Blits 2: Operasie Hoërskool. Nadine Blom
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Blits 2: Operasie Hoërskool - Nadine Blom страница 3

Название: Blits 2: Operasie Hoërskool

Автор: Nadine Blom

Издательство: Ingram

Жанр: Учебная литература

Серия: Blits

isbn: 9780624084082

isbn:

СКАЧАТЬ volg die roete van ’n onwyse mens (nog een van my ouma se sêgoed) en probeer homself uit die gemors praat. Maar voor hy sy sin kan voltooi, slaan juffrou Noiman hom met nog ’n Vrydagmiddag se detensie.

      “Nou goed, klas. Soos julle kan sien, het ek julle klasrooster op die bord geskryf. Skryf dit asseblief af. Julle begin môre klasse wissel. Vandag kan julle ’n boek lees of julleself besig hou, maar as ek ’n selfoon sien, word hy myne.”

      Die interkom bliep. “Juffrou …” kom ’n stem deur die luidspreker.

      “Jaaa?” antwoord sy in ’n engelagtige stem.

      “Kan u asseblief vinnig iets kom haal by die kantoor?”

      Die interkom bliep weer. “Ek kom dadelik.”

      Juffrou stap ingedagte uit die klas uit. Dis weird. Geen preek oor hoe sy ons iets gaan aandoen as ons raas terwyl sy weg is nie.

      Toe sy uit is, sê Pieter hardop: “Ek dink sy het haar besem in die kantoor vergeet.”

      Die kinders lag almal, behalwe Harry die noedel. Hy staar met ’n stroewe gesig voor hom uit asof hy een van die moeilikste wiskundesomme in die wêreld probeer uitfigure. Die enigste ding is, daar is geen wiskunde voor hom nie.

      Dan begin iets in my brein krap – daardie bekende krapperigheid wat my altyd waarsku as iets nie reg loop nie.

      “So, Harry, is jou van Potter?” vra ek.

      Hy hoor my nie. Ek tik aan hom. “Hei, ou. Hoe loop hy?” Harry kyk verbaas na my. Dan is dit asof iets hom uit sy droomwêreld ruk.

      Hy skud sy kop soos iemand wat homself wakker skud. “Ag, jammer, man, um … Ek wonder, um … Ek dink … Ek kan nie onthou of ek die hond kos gegee het nie.”

      Sjô, die ou is weird. Ek is nou ’n klein bietjie meer op my gemak, maar iets krap steeds. Soos my pa altyd sê: Only time will tell.

      Toe die skoolklok later die middag lui, is ek verlig. Dit was ’n dag uit die hel. Ek kan nie wag vir my kamer en my bed nie. My eie grot.

      Dit was net vreemd om nie vir Zander raak te loop gedurende een van die pouses nie. Ek sien altyd maklik sy gesig in die skare raak omdat ons al ons hele lewe beste vriende is. Terwyl ek so aan hom loop en dink, sien ek hom van ver af aangery kom op sy longboard. Hy ry soos iemand wat probeer wegry van sy probleme af.

      Hy kom briek langs my. “Jy verstaan nie hoe lucky ek is nie, tjom. Ek het ’n babe van ’n juffrou gestrike. Jy dink daai hoofmeisie van ons is oulik, maar jy moet my juffrou sien,” sê hy.

      “Naaa, bra, jy kan my mos nou nie so jaloers maak nie, dis onwettig. Ennieewayzzzz …” probeer ek sy aandag aflei van die juffrou af, “wat sê jy van ’n lekker surfsessie?”

      “Jinne, ou, in dié weer?” vra Zander.

      “Ja, tjop, jy weet mos op ’n koue dag soos dié is die see lekker warm.”

      “Oukei, die saak klink reg. Hoe laat?”

      “Sommer nou, wat sê jy?”

      “Raait, sien jou daar oor dertig.”

      “Ek gaan net gou my robvel aangooi en my surfboard kry.”

      Zander skud sy kop. “Jy en jou vreemde naampies.” Hy klim op sy longboard en zirr in die pad af.

      Ek is spyt ek het nie ook met my longboard skool toe gekom vandag nie. My pa en ma is by die hospitaal vir ’n sonar. Ons hoor vandag of ons ’n boetie of ’n sussie kry. Ek hoop dis ’n boetie. Gina is ook nie by die huis nie. Sy is op universiteit en kom net party naweke huis toe. Maar sy sou my in elk geval nie kom haal het nie, want sy slaap in die dag en leef in die nag.

      Terwyl ek stap, bly stoei ek met my gedagtes. Harry. Hoekom bly sy gesig by my spook? Daar is net iets aan daai ou se oë wat my laat wonder.

      Ek stap gou eers see se kant toe om te gaan kyk hoe die gety loop. Dis ’n langer pad huis toe, maar ek like dit, want dan kan ek in vrede dink en die see hoor.

      Hoog op teen die strand sien ek ’n figuur hurk agter ’n bos. ’n Lang noedelfiguur. Harry wat grawe in die sand? Ek besluit om eers die ding uit te kyk en nie dadelik nader te gaan nie. Navorsing is die eerste stap in die speurproses.

      Ek kruip agter ’n groterige klip weg naby die plek waar Harry sit en grou, sodat ek ’n beter kykie kan kry. Is dit hy? Die volgende oomblik staan die figuur op en draf weg. Dalk het hy my uit die hoek van sy oog gesien.

      Toe hy in die verte verdwyn, kruip ek versigtig nader aan die plek waar hy gegrawe het. Daar is ’n gat so diep dat ek die nat sand onderin kan sien. Hy moes iets daar uitgehaal het. Wat is hier aan die gang?

      

      “Jissie, ou perd, ek sê vir jou iets is nie reg met daardie Harry-dude nie. Veral toe ek hom vang grou in die sand soos ’n hond, toe clutch my diff eers,” vertel ek vir Zander voor ons die volgende golf vat.

      “Hy klink soos ’n weird ou, ek moet sê, maar net een vragie: Wat is ’n diff?”

      “Dis jou brein, ou – jou kop, jy weet. As jy clutch, dan haak hy bietjie; dan’s hy bietjie gemuf.”

      “Oo,” sê Zander. Dan slaan hy weer oor na sy gunstelingtema: “Eish, jy moet die meisies in my klas sien.”

      Ek voel my irritasie bou. “Jinne, is dit al waaraan jy kan dink – girls? Kan jy nie hoor hoe ernstig hierdie ding is waaroor ek met jou praat nie?”

      “Bly jy maar stil, Mister Casanova,” kap Zander terug. “Jy het jou oog nie sommer op wie nie. Eers was dit Minkie die blink môrester en nou is dit sommer die hoofmeisie.”

      “Ag, kyk wie praat! Minkie is in elk geval terug huis toe. Besides, dit doen mos nie skade om te kyk nie. Maar dis nie nou die punt nie. Die punt is Harry. Waarmee is hy besig?”

      “Jissou, Hannes,” vererg Zander hom. “Kan jy ons nie vir een minuut uit die moeilikheid hou nie? Daai perlemoendiewe het amper ons dood gekos. En vandag was dit weer die matrieks. Ek dink nie ek sal ooit weer my reputasie kan herstel nie. En nou wil jy nóg moeilikheid gaan staan en uitdink!”

      Ek wil iets sê, maar Zander gee my nie kans nie. “Ek gaan sommer die volgende wave vat. Cheers vir eers.” Hy voeg die daad by die woord en kies die pad van die minste weerstand. Soos altyd.

      Ek bly nog vir ’n ruk in die water sit bo-op my board en wonder hoe ek hierdie ding gaan hanteer sonder my brother in arms. Dan vat ek die volgende wave en ry hom tot op die strand. Ek sal wel by die antwoord uitkom, maar los gaan ek nie los nie. Zander moet maar weer goed word.

      Ek sleep my surfboard uit die see en skud die soutwater uit my ore. Vat dan dieselfde roete terug huis toe, seelangs. Ingedagte stap ek en fluit die nuwe Martin Garrix tune.

      “Wat de …” Vir ’n oomblik dink ek my oë bedrieg my toe ek ’n groep polisiemanne met honde sien rondstaan, presies op die plek waar die noedelfiguur vroeër gegrawe het.

      ’n СКАЧАТЬ