid, omdat hulle met mekaar verband hou. Dit is belangrik om te onthou dat ’n paragraaf net een kerngedagte besit.

       Sinne van die paragraaf moet só gerangskik word dat dit op mekaar volg; daarom moet daar aandag aan aaneenskakeling geskenk word.

       Die kernsin of sleutelsin kan die eerste sin van die paragraaf wees, of dit kan in die middel van die paragraaf of aan die einde van die paragraaf geplaas word.

       Die ander sinne in die paragraaf ondersteun die kernsin, m.a.w. al die sinne brei hierdie kernsin uit.

       Al die sinne in die paragraaf moenie ewe lank wees nie.

      Hoe om paragrawe te skakel

      Al die sinne in ’n paragraaf word gebind deur die hoofgedagte van die paragraaf.

      Wanneer ’n mens twee paragrawe skryf, moet dit by mekaar aansluit.

      Let op die volgende:

       Aaneenskakelende paragrawe is wanneer elke paragraaf ’n volgende argument bevat wat die hoofidee ondersteun. Gebruik voegwoorde en woorde wat tyd, oorsaak en gevolg aandui om die paragrawe te skakel. ’n Paar voorbeelde: “Vervolgens . . .” of “’n Ander aspek . . .”

       Teenstellende paragrawe is handig wanneer ’n mens twee kante van ’n saak bespreek. Die twee paragrawe staan in kontras met mekaar. Hierdie paragrawe moet ook by mekaar aansluit. Jy kan jou tweede paragraaf begin met skakelwoorde soos “Daar is ook ’n ander argument . . .”

      Skryf nou twee aaneenskakelende of teenstellende paragrawe oor een van die volgende onderwerpe.

      My lewe het verander toe . . .

      Suid-Afrika СКАЧАТЬ