'n Sluier vir Shahira. Annelize Morgan
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу 'n Sluier vir Shahira - Annelize Morgan страница 3

Название: 'n Sluier vir Shahira

Автор: Annelize Morgan

Издательство: Ingram

Жанр: Короткие любовные романы

Серия:

isbn: 9780624052005

isbn:

СКАЧАТЬ probeer haar nie teësit toe hulle na die ruim van die seerowerskip geneem word nie, want daar is niemand wat hulle te hulp sal kan snel nie. Al wat sy kan doen, is om te bid dat ’n ander skip hulle sal kom red.

      Eers laat die middag kom die kaptein van die El Tigres die meisies die eerste keer besoek. Hy is ’n onaangename man met ’n vuil baard en ’n songebrande gesig waarop vele littekens pryk.

      “As julle julle kan gedra, kan julle heelwat vryheid op my skip geniet.” Dan verlaat hy die kajuit en sluit die deur agter hom.

      Hulle sit in stilte en hulle weet nie wat om vir mekaar te sê nie. Die ander meisies is net so verward, maar wat Isabelle hinder, is dat daar reeds ’n paar jong vroue in die kajuit was toe hulle ingekom het. Altesaam is hulle nou elf.

      Sy vind uit dat die ander meisies van ’n ander skip afkomstig is en dat hulle net so in die war is oor wat met hulle gaan gebeur. Terwyl hulle nog praat, word die deur weer oopgesluit en nog ’n jong meisie word ingestoot. Isabelle lig haar wenkbroue effens, want die kajuit word nou ondraaglik vol.

      “Sy het vir julle ’n boodskap,” sê die matroos en maak die deur weer toe.

      Die nuweling is Spaans, maar sy praat nie. Toe Jeanne haar aanpor om te sê wat die boodskap is, maak sy haar mond oop en Isabelle staan geskok terug. Die meisie se tong is uitgesny. Sy skryf haar naam teen die wand van die kajuit: Riza, en dis omtrent al wat hulle uit haar kan kry.

      Laat die aand word hulle toegelaat om op dek te gaan. Jeanne en Isabelle gaan staan eenkant en Riza sluit by hulle aan. Sy beduie na ’n ouerige Spaanse vrou wat met een van die meisies staan en praat en Isabelle lei af dat sy wil hê dat hulle ook met haar moet gaan praat.

      Sy bly half besluiteloos rondstaan, onseker of dit die regte ding sal wees om te doen. Die vrou het lang, donker hare wat in ’n bolla in haar nek vasgemaak is. Sy dra baie goue juwele en haar klere is van helderkleurige sy.

      Voordat Isabelle nog kan besluit wat om te doen, kom die vrou na hulle toe. Sy glimlag vir Riza, wat verskrik lyk.

      “Die ou voëltjie kan nie meer sing nie,” sê sy. “Tog so jammer dat ’n mens sulke dinge oor jouself bring.” Sy kyk na die meisies, wat afwagtend na haar staar. “Ek is Consuelo. Julle sal my maar min sien, aangesien ek die kaptein se regterhand is.”

      “Wat beplan julle met ons?” vra Isabelle.

      “Ek kan julle nie help nie,” antwoord Consuelo, “maar julle behoort te weet dat julle op pad is na Arabië, waar julle as slavinne verkoop sal word. As julle gelukkig is, sal julle in die huis van ’n goeie sjeik beland, maar ek is bevrees dit mag dalk nie gebeur nie.”

      “Hoekom nie?” wil Isabelle weet.

      “Omdat sjeik Salem Khidr na slavinne soek – en die hemele behoed die een wat deur hom gekoop word. As julle probleme gee, onthou net wat met Riza gebeur het. Julle sal doen wat julle aangesê word, of julle sal dieselfde lot oorkom.”

      Toe sy van hulle af wegstap, kyk Isabelle na Riza. “Is dit alles waar?”

      Riza knik net, haar blik treurig.

      “As ek net vir Etienne kon laat weet het,” mymer Isabelle, maar die skrik in Riza se oë laat haar besef dat sy baie versigtig moet wees.

      Die wind steek skerp op en hulle haas hulle na binne. Daar is so baie waaroor hulle moet praat, dink Isabelle, maar so min wat hulle daaroor kan sê. Al wat hulle doen, is om te sit en te luister hoe ’n storm opsteek en buite gier en raas. Die skip wieg swaar oor die deinings en die houtwerk kreun onder die aanslag.

      Dit gaan ’n lang nag wees, dink Isabelle mismoedig, ’n nag waarin sy oor en oor gaan wonder en tob hoe sy hierdie situasie kon vermy het.

      Die storm laat die branders oor die boeg van die skip breek en spoel al die losgoed die see in, maar in die kajuit voel die passasiers die geweld daarvan nie so erg nie. Teen die volgende dag is die ergste verby.

      Daar is geen manier om uit te vind of die Santa Maria dit oorleef het nie, want teen hierdie tyd het die twee skepe baie seemyle uitmekaar gedryf, besef Isabelle. Die El Tigres is stewiger gebou en het steeds swaargekry. Sonder die hoofmas sou die Santa Maria dit dalk nie gemaak het nie … en wat dan van haar dierbare Ninon?

      Hulle vaar ’n paar dae lank suid en draai dan suidoos. Die elf vroue sit met beklemming en wonder wat vorentoe met hulle gaan gebeur. Niemand is lus om te gesels nie, want elke gesprek kom altyd terug na hulle benarde situasie, en die gedagte daaraan dat ook hulle tonge uitgesny kan word. Riza is iewers gedurende die nag kom haal en het nog nie teruggekeer nie.

      Niemand weet lateraan meer hoe lank hulle oos gevaar het nie, maar een oggend word die anker neergelaat. Die vroue word eenkant op die dek bymekaar gebondel en hulle staan en kyk hoe vier platboomskuite te water gelaat word. Altesaam twaalf mans met gewere en swepe gewapen word na die strand geroei.

      Isabelle staar nuuskierig na die duine en die plantlewe daaragter. Daar is geen teken van lewe op die strand nie. Daar is geen fort of hutte wat daarop dui dat dit dalk ’n verversingstasie is nie. Sy sien hoe die skuite op die sand uitgesleep word en hoe die klompie mans tussen die bosse verdwyn.

      “Hulle het seker gaan jag,” waag een dit.

      “Dit kan wees,” meen ’n ander, “maar hoekom so baie van hulle?”

      Die meisies bly in die klam weer op die dek staan en staar na die strand. Sowat ’n uur later weergalm skote tussen die bosse. Die skip is te ver die see in vir Isabelle om behoorlik te kan sien wat aan die gang is. Sy soek na Riza om te vra wat dit alles beteken, maar die Spaanse meisie is steeds nêrens te sien nie.

      Plotseling is daar beweging op die strand en ’n hele klomp mense peul by die bosse uit. Hulle hardloop al met die strand langs, met die matrose agterna. Daar is ’n geskreeu en af en toe ’n geweerskoot hoorbaar. Nog ’n paar matrose kom uit die bosse te voorskyn en sny die vlugtendes se pad af. Net een van die vlugtendes kry dit reg om weg te breek en terug te hardloop na die bosse. Geweerskote klap agter hom aan, maar hy verdwyn vinnig in die ruigtes.

      “Dis slawe,” fluister Isabelle ontsteld. “Ons is nie net op ’n seerowerskip nie, dis ook ’n slaweskip.”

      “Arme drommels,” sê Jeanne.

      “Dis woorde wat jy vir óns moet spaar,” antwoord Isabelle. Haar hele lyf voel koud van skok.

      Hulle word na die kajuit gejaag toe die mense op die strand in die skuite gelaai word en die luik word agter hulle gesluit. Hulle sit en luister na wat op die dek aangaan en spoedig hoor hulle die skuite teen die wand van die skip skuur. Hulle kyk na mekaar, want hulle weet wat aan die gang is. Buite skreeu die matrose op die ongelukkige gevangenes en hulle hoor hoe ’n paar sweephoue klap. Daar is ’n groot rumoer op die dek. Hulle hoor die voetstappe bokant hul koppe, swaar voorwerpe wat rondgesleep word, en tussen die sweephoue deur hoor hulle mense angsbevange gil.

      Na ’n ruk word dit stil en klink die bevel op dat die anker gelig moet word. Niemand sê ’n woord nie. Hulle kyk skaars na mekaar toe die skip eindelik weer in beweging kom en wegvaar van die strand asof niks gebeur het nie.

      Die aand kom Riza terug en rapporteer met gebaretaal: nog sewe en twintig slawe is gevang. Die kos en watervoorraad raak min, en die volgende verversingstasie is nog vier dae ver.

      In die versengende hitte word СКАЧАТЬ