Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal. Henk Viljoen
Чтение книги онлайн.

Читать онлайн книгу Piekfyn Afrikaans Graad 7 Leerderboek vir Eerste Addisionele Taal - Henk Viljoen страница 9

СКАЧАТЬ in ʼn paar Afrikaanse woorde gebruik om die spesiale uitspraak van die letter e aan te dui: appèl; dè; hè; nè.

       Dit word ook op sekere leenwoorde gebruik: crèche.

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

      1. Kies die regte woord tussen hakies.

      a. Die afrigter (deel/deël) die balle uit.

      b. Die skeidsregter maak seker die spelers hou by die (reels/reëls).

      c. Die ballerina is altyd op (dieet/dieët).

      d. Bafana se hemp het ’n (vnek/v-nek).

      e. Die toeskouers se (hoera’s/hoeras) weergalm deur die stadium.

      f. Die (laerskool/laërskool) se atlete is goed geoefen.

      2. By tien woorde hier onder is die skryfteken óf uitgelaat óf verkeerd gebruik. Skryf die paragraaf oor en verbeter die foute wat gemaak is.

      Die byeenkoms was vir Jasper ’n groot geleëntheid. Hy is ’n vroee mens wat soggens onder twee brue deur hardloop. Hy draf die 5-km lag-lag in 6-minute sonder om te sweet. Nog Jasper nog sy ouers kan die spykerskoene bekostig. Jasper het nog net één keer appël teen ’n uitslag aangeteken. Die 400 m wedloop is sy beste item. Jasper warm al in die groot bome se skadus op.

      3. Voltooi die sinne met die regte vorm van die woord. Die skuinsgedrukte woord is jou leidraad.

      a.Jasper is ’n stewige seun, hy is . . .

      b.Jasper is ’n fikse atleet, hy is . . .

      c.Jasper is goed, hy is ’n . . . atleet.

      d.Cheryl is fiks , Tayler is . . ., maar Siya is die . . .

      e.Die o.14-hekkies is hoog , die o.15-hekkies is . . . en die o.16-hekkies is die . . .

      f.Na die resies was Jasper moeg , Casper was nog . . . en Sibona was die . . .

      In ’n neutedop leer jou meer van leestekens. Blaai ook na die Taalgids agter in die boek vir meer voorbeelde en gebruike van die verskillende leestekens.

125467.png

      Die punt (.)

       Kom aan die einde van ʼn sin.

       By afkortings: s.nw., bv.

      Die kommapunt (;)

      Dit wys daar is ’n pouse langer as dié van ʼn komma, maar korter as dié van ʼn punt. Die kommapunt word ook gebruik:

       Om afsonderlike gedeeltes wat tot een sin of gedagte-inhoud behoort, te skei. Byvoorbeeld: Jy het goeie punte behaal; daarom moet jy aansoek doen vir ʼn beurs.

      Vraagteken (?)

       Dit kom aan die einde van ʼn direkte vraag, of ʼn vraagwoord. Byvoorbeeld: Wanneer gaan jy die vuilgoedsakke uitsit?

      Die uitroepteken (!)

       Dit beklemtoon ʼn woord of gedagte en wys byvoorbeeld as iets baie dringend is. Byvoorbeeld: Nee!

       Kom aan die einde van ’n bevelsin, opdrag en uitroepsin voor: Kyk agter jou!

      Die dubbelpunt (:)

       Die direkte rede volg na ʼn dubbelpunt: Onderwyser: “Waar bly jy so lank?”

       Word gebruik wanneer jy iets wil beklemtoon. Byvoorbeeld: Dié dinge is belangrik: geloof, hoop en liefde.

      Die aandagstreep (–)

       Vestig die aandag op dit wat volg: Vir al my hulp tydens die eksamen kry ek – ʼn boks sjokolade!

      Hakies ()

      Dui verdere of nuwe inligting aan. Ronde hakies word gebruik om ʼn letter, ʼn woord of selfs sin as verduideliking, vertaling of wisselvorm by te voeg. Byvoorbeeld: gister (Saterdag); Curriculum vitae (lewensbesonderhede); opdraand(e)

      Komma (,)

       Word gebruik tussen twee of meer selfstandige naamwoorde en beskrywende woorde, byvoorbeeld: Ek het my handdoek, tandeborsel, tandepasta en nagklere vergeet.

       Voor en na die naam van ʼn persoon wat aangespreek word. As die naam in die begin van ʼn sin staan, kom die komma na die naam. Byvoorbeeld: Olga, kan jy my help asseblief?

       Tussen twee gesegdes (werkwoorde). Byvoorbeeld: Of hy gaan werk soek, weet ek nie.

       Voor die voegwoorde want, maar, as, dat en of.

      Die ellips (. . .)

       Bestaan uit drie punte of kolletjies.

       Word gebruik om ʼn atmosfeer te skep soos spanning, afwagting, beklemtoning en onsekerheid.

       Dui ʼn verloop van tyd aan.

      Aanhalingstekens (“ ”)

       Dit word gebruik om iemand se direkte woorde aan te dui (direkte rede): “Christien, ek moet met jou praat.”

      Beantwoord die volgende vrae in jou werkboek.

      4. Verbeter die volgende sinne deur hoofletters en die regte lees- of skryftekens te gebruik:

      a. Wat dink jy doen jy vra die skeidsregter vir die vleuel

      b. Die eindtelling was 34 12

      c. In die vsa speel die amerikaners nie krieket nie

      d. Sy is deel van die o14 gauteng span vir swem.

      e. Sport het baie voordele fiksheid en sosialisering is twee.

      f. chantelle en bianca ry perd op hulle ouma se plaas.

      g. die oupas en oumas kyk elke vrydagaand saam met die pas en mas na die tafeltenniskompetisie op sabc 2.

      h. die skool se o 18 netbalspan is die beste in die provinsie

      i. waterpolo atletiek krieket en tennis is somer aktiwiteite

      5. Skryf die volgende paragrawe oor en gebruik die nodige leestekens.

      Willem loer versigtig om die deur van die badkamer waar is die res van sy spanlede hulle was netnou almal nog hier rond in die donker gang van die koshuis oor ’n paar uur vertrek die skoolbus terug huis toe dit was ’n heerlike sporttoer hoekom voel hy dan nou so onrustig

      Wat het daardie geluid gemaak wie haal hier naby asem

      Willem wat maak jy hier in die badkamer skreeu meneer du toit almal sit al in die bus en wag om te ry. Ja-nee mannetjie СКАЧАТЬ