Название: Ek en jy verskil hemelsbreed
Автор: Louise van Coller
Издательство: Ingram
Жанр: Религия: прочее
isbn: 9780796319067
isbn:
I do not, for the moment at least, ask you to understand me. That will come only when you are willing to give up changing me into a copy of you. I may be your spouse, your parent, your offspring, your friend, or your colleague. If you will allow me any of my wants, or emotions, or beliefs, or actions, then you open yourself, so that some day these ways of mine might not seem so wrong, and might finally appear to you as right – for me.
To put up with me is the first step to understanding me. Not that you embrace my ways as right for you, but that you are no longer irritated or disappointed with me for my seeming waywardness. And in understanding me you might come to prize my differences from you, and, far from seeking to change me, preserve and even nurture those differences.”
– David Keirsey & Marilyn Bates, Please understand me
Persoonlikheidstipering is die studie waar persone volgens opvallende persoonlikheidstrekke en tipiese gedragspatrone in kategorieë geplaas word om as ’n verwysingsraamwerk te dien om te help met die verklaring en beskrywing van menslike gedrag en belewenis (my eie verstaan).
Baie mense is aanvanklik skepties wanneer daar van persoonlikheidsanalise gepraat word, want hulle wil nie in ’n boks gedruk word en met ’n persoonlikheid gelabel word nie. Ek kan dit met reg verstaan, want al word elkeen gebore met ’n spesifieke Godgegewe persoonlikheid, verander ons elkeen van geboorte af met blootstelling aan wêreldse omstandighede na ’n karakter. Ons elkeen se grootwordjare en die omgewingsfaktore het ’n baie groot invloed op die uitkoms van wie ons uiteindelik is – dus jou karakter.
Vandag, in die lig van wonderlike nuwe feite oor geheelbreinontwikkeling en karaktergroei, streef ons daarna om onsself in elke opsig beter te maak en is dit selfs moeilik om te besluit wie jy nou regtig is. Is jy nou die persoon soos jy geskape is (kom ons sê die oorspronklike jy voor allerhande karaktergroei by jou plaasgevind het), of die persoon wat jy op pad is om te word en waar jy met ander oë na jouself en ander sal kyk, danksy ’n verhoogde emosionele intelligensie? Of is wat jy was dalk die beter weergawe van jou, en hoe dan nou? Dit kan ons soms deurmekaar maak en dan gooi ons liewer tou op en leef maar so in onkunde voort. Op hierdie manier slaan jy hierdie wonderlike geskenk oor om te verstaan wie jy werklik is en sal jy jouself nooit regtig volkome ken nie.
Laat my toe om hierdie konsep vir eens en vir altyd duidelik uiteen te sit sodat jy nie dink die identifisering van jou persoonlikheid sit jou in ’n boks nie, maar gee jou juis die vryheid binne jouself sodat jy net jy kan wees!
Wanneer jy jou Skepper eendag ontmoet, gaan Hy jou net een ding vra: Was jy, jy?
– Leo Buscaglia
Wanneer mense hul persoonlikheidstipe wil identifiseer, is dit belangrik dat hulle tussen persoonlikheid en karakter onderskei.
Persoonlikheid is die unieke aangebore wil en wese waarmee elke baba gebore word en is reeds sigbaar op ’n paar weke. Hierdie persoonlikheid bepaal of die baba gretig is om te eet, maklik slaap, of dalk kriewelrig is of gou protesteer wanneer hy of sy ongelukkig is. Alle ouers leer ken hul kinders met die grille en giere en andersheid en eendersheid en weet: Dit is ons kindjie! Soos die kinders grootword, en hulle aan omgewingsfaktore, ouers, traumas en oorwinnings blootgestel word, word kinders se inherente persoonlikheid gevorm tot hul uiteindelike karakter. In hierdie opsig kan ons verstaan dat ’n mens nie jou persoonlikheid kan ontwikkel nie, maar wel jou karakter.
Met persoonlikheidsanalise wil ’n mens nie die mense se karakter met hul aangeleerde gedrag vasvang nie, maar wel hul inherente, Godgegewe persoonlikheid. Wanneer ’n mens jou persoonlikheid probeer identifiseer, kyk ’n mens nie na die “regte” eienskappe of dit wat jy wil wees nie, maar net na jou ware self, goed en sleg – die hele pakket. Tegnies gesproke sou ’n mens hierdie toets op verskillende tye van jou lewe kon afneem en sou die uitslag elke keer dieselfde wees, want dit vang ’n denkwyse, optrede en reaksie vas. Dit word weer deur jou inherente persoonlikheid bepaal en nie deur jou ouderdom of geheelbreinontwikkeling nie.
Die Bybel verwys op verskeie plekke daarna dat God ons geskape het volgens ’n Meesterplan, en elkeen tot in die fynste besonderhede uniek en spesifiek geskape het om ’n spesifieke rol te speel en ’n spesifieke taak te verrig. Dit sou as jou roeping verstaan kan word.
You formed the way I think and feel. You put me together in my mother’s womb. You could see my bones grow as my body took shape, hidden in my mother’s womb. You could see my body grow each passing day. You listed all my parts, and not one of them was missing.
(Ps. 139:13,15,16) (ERV.)
Volgens hierdie Skrifgedeelte kan ons duidelik sien dat God ons persoonlikheidspesifiek geskape het – maar ook sekere dinge in ons lewe toelaat wat ons vorm en snoei.
Die Keirsey-persoonlikheidsanalise-model
Die Keirsey-persoonlikheidsanalise bied aan my as professionele berader die mees praktiese opsie om mense van hul identiteit te leer. Ná die uitslag van die analise help dit my om hulle beter te verstaan. Ek kan hulle dan help om mekaar beter te verstaan en hoe om mekaar op die beste manier te hanteer. Dit is ’n maklik toepasbare toets wat eenvoudig aangebied word en deur professionele persone in Afrikaans of Engels vanaf hoërskool tot op ’n hoë ouderdom afgeneem kan word. Dit is deur dr David W Keirsey, ’n veteraan-persoonliksheidsanalis van Amerika, ontwikkel wat spesialiseer in die pragmatiek van afrigting by ouers, kinders en huweliksmaats om konflik te verminder en samewerking te bevorder. Hy is ’n kliniese sielkundige wat al verskeie boeke in die menswetenskappe oor disfunksionele gedrag geskryf het, en het hierdie toetsing wêreldwyd bekend gemaak.
In Suid-Afrika is daar meer as ’n 1 000 professionele persone wat daagliks hiermee werk. Die toets kan vinnig en effektief gedoen word. Hierdie persoonlikheidstoets word ook wêreldwyd in die sakewêreld vanuit ’n sielkundige perspektief gebruik en help mense om binne hul sterkste talente te funksioneer en mekaar beter te respekteer vir wie hulle is.
Die kriterium waarop wêreldwyd gewerk word en waarvolgens persoonlikheid bepaal word, berus op vier alternatiewe en die kombinasies daarvan. Die kombinasie van een uit elk van die vier kategorieë sal dus jou persoonlikheid sterker weerspieël. (Dit word later duidelik uiteengesit.)
Jy is in elke kategorie een van die twee
(Die afkortings spruit uit die Engelse weergawe)
•Extrovert or Introvert (E/I) Ekstrovert of Introvert
•INtuition or Sensation (N/S) Intuïsie of Sintuiglikheid
•Thinking or Feeling (T/F) Denkend of Gevoelsmens
•Judging or Perceiving (J/P) Berekend of Begrypend
(Probeer om in hierdie stadium die afkortings te koppel aan die Afrikaanse begrippe sodat jy dit kan begin verstaan.)
Dit is waarlik belangrik dat ’n mens in gedagte hou dat mense nie slegs in een groep sal val nie, maar eienskappe van albei sal hê. Jy mag hoofsaaklik ’n Introvert(I) wees, maar in mindere mate ook Ekstrovert(E)-eienskappe besit. Dit is juis die mate waartoe ’n persoon natuurlik tot ’n groep neig wat bepaal wat jou inherente persoonlikheid is. Ná die toetsing van persoonlikheidstipe sal hierdie begrip duideliker verstaan word, maar maak jouself solank vertroud met die verskille. Ter wille van ’n beter verstaan hiervan kan jy probeer om in hierdie groepe jouself te identifiseer en jou sterkste voorkeur neer te skryf.
Extrovert/Introvert (E/I) Ekstrovert/Introvert
(Hoe СКАЧАТЬ