Название: Onsigbaar
Автор: Deon Meyer
Издательство: Ingram
Жанр: Ужасы и Мистика
isbn: 9780798157445
isbn:
Donnie Branca bly net vir ’n kort, betekenisvolle oomblik stil. Ek is bereid om nóú vir hom geld te gee.
“We also have breeding programmes for servals, wild dogs, leopards and cheetahs,” sê Branca en langs my skud Emma haar kop en sê saggies: “Nee.”
Ek kyk verbaas na haar. “Swak branding,” fluister sy. “Sal later verduidelik.”
Dan nooi Donnie Branca ons om saam met hom na die diere te gaan kyk.
11
Emma staan in die groot hok met ’n tamaai leerhandskoen aan haar regterhand, waarin sy ’n stuk vleis vasknyp. Die kransaasvoël vlieg van die grond af op met die geluid van ’n draaiende windmeul en land met uitgestrekte kloue op die handskoen. Sy reusevlerke, gesprei vir balans, verdwerg haar, die voël se gewig so groot dat sy haar uitgestrekte arm met die ander moet stut.
“Now hold that meat as tightly as you can,” sê Donnie Branca. Maar dit help nie – die snawel sluit om die reep en trek dit inspanningloos uit haar greep.
Ek staan agter die ander besoekers, by die deur van die hok. Ek sien die kinderlike verwondering op Emma se gesig.
“Jislaaik,” sê sy en dan vlieg die aasvoël van haar hand af en sy lang vlerkvere streel Emma se kortgeknipte hare. Die mense klap hande.
* * *
Donnie Branca staan by die hek, net anderkant die kollekteboks, om die besoekers te bedank en te groet. Emma sorg dat ons heel agter is. Branca glimlag vir haar en steek dan sy hand uit. “You were a real trooper with the feeding,” sê hy.
“Meneer Branca …” Sy skud sy hand.
“Donnie, asseblief.” Hy hou van haar.
“My naam is Emma le Roux. Ek wil graag met iemand gesels oor Jacobus de Villiers.”
Dit neem hom ’n oomblik om al die ratte te verwissel. Die perfekte wit tande verdwyn. “Cobie?”
“Asseblief,” sê Emma.
Branca kyk na haar asof hy haar vir die eerste keer sien, aansienlik minder belangstellend. “Is jy van die koerante?”
“Ek is ’n konsultant van Kaapstad. Jacobus is my broer.” Sy rits haar handsak oop.
“Jou broer?”
Emma haal die foto uit. Sy gee dit vir Branca. Hy neem dit en kyk stip daarna.
“Maar Cobie … I thought …” Hy gee die foto vir haar terug. “Ek dink jy moet met Frank praat.”
“Frank?”
“Frank Wolhuter. Die bestuurder. Ek weet nie of hy beskikbaar is nie.”
* * *
Wolhuter se kantoor het nie lugversorging nie. Dit ruik swaar na diere, sweet en pyptabak. Hy staan op en hou sy hand na Emma uit, sy blou oë wat haar op en af bekyk, opsom. Hy is ’n biltong van ’n man, seningrig, grys bokbaard en dik grys hare wat te lanklaas gesny is. Hy stel homself voor met die gemoedelike glimlag van iemand wat goeie nuus gaan kry.
“Emma le Roux, en dit is mnr. Lemmer.”
“Sit gerus. Wat kan ek vir julle goeie mense doen?” Hy moet diep in die vyftig wees, sy gesig het die diep belynde soort karakter wat ’n leeftyd van son- en windverweer verskaf.
Ons sit.
“Ek vermoed Cobie de Villiers is my broer,” sê Emma.
Die glimlag versteen en verbrokkel dan stelselmatig. Hy kyk na Emma met ’n intense blik en sê eindelik: “Jy vermoed?”
“Ek het hom twintig jaar gelede gesien. Ek het gedink hy is dood.”
“Juffrou De Villiers …”
“Le Roux.”
“Natuurlik. Mevrou Le Roux …”
“Juffrou.”
“Le Roux is jou nooiensvan?”
“Le Roux was ook Jacobus se van, meneer Wolhuter. Dis ’n lang storie …”
Frank Wolhuter sak stadig terug in die verweerde bruin leerstoel. “Jacobus le Roux.” Asof hy proe aan die naam. “Jy moet my verskoon, maar ek is, in die omstandighede, redelik skepties.”
Emma knik net en maak haar handsak oop. Ek wonder nie waarom sy dit doen nie. Die foto kom te voorskyn. Sy plaas dit op die lessenaar en skuif dit oor na Wolhuter. Hy druk sy hand in ’n hempsak en haal ’n leesbril uit, wat hy op sy neus sit. Hy neem die foto en kyk daarna. Lank. Buite, naby, brul ’n rehabiliterende leeu in die kampie, kort en beneuk. Voëls kras. Binne is dit nie ondraaglik warm nie, miskien omdat die gordyne halfpad toegetrek is. Emma kyk geduldig na Wolhuter.
Hy sit die foto neer, haal die leesbril af en plaas dit op die tafel. Dan trek hy ’n laai oop en haal ’n pyp uit, ’n groot reguitsteel. Vuurhoutjies kom uit die laai. Hy byt die pypsteel tussen sy tande en trek ’n vuurhoutjie, hou dit oor die twak. Suig die pyp behendig aan die gang en blaas rook dak toe.
“Nee wat,” sê hy en kyk na Emma. “Dis nie Cobie nie.”
“Meneer Wolhuter …”
“Noem my Frank.”
“Het jy vir Jacobus geken toe hy twintig was?” Ek verwonder my weer aan haar stemtoon, so redelik, so gemoedelik.
“Nee.” Trek aan die pyp.
“Kan jy met absolute sekerheid sê dit is nie sy foto nie?” Wolhuter kyk net oor die pyp vir haar.
“Dis al wat ek soek. Absolute sekerheid.” Sy glimlag vir hom. Dit is ’n mooi glimlag. Ek vermoed hy sal dit nie kan weerstaan nie.
Frank Wolhuter werk aan ’n groot bol rook en sê dan: “Vertel vir my jou lang storie, juffrou Le Roux,” maar sy oë is nou dié van ’n ongelowige.
* * *
Sy sê niks van die aanval op haar nie. Miskien is dit goed so, want sy het mý nie daarmee oortuig nie. Maar anders as toe sy vir my vertel het, doen sy dit nou chronologies. Miskien leer sy...
Sy begin by 1986, toe haar broer verdwyn het. En hoe sy twintig jaar later ’n gesig op televisie gesien het en ’n vae oproep ontvang het. Dieselfde wankelrige styl van onvoltooide sinne, asof sy self nie heeltemal daarin glo nie. Of miskien te bang is om daarin te glo. Wanneer sy klaar is, gee Wolhuter die foto vir Branca aan.
“Ek het gesien,” sê die jonger man.
“Wat dink jy?”
“Daar is ’n ooreenkoms …”
Wolhuter neem die foto terug. СКАЧАТЬ