Judaskus. Rudie van Rensburg
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Judaskus - Rudie van Rensburg страница 13

Название: Judaskus

Автор: Rudie van Rensburg

Издательство: Ingram

Жанр: Ужасы и Мистика

Серия:

isbn: 9780795800931

isbn:

СКАЧАТЬ

      Op pad terug na die motor oordink Kassie mevrou Knobel se storie.

      “Ek kan Vos nie eintlik kwalik neem dat hy destyds nie haar vermoedens ondersoek het nie. Daar’s nie veel om op te gaan nie,” sê hy.

      Rooi knik. “Maar dit klink tog of iets nie lekker was nie. Die organisasie en Knobel het beslis kak met mekaar opgetel. Miskien wou hulle juis daaroor van hom ontslae raak?”

      “Ek sal nie sommer nou al sulke wilde afleidings maak nie. Maar as ek destyds die ondersoekbeampte was, sou ek darem die moeite gedoen het om die nommer op die telefoonrekords te kry van die mens met wie Knobel geargumenteer het.”

      “Wonder of mens nog daai telefoonrekords kan opspoor?”

      “Dis seker heeltemal te lank terug.”

      Toe Kassie agter die stuurwiel inskuif, skakel hy nie dadelik die motor aan nie. Sy vermoede is onwaarskynlik, maar nie onmoontlik nie.

      “Rooi, wag hier vir my. Ek gaan net gou iets uittjek. Ek’s oor minder as ’n kwartier terug.”

      Die eienaar van Hemingway’s is verbaas om Kassie weer te sien. “Jy’t al my seëlboeke opgekoop! Watter afdeling gaan jy nóú stroop?” spot hy goedig.

      Kassie lag verleë. “Het jy enige boeke oor die Ossewabrandwag?”

      “Nie veel nie, maar daar is dalk een of twee.”

      Kassie volg hom in ’n smal gangetjie af tot by ’n boekrak gemerk SA Geskiedenis.

      Die eienaar haal twee boeke uit en gee dit vir Kassie. “Ek’s bevrees dis al.”

      Die eerste boek is ’n taamlik lywige een oor Robey Leibbrandt, een van die Ossewabrandwag se legendariese figure. Kassie kyk agter in die boek, maar kry nie waarna hy soek nie. Die tweede boek, Die Ossewabrandwag – Stormjare, is dun en in ’n swak toestand, die buiteblad hang aan ’n paar garings en baie van die vergeelde binneblaaie is los. Die boekie is in 1953 gedruk en uitgegee deur Boerenasie-uitgewers. Tot sy verbasing is daar wel agterin ’n naamregister. Sy hart klop vinniger toe hy sien daar is op bladsy 48 oor Daniel Knobel geskryf. Die paar paragrawe bevestig mevrou Knobel se storie oor die spoorlyn en die interneringskamp.

      Kassie kyk vlugtig na die prys van die boek, besluit dan dis hopeloos te duur vir sy doeleindes. Sy kredietkaart gaan kreun as hy nóg tweehonderd-en-vyftig rand daarop moet laai, en Daniels sal ’n koronêr skiet as hy dit probeer terugeis van die polisie. Hy was juis dikbek oor die rit Hermanus toe. “Ons begroting is in sy moer in,” het hy gemor, maar darem toestemming gegee.

      Kassie haal ’n notaboekie uit en skryf die name neer van die vyf mans wat saam met Knobel op 17 Junie 1942 die spoorlyn naby Laingsburg opgeblaas het.

      • • •

      Victor glimlag toe hy die boek oopslaan en sy ouma se netjiese drukskrif sien. Sy het kortverhale vir tydskrifte geskryf, en sy het een liefdesroman gepubliseer gekry. Dit moet nog hier iewers in ’n boekrak staan.

      Sy ma het gesê die eerste twee inskrywings is in die vorm van ’n roman. Sy ouma het nie direk na sy oupa verwys nie, maar die gebeure net beskryf asof dit ’n storie is.

      Hy gaan lê op sy bed en strek hom behaaglik uit voor hy begin lees.

      17 Junie 1942

      Die ses mans se gejaagde asems maak wit pluime in die swart Karoo-nag toe hulle vervaard wegskarrel, wetende die lont is kort na die vyf dinamietkerse onder die spoorstawe. Hulle duik in agter die sementdamwal, hulle hande styf oor hulle ore geklem en hulle gesigte teenaan die grond gedruk. Met oopgesperde neusvleuels en ingehoue asems wag hulle op die groot knal.

      ’n Onheilspellende stilte volg. Die tyd tik moeisaam verby en hulle wonder of iets verkeerd geloop het. Eksteen kom stadig orent om oor die damwal te loer. Dan word die nag verlig, die ontploffing is oorverdowend. Die geweld van die slag ruk Eksteen van sy voete af en hy val hard op die naat van sy rug. Klein klippertjies reën op hulle, maar hulle lag uitbundig … van verligting én oor die wete dat hul sending suksesvol was. Almal kom met breë glimlagte orent. Hulle ore suis terwyl hulle hand skud en mekaar uitgelate op die blaaie klop.

      Louw se bariton-stem weergalm in die oopte van die Karoo-veld. “As ek omdraai, skiet my. As ek val, wreek my. As ek storm, volg my!”

      Die ander herhaal: “As ek storm, volg my!”

      Moller se regterarm skiet met ’n gebalde vuis voor hom uit. “Sieg Heil!”

      Die ander koor agterna: “Sieg!”

      Hulle hardloop in ’n groep terug na die spoorlyn. Met hulle flitse verlig hulle die toneel van verwoesting. ’n Donker gat in die grond begroet hulle waar die spoorlyn eens was, die spoorstawe rondom gestrooi asof dit deur ’n groot hand opgetel en in bondeltjies verfrommel is. Almal praat en lag gelyktydig.

      “Ons sal nóú moet wegkom. Hulle sou die slag op Laingsburg kon hoor,” maan Moller skielik.

      “Wel, hulle het ’n paar myl om af te lê voor hulle hier gaan uitkom,” sê Eksteen. “Teen daardie tyd is ons al lankal op die grootpad Kaap toe.”

      “Onthou, hulle patrolleer die spoorlyn. Dalk is hulle nader as wat ons dink,” sê Wagner.

      Sy woorde spoor die ander aan om hulself weg te skeur van hul handewerk. Hulle besluit om die volgende dag hul triomf met oorgawe te gaan vier in ’n Kaapse hotel. Te midde van onderlinge kwinkslae hardloop hulle in ’n oostelike rigting van die spoorlyn weg, verby die dam na ’n plaat bome.

      Die lenige 18-jarige Knobel is die jongste en vinnigste van die groep. Hy is eerste by die Ford en hy sien dit ook eerste raak. Sy gesig is in afgryse vertrek toe hy die ander met ’n skril stem inlig: “Ons het groot probleme, kêrels! Die bliksemse voorwiel is pap!”

      Die mans bondel uitasem saam om die Ford.

      “Ons het dit waaragtig nie nou nodig nie,” brom Wagner.

      “Dit help nie om paniekerig te raak nie, manne, kom ons ruil dit net so vinnig as moontlik om,” sê Moller dringend.

      Carelse sluit die kattebak oop en lig die spaarwiel uit. Eksteen neem die domkrag en moersleutel en gaan sit plat op die grond langs die Ford. Hy swets toe hy sukkel om die domkrag op die klipperige terrein staan te maak. Carelse en Eksteen werk in stilte, hul vingers koud en dom in die bytende Karoo-winternag.

      “Ligte! Ek sien ligte aankom!” sê Eksteen en wys met ’n vinger in ’n noordelike rigting.

      “Sit af die flitse,” beveel Moller kalm. “Ons sal nou maar net moet hoop en bid hulle sien ons nie. Hulle sal hopelik afbeweeg langs die spoorlyn.”

      Hulle bondel in die motor in en tuur met ingehoue asems na die ligte wat meteens ontstellend naby aan hulle is. “Dit is meer as een voertuig,” sê Louw.

      Toe die ligte in hulle rigting skyn, duik hulle af. Hulle wag gespanne terwyl die gedreun van voertuie onheilspellend nader kom.

      “Hulle het dieselfde paadjie as ons geneem,” fluister Eksteen. “Hulle gaan ons hier kry. Moet ons nie uitspring en hardloop nie?”

      “Waarheen?” СКАЧАТЬ