Onderwêreld. Fanie Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Onderwêreld - Fanie Viljoen страница 7

Название: Onderwêreld

Автор: Fanie Viljoen

Издательство: Ingram

Жанр: Журналы

Серия:

isbn: 9780624052319

isbn:

СКАЧАТЬ skree ek terwyl ek om hulle loop. Opge-psych. “Maar julle kan my verkeerd bewys. Kyk of jy jou pad kan terugkry skool toe, deur die doolhof van pype. Ons sal een van die manholes aan die ander kant oophou. Net een. As jy daar kan uitkom, sal jy ’n Lawson-boy wees. As jy dit nie maak nie, kan jy bly waar jy is. Waar jy hoort!”

      TJ tel die Trappers soos hulle ingaan. Agt en veertig. Hulle stemme eggo deur die donker tonnels, voordat die mangat se ysterdeksel agter hulle toeslaan.’n Effense bangheid gril oor my hart, vir daardie outjies se onthalwe, want ek weet hoe ek gevoel het toe ek ’n Trapper was. Die benoude gevoel van die ander beurende lywe om jou, ingeperk deur die sementpyp. Jou onseker treë. Die vrot reuk onder jou voete. Jy is so vasgevang daardeur dat jy eers later besef dat jy nog jou blinddoek op het. Maar selfs al haal jy dit af, is die duisternis oorweldigend.

      “Geluk, ouens!” roep die matrieks na mekaar.

      “It went well, didn’t it? They’re scared shitless.”

      “Ek is bly dis nie ek nie.”

      Ek klop ’n paar ouens op die skouer. Dit is iets dié waarna jy uitsien van die eerste oomblik dat jy aan die ander kant uit die Tonnel kom: die oorgee van die ritueel.

      En toe, tussen al die glimlaggende gesigte, val my oë op Eckardt. Ek stap na hom toe. Met ’n stem wat bo die ander ouens se opgewonde pratery uitstyg, sê ek: “Maar hier is mos nog ’n Trapper!”

      Skielik word dit stil. Almal kyk nou na Eckardt.

      “Hoe lyk dit, Eckardt, kan jý die skoollied sing?” vra ek, smalend.

      “Ek sing nie,” sê hy.

      “O, maar dan het ek net die ding om jou tune te verander.”

      Die stilte om ons is oorweldigend. Ek weet alle oë is nou op my.

      “Gee vir my nog ’n blinddoek.” Ek voel die sagte lap in my hande. Span dit tussen gebalde vuiste. Stap om Eckardt. Stadig. Net toe ek die doek oor sy oë wil bind, draai hy sy lyf en stamp my hande weg.

      “Hou hom vas!” skree ek.

      ’n See van hande gryp na Eckardt, anker hom op sy knieë daar voor my. Ek grynslag. Geniet elke oomblik. Trek die knoop styf agter sy kop. Ek hoor sy vinnige asemhaling, sien hoe die spiere in sy nek span. Toe begin ons hom draai. Hy val ’n keer, toe nog ’n keer. Maar hy sê niks nie. Om en om. Hande wat vat, los, vat, los.

      Ek hoor die mangat se deksel oopgaan.

      Eckardt probeer ’n laaste keer loskom. Hy struikel. In die val, skuif die blinddoek van sy gesig af. Een van die ouens se flitslig val oor Eckardt se oë. Die oë wat nou skuins opkyk na my toe, oor sy skouer.

      En skielik voel ek asof al die bloed uit my lyf verdamp en my koud laat.

      Daardie manier van sy gesig draai, die uitdrukking in sy oë.

      Alles presies net soos my broer s’n.

      Net soos John.

      “Stop!” skree ek. “Los hom!” Ek gryp die ouens wat vir Eckardt in die mangat laat sak aan die skouers.

      “What’s wrong?” vra Kwanele. “Are you mad?”

      “Nee! Los hom net.” Ek steek my hand uit na Eckardt. Voel die greep van sy vingers om my polse. Toe trek ek hom self uit die donker gat.

      Ek sien die fronse op die ander ouens se gesigte. Maar ek gee nie om nie. Ek moes dit doen.

      <h5>Die soektog en gerugte van selfmoord</h5>

      Dis Vrydagoggend, die dag ná Eckardt se verdwyning. Die televisie blêr in die Hang-Out. Dis iets van voëlgriep wat twee lewens geëis het in Engeland. Hoe voëlgriep sy oorsprong het in Hongkong en die afgelope maande stadig na die Weste toe oorgewaai het: die Midde-Ooste, Italië, Frankryk, Engeland. Selfs in Noord-Afrika is gevalle teëgekom.

      Skielik word die televisie se klank uitgedoof deur stemme in die koshuisgang. Onderwysers se stemme. Van die matrieks bondel saam in die gang voor my deur.

      “Wat’s dit nou?” vra ek vir die naaste ou.

      “Eckardt is nog nie terug nie,” sê hy.

      “Andersen is in sy kamer saam met ’n paar ander onnies.”

      “Sorry, ouens,” sê ek en beur tussen hulle deur om nader aan Eckardt se kamer te kom. Op daardie oomblik kom die koshuisvader, oom Ian, en ’n paar onderwysers uit. Hulle trek die kamerdeur agter hulle toe.

      “Manne,” sê Boggom, die wiskunde-onderwyser. “Kom gou na die ontspanningskamer toe. Ons moet praat.”

      Ons bondel soos ’n spul Karoo-skape agter hom aan. Fluistervrae vlieg onder die ouens rond. Daar is ’n gevoel van opwinding in die lug. Iets het gebeur, naby genoeg aan ons om die dag te verander.

      Maar vir my het die opwinding ’n donker kant. Vrees.

      Iemand skakel die TV in die Hang-Out af. Boggom moet ons eers weer stilmaak voordat Andersen kan praat. “Ons moet die skoolterrein begin fynkam,” sê Andersen saaklik. Hy trek aan sy pak se mou, stoot sy skouers terug. “Ons gaan in groepe verdeel. Die onderwysers sal julle neem na die areas waar ons wil hê julle moet soek.”

      “Waarna moet ons soek, meneer?” vra iemand.

      Die antwoord is seker vanselfsprekend, maar dalk ook nie.

      “Ons soek vir Eckardt Wilken. Of enigiets wat dalk vreemd lyk. Iets wat rondlê. Klere, byvoorbeeld.”

      Daar is ’n oomblik stilte. Toe voeg Andersen by: “Doktor Pienaar is nie op kantoor nie, maar ek sal hom op hoogte hou van wat hier aangaan. Op sy versoek gaan die res van die skool aan soos normaalweg. Ek wil nie hê julle moet met die ander leerders hieroor praat nie, hoor julle vir my? Ek maak staat op julle integriteit.”

      Boggom fluister iets in Andersen se oor. Andersen knik. “Nog iets. Moet ook nie julle ouers hiervan vertel nie. Nie nou nie. Ons wil eers uitklaring kry oor wat gebeur het. Onthou dat Lawson Kollege ’n trotse reputasie het. Dit is nie iets wat ons kan laat skade lei net omdat die een of ander …”

      Boggom vat aan Andersen se skouer en hy hou in die middel van sy sin op met praat. Sy oë skuif van die een ou na die ander asof hy probeer om ons te lees. Dit rus ’n oomblik langer op my as waarmee ek gemaklik is. Toe sy laaste opdrag. “Gaan trek julle aan. Eet. Ek kry julle oor ’n uur op die plein.”

      Dit is hoe die soektog na Eckardt begin. Waar die gerugte begin het, weet ek nie. Maar teen die tyd dat ons op die plein staan, in groepe opgedeel, praat almal van ’n brief wat gekry is. ’n Selfmoordbrief.

      Ons begin loop. Ek is in ’n dwaal. Iemand probeer ’n gesprek met my aanknoop, maar ek antwoord hom nie, want ou, verborge gevoelens kom wys weer gesig. Spoke uit die verlede.

      John Owen was my ouer broer. Die meisies was gek oor hom. Blonde hare en ’n vriendelike, skaam glimlag. Ons twee kon dik stukke gesels, partykeer tot laat in die nag. Sommer oor enige tjol. Hy het gehou van extreme sport. White water rafting, rotsklim, sulke goed. Ons het ’n paar keer saam gaan bungee jump. Die adrenaline rush СКАЧАТЬ