Название: Piekfyn Afrikaans Graad 9 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal
Автор: Henk Viljoen
Издательство: Ingram
Жанр: Учебная литература
Серия: Piekfyn Afrikaans
isbn: 9781770029392
isbn:
In die storie Vuvuzela lees ons dat die mense van die townships op die vuvuzelas geblaas het totdat hulle monde lam geblaas was terwyl hulle vir die uitslag gewag het. Lees die volgende feitelike teks oor die ontstaan van die vuvuzela.
Tydens lees
Maak beurte om die teks hardop voor te lees.
Waar kom die vuvuzela vandaan?
1 1Een van die belangrikste dinge van Suid-Afrika se suksesvolle bod vir die 2010 Wêreldbeker was die baie aandag wat die vuvuzela gekry het.
2 2Vuvuzelas bestaan van lankal af, maar dit het op Saterdag 15 Mei 2004, toe die wenland aangekondig is, eers belangrik geword vir die meeste mense.
3 3Maar wat is ’n vuvuzela? Dit is ’n verlengde trompet-tipe instrument wat groot lip- en longkapasiteit vereis om te blaas. Die klank klink min of meer soos ’n diep mishoring (foghorn) of die getrompetter van ’n olifant.
4 4Dit word gewoonlik by sokkerwedstryde gebruik waar iemand daarop blaas om soveel as moontlik geraas te maak. In hierdie opsig is die vuvuzela baie suksesvol.
5 5Die oorsprong (origin) van die vuvuzela lê diep gewortel in Afrika-geskiedenis, toe ’n koedoe-horing gebruik is om mense bymekaar te roep vir belangrike vergaderings. Wat die vuvuzela ook gewild maak, is die Afrika-geloof dat ’n groot lawaai ’n bobbejaan kan doodmaak. Daarom word die vuvuzela veral gedurende die laaste kwart van die sokkerwedstryd gebruik om die opponent se “dood” te veroorsaak.
6 6Die woord vuvuzela beteken geraas wanneer dit uit Zoeloe vertaal word. Vuvuzelas word deur Neil van Schalkwyk en Beville Bachman van Masincedane Sport, ’n plaaslike sportpromosiemaatskappy, vervaardig. Hierdie maatskappy word deur SAB Miller ondersteun vir die beskerming van die vuvuzela se patentreg (patent right). Die vuvuzela het die amptelike instrument van die 2010 Sokkerwêreldbeker geword.
(Verwerk uit: www.sa2010blog.com)
Postlees: Beantwoord die leesbegripsvrae in jou werkboek. | |
1. | Skryf ’n kort definisie van ’n vuvuzela. |
2. | Waarmee word die geluid van die vuvuzela vergelyk? |
3. | Noem ’n noodsaaklike vereiste vir die blaas van die vuvuzela. |
4. | Waarvoor word die vuvuzela gebruik? |
5. | Verduidelik waar die vuvuzela sy oorsprong gehad het. |
6. | Wat beteken “vuvuzela” in Afrikaans? |
7. | Watter verantwoordelikheid het SAB Miller aanvaar met betrekking tot die vuvuzela? |
8. | Is dit volgens jou gepas om ’n vuvuzela aan die einde van ’n wedstryd te blaas? Hoekom?/Hoekom nie? |
Taal in konteks
Lees In ’n neutedop aandagtig deur voordat jy die taalvrae beantwoord.
In ’n neutedop |
Tydsvorme |
Tyd het in Afrikaans betrekking op die vorm van die werkwoord van ’n sin en die woordorde. Ons onderskei tussen drie tye: |
•teenwoordige tyd |
•verlede tyd |
•toekomende tyd. |
In die teenwoordige tyd gebeur die handeling nou, byvoorbeeld: Ek doen my huiswerk./Jy sing ’n liedjie. |
In die verlede tyd het die handeling al klaar plaasgevind en word het en ge- in die meeste gevalle gebruik om die verlede tyd aan te dui, byvoorbeeld: Ek het my huiswerk gedoen./Jy het ’n liedjie gesing. |
Wanneer ons in die toekomende tyd skryf, moet die handeling nog plaasvind en word sal gebruik om die toekomende tyd aan te dui, byvoorbeeld: Ek sal my huiswerk doen./Jy sal ’n liedjie sing. |
Onthou: Die woordorde verander as die sinne in die verlede tyd en die toekomende tyd geskryf word. Die werkwoord skuif na die einde van die sin. |
Beantwoord nou die volgende taalvrae in jou werkboek. | |
9. | Skryf die volgende sinne in die verlede tyd. |
a)Die oorsprong van die vuvuzela lê diep gewortel in Afrika-geskiedenis. | |
b)Hulle hoop dat die vuvuzela die amptelike instrument van die 2010 Sokkerwêreldbeker sal word. | |
c)In hierdie opsig is die vuvuzela uiters suksesvol. | |
d)Dit word gewoonlik by sokkerwedstryde gebruik. | |
10. | Skryf die volgende sinne in die toekomende tyd. |
a)Die oorsprong van die vuvuzela lê diep gewortel in Afrika-geskiedenis. | |
b)In hierdie opsig is die vuvuzela uiters suksesvol. | |
c)Die vuvuzela word gedurende die laaste kwart van ’n sokkerwedstryd gebruik. | |
d)Ek wil baie graag na ’n sokkerwedstryd gaan kyk. | |
11. | Skryf die volgende sinne in die teenwoordige tyd. |
a)In die townships sal almal op vuvuzelas blaas. | |
b)Die klank het soos die getrompetter van ’n olifant geklink. | |
c)Ek het vreeslik opgewonde geraak oor die wedstryd. | |
d)Almal glo daar is baie bereik deur die aanbieding van die Wêreldbeker. |
Aktiwiteit 6: Lees hardop en skryf |
In hierdie aktiwiteit gaan jy |
•Luister en praat•Skryf en aanbied•’n teks hardoplees•praatvaardighede korrek gebruik•let op die uitspraak van woorde•’n uitnodigingsbrief volgens die stappe van prosesskryf skryf. |
Hardoplees
Berei ’n teks oor musiek/’n musiekinstrument of dans voor (3 paragrawe/5-10 sinne) om hardop in die klas te kom lees. Gaan soos volg te werk:
•Hersien in In ’n neutedop klanke sodat jy woorde korrek kan uitspreek.
•Lees die teks sag vir jouself deur.
•Onderstreep die woorde wat jy moeilik vind om uit te spreek.
•Vra ’n maat om jou met dié woorde te help.
•Lees die teks nou hardop aan jou maat/s voor.
•Jou maat gebruik Pitkos hieronder om jou te assesseer en aanbevelings te maak.
•Lees die teks weer sag vir jouself deur en gebruik jou maat se aanbevelings.
•Gaan oefen dit tuis voor ’n spieël en konsentreer slegs op stem- en leesvaardighede.
In ’n neutedop | ||
Klanke in Afrikaans | ||
Dit is belangrik dat jy weet hoe klanke in Afrikaans uitgespreek word, want praat en skryf verskil. | ||
Vokale (klinkers)Klinkers gee aan ’n woord sy klank en daarom vorm hulle die kern van elke lettergreep. Die klinkers word deur die letters a, e, i, o, u voorgestel, maar in uitspraak is daar sowat twintig klinkers. Hier is die mees algemene: | ||
Kort a-klank: gat, kas, maklik | Lang aa-klank: gate, vaak, gejaagd | |
Kort e-klank: vet, mes, tjek | Lang ee-klank: keer, neer, weetgierig | |
Kort o-klank: bos, kos, hardkoppig | Lang oo-klank: boom, bome, grootliks | |
Kort u-klank: brul, vrugte, kultuur | Lang uu-klank: muur, mure, natuur | |
Die i-klank: vis, bedel, boeke | Die ie-klank: drie, familie, piekniek | |
Die oe-klank: boeke, skoen, goed | Die eu-klank: deur, steun, reusagtig | |
Diftonge (tweeklanke)Moenie lang klinkers met tweeklanke verwar nie. Wanneer ons “daar” uitspreek, is dit twee letters, maar een klank. Maar spreek die woord “slaai” uit en dis duidelik dat die vokaalklank aan die einde ’n draai vat! Daar is ’n samesmelting van twee vokaalklanke om ’n tweeklank/diftong te vorm. Ons hoor nie twee vokaalklanke nie, maar ’n samesmelting van twee klanke in dieselfde lettergreep. | ||
ou – goud, koud, vroulik | ui – huis, muis, luister | ei/y
СКАЧАТЬ
|