Kobra. Deon Meyer
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Kobra - Deon Meyer страница 21

Название: Kobra

Автор: Deon Meyer

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780798165051

isbn:

СКАЧАТЬ die koeëldoppies met die gravering van die slang en die letters NM daarop sprak Nyathi geen sprook nie. Ook nie van die vermiste skootrekenaar, iPad en moontlike selfoon nie – die Valke se enigste leidrade.

      Griessel vermoed dit is met opset, maar hy is nie seker nie.

      Toe die kolonel klaar is, onderhandel hulle oor ’n gesamentlike persverklaring om die honger van die media te stil en die druk op die lyfwag-slagoffers se naasbestaandes en die wynplaaspersoneel te verlig.

      Dit sal sê ’n onbekende man, vermoedelik ’n Europese toeris, word vermis nadat ’n gastehuis-werknemer en twee sekuriteitsbeamptes tydens ’n inbraak doodgeskiet is. Gebrekkige en moontlik foutiewe paspoortbesonderhede het tot dusver die identifisering van die vermiste persoon bemoeilik, maar daar word vermoed dat hy manlik en ’n Britse burger is. Die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke is dankbaar vir die diensvaardigheid en samewerking van die Britse konsulaat in dié verband. Sodra ’n positiewe identifikasie met sekerheid gemaak kan word en die sensitiwiteit van die ondersoek dit toelaat, sal die media ten volle ingelig word. Intussen word geen steen onaangeroer gelaat om die boosdoeners aan die man te bring en die vermiste persoon op te spoor nie. Verskeie leidrade word opgevolg.

      Nyathi sê vir Graber hulle sal nog een van hul kollegas móét inlig oor die identiteit en agtergrond van David Adair: majoor Benedict Boshigo, lid van die Statutêre Misdaadgroep van die Valke se Handelsmisdaadtak in die Kaap – hul groot kenner van finansiële sake. Maar hy kan haar die versekering gee dat Boshigo, net soos hulle, die inligting streng vertroulik sal hanteer. “Until such time as we agree otherwise.”

      “Very well,” sê sy ruimhartig en gemoedelik.

      Hulle kom plegtig ooreen om mekaar wedersyds in te lig oor relevante verwikkelinge, so dikwels as wat omstandighede dit toelaat.

      Graber stap saam tot by die hysbak, waar sy hulle groet.

      * * *

      Eers toe hulle in Buitengracht indraai, in die rigting van Bellville, praat Nyathi.

      “I want you to call the Body Armour boss, Bennie, and inform her that the British authorities might contact her. I want you to tell her that divulging any information to anyone other than the SAPS would constitute a crime …”

      “Sir, I think we should … She’s a tough one, it would be better not to …”

      “Threaten her?”

      “Yes.”

      “See what you can do. But above all, ask her not to share Morris’s email address.”

      Hy bel. Sy antwoord vinnig.

      Hy vertel vir haar dat die Valke later vanaand ’n verklaring aan die media sal uitreik wat die druk op die twee vermoorde lyfwagte se naasbestaandes sal verlig. Hy onderneem om dit ook vir haar aan te stuur.

      “Ek waardeer dit,” sê sy.

      “Daar’s ’n moontlikheid dat iemand van die Britse konsulaat jou mag kontak. Ons wil vra of dit dalk moontlik sal wees om al hulle vrae na óns toe te verwys.”

      Sy bly so lank stil dat Griessel dink die oproep het verlore geraak.

      “Hallo?” sê hy.

      “Ek is hier.”

      Hy wag.

      “Hier’s die ooreenkoms,” sê sy. “Ek sal vir hulle niks sê nie. Maar jy gaan my alles vertel.”

      “Dit is nie nou moontlik nie.”

      “Jy gaan vir my alles vertel wanneer dit moontlik ís. Ek wil niks in die media lees wat ek nie weet nie, anders bel ek die konsulaat.”

      “Dis reg,” sê Griessel en lui af.

      “Mission accomplished?” vra Nyathi.

      “Yes, sir.”

      “Well done. You’re pretty good with people, Bennie …”

      Hy weet nie wat om daarop te antwoord nie.

      “The first thing you have to understand about the intelligence community is that they only tell the truth if it serves a purpose. Their purpose, mostly.”

      “Yes, sir.”

      “Graber is most likely MI6. Also known as the Secret Intelligence Service, or SIS. She is probably working closely with MI5, the British national security service, which hunts terrorists inside the UK, amongst other duties.”

      “Sir …” Hy kan dit nie meer onderdruk nie. “You seem to know a lot about all this?”

      Nyathi lag, en Griessel wonder of dit die eerste keer is dat hy die kolonel dit sien doen.

      “Twenty-six years ago I was recruited for MK Intelligence, Bennie. Because I was a schoolteacher, they thought I was intelligent. And I worked in London for a while … What I’m trying to say is that lying is part of that profession. And I think she is lying to us. Or at least not telling the whole truth.”

      “Why, sir?”

      “Two things, Bennie. The first one is that she tried very hard to have us believe that this is about terrorism, but she never actually said it. Her problem is that she is working in a foreign country and she has to tread very carefully not to lie directly. Very bad for diplomacy, should things get out of hand later. She has to keep the back door open, the one that allows her to say: ‘Oh, you must have misunderstood, would you like to listen to the recording again?’”

      “I understand.”

      “The second is the channel she’s chosen. If this were purely about a potential terrorist act, their ambassador in Pretoria would have approached our Minister of Security. Musad and I would have been called by him, not by them.”

      Die forse brigadier Musad Manie is die Valke se Kaapse bevelvoerder.

      “You think this is about something else, sir?”

      “All I know is that Adair is probably who she says he is. As for the rest, we’ll have to see.”

      Griessel begin verstaan. “Is that why you did not just send me and Vaughn when they called, sir? You knew, when they called this late on a Monday evening …”

      “I suspected something might be brewing.”

      “And that’s why you did not tell her everything, sir?”

      “Yes, Bennie. When you’re working with intelligence people, you should always have an ace up your sleeve. Always. We have a few, and I want to keep it that way. So, the first thing you do, is send her the wrong email address for Paul Anthony Morris. Just a small typo …”

      Hy wonder of hy ’n hunkering in Nyathi se stemtoon gehoor het.

      Griessel het hom nog altyd as ’n regverdige, nadenkende man ervaar, maar stil, ingetoë en grootliks onlees- en onkenbaar. Vanaand het hy ’n skerpsinnigheid ontdek, ’n vaardigheid vir dié strategiese spel wat hy wat Bennie is hom moeilik sal kan nadoen.

      Die СКАЧАТЬ