Saartjie Omnibus 2. Bettie Naudé
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Saartjie Omnibus 2 - Bettie Naudé страница 3

Название: Saartjie Omnibus 2

Автор: Bettie Naudé

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Saartjie

isbn: 9780798163910

isbn:

СКАЧАТЬ vir haarself, “julle vang my nie so maklik nie.” Sy begin voetjie vir voetjie agteruit stap sonder om haar oë van hulle af te neem. Sy vertrou hulle nie. Hulle het gesê hulle is Rooihuide – mensvretende Rooihuide – en hier is hulle besig om ’n vuur aan te pak!

      Die twee seuns stap kastig ongeërg na haar toe. Apie roep: “Kom gou hier, Saartjie. Ons wil vir jou iets wys!”

      Saartjie antwoord nie. Sy retireer vinniger. Hulle het haar vantevore al gepak en die slegste daarvan afgekom. Maar dit lyk vir haar of die twee agtjariges by die dag sterker word. En sy het ook mos nie nou tyd om met hulle te staan en argumenteer en miskien handgemeen te raak nie. Sy moet gou maak, anders is sy laat.

      Die meisie draai om en stap haastig weg. Sy sal maar moet vergeet van die voetpaadjie wat naby Apie en Bennie se brandstapel verbygaan.

      Sy loop vinnig en loer vlugtig oor haar skouer. Apie en Bennie stap nou ook vinnig. Sy begin draf – die twee bloeddorstige Rooihuide draf ook. Sy hardloop – hulle hardloop ook.

      Saartjie is ’n skitterende atleet. Sy is ver voor. Toe Apie en Bennie op die sypaadjie kom, gaan staan hulle stil. Hulle sal haar nooit kan vang nie.

      “Jy’s bang, nè?” skree Apie teleurgesteld en maak sisgeluide deur die opening waar sy twee voortande oorspronklik was.

      Sy antwoord nie. Sy loop net vinnig verder. Apie en Bennie gaan terug na die oop werf toe om hul vuur verder te stook. Die twee hoop maar die vleisskaarste sal nie lank aanhou nie en dat ’n maat van hulle wat nie weet hulle is Rooihuide nie, daar sal opdaag. Hulle sal hom sommer vinnig bydam!

      Saartjie stap gou by Lina se huis aan om haar twee vriendinne te sien. Wanneer sy naby die hoë heining om Lina-hulle se roostuin kom, hoor sy haar maats lag en gil.

      Sy maak die hekkie oop en toe Lina en Anna haar sien, skater hulle weer. Lina skree: “Kom speel saam, Saartjie. Gaan trek gou my ander swembroek aan.”

      “Ek kan nie.” Saartjie kyk met verlangende oë na Anna en Lina. “Ek moet musiekles toe gaan!”

      Haar maats het albei swembroeke aan. Hulle het die kraan oopgedraai en spuit mekaar met die tuinslang nat. Saartjie moet net koes.

      Anna draai die kraan toe en sy en Lina kom gou met Saartjie gesels.

      “Dis heerlik,” sê Anna. “Jy weet nie wat jy mis nie!”

      “Ek weet,” sê Saartjie met ’n swaar sug, “maar juffrou Marks sal my nooit vergewe as ek net wegbly nie …”

      “Hoe vorder die stuk?” vra Anna en sy en Lina kyk simpatiek na hul maat.

      Saartjie vertel hulle hoe sleg dit gaan en hoe sy aanhoudend op dieselfde plek foute maak.

      “Toemaar,” sê Lina, “jy sal nog steeds wen. Ek wed jou enigiets jy gaan eerste kom en ’n goue medalje kry.”

      “Ek sê ook so,” probeer Anna Saartjie opbeur. “Jy is die beste in ons provinsie … en jy gaan die beste in Suid-Afrika wees, nè, Lina?”

      Anna is effens kort en geset. Sy het ’n vrolike, ronde gesig en volg Saartjie altyd blindelings. Lina is lank en skraal met twee blonde vlegsels. Sy is die nugter een wat altyd die haakplekke uitwys wanneer Saartjie een of ander avontuur in gedagte het, terwyl Anna dit met entoesiasme begroet. Maar nadat Lina eers op die probleme gewys het, is sy gewoonlik ook vuur en vlam vir Saartjie se planne. Sy glo dat sy dan haar plig gedoen het en as hulle twee nie vir haar wil luister nie, moet sy by hulle staan. Lina is gewoonlik in die geheim maar net te bly Saartjie en Anna luister nie na haar nie!

      “Ek moet waai, ouens,” sê Saartjie en sug weer swaar. “Ek is al klaar laat.”

      Traag gaan sy by die hek uit. Anna en Lina hardloop weer terug kraan toe en Saartjie hoor hulle lag en gil soos hulle mekaar weer met die water natspuit.

      Die son brand op Saartjie neer.

      Naby die musiekonderwyseres se huis staan ’n groot ou akkerboom op ’n oop erf. Onder die boom groei heerlike groen gras en daar sit drie seuns van ongeveer Saartjie se ouderdom.

      Hulle groet haar en waai lui met hul hande.

      “Haai, Galpil – en Gert en Piet,” sê Saartjie. “Wat doen julle?”

      “Ons drink kondensmelk,” sê Galpil en staan op. “Ons wou eers in Lindfort gaan fliek, maar dis te warm om selfs bushalte toe te stap. Toe besluit ons pêrre om kondensmelk te koop.”

      “Moet lekker wees om so in die koelte te sit en niksdoen …”

      “Ek sê vir jou, ou perd, dit is. As ons so doodstil sit en hierdie twee pêrre,” en Galpil wys na Gert en Piet, “suig nie te hard aan hul blikkies nie, kan ons die sonbesies duidelik hoor sing.”

      Sy twee maats besluit hulle het nou lank genoeg stil gesit en begin summier weer aan hul kondensmelk suig. Galpil gaan sit weer en sê: “Oefen maar lekker klavier, Saartjie. Ons pêrre sal op die groot aand daar wees om vir jou duim vas te hou …”

      Galpil begin ook weer sy kondensmelk drink.

      Saartjie stap maar traag verder.

      Galpil, of eintlik Lodewyk le Fras de Waal, en Gert en Piet is groot maats en ook gedurig bymekaar. Hulle is taamlike goeie vriende met die Drie Muskiete. Op laerskool was hulle altyd in die meisies se klas en op hoërskool is hulle weer saam in dieselfde graadagt-klas. Die drie ouens het die drie meisies selfs al na een van die skoolfunksies toe gevat.

      Saartjie-hulle hou nogal van die ouens. Saartjie meen Galpil se voorkoms het baie verbeter vandat hy in die hoërskool is. Sy hemp hang nie meer agter by sy broek uit nie en sy kouse lê ook nie meer so baie op sy skoene nie. Dit lyk of hy sy hare deesdae baie meer kam as in hul laerskooldae.

      Ja-nee, dink Saartjie, Galpil het mooi reggekom en hy is glad nie ’n onaardige ou nie. Hy moet net ophou om vir almal “perd” of “ou perd” te noem.

      Saartjie klop aan juffrou Marks se voordeur. Sy kyk op haar horlosie. Sy het só by al haar maats gedraai dat sy nou ’n kwartier laat is.

      Die juffrou maak die deur oop.

      “Jy’s laat,” sê sy en loer oor haar bril na die meisie.

      “Net ’n paar minuutjies, Juffrou,” sê Saartjie. “Dit was só warm dat ek nie vinnig kon loop nie.”

      “Nou kom, laat ons begin. Jy moet hard oefen.”

      Saartjie sug. Sy wonder wat doen sy nou eintlik die afgelope tyd as dit nie “hard oefen” is nie.

      Sy gaan sit voor die klavier.

      “Ek gaan jou vanmiddag help met daardie moeilike deel totdat jy dit foutloos kan speel,” sê juffrou Marks. “Jy móét eenvoudig wen!”

      Saartjie byt haar onderlip. Sy is al so vies vir almal wat alewig vir haar sê: “Jy móét wen!”

      “Hoekom?” sê sy en vee met die agterkant van haar hand ’n krul van haar voorkop af weg.

      “Hoekom СКАЧАТЬ