Название: Hartepad
Автор: Gerrit Rautenbach
Издательство: Ingram
Жанр: Морские приключения
isbn: 9780795800665
isbn:
Terwyl ek wegry, kan ek nie help om aan my ma en pa en my gekoesterde grootwordtyd te dink nie. Sekuriteit tussen ’n spreeu en ’n meeu. Sowat ’n kilometer verder besef ek ek het mos vroeër omgedraai en ry nou in die rigting waarvan ek gekom het. Ek draai terug.
My jakkalsbessieboom is weer ’n verlate piekniekplek vir ’n alleenloper. Of amper. Daar waar ek die kossies neergesit het, sit ’n klein, verskrompelde meisietjie in ’n gebleikte rok wydsbeen in die pad. Sy het die tunablikkie in haar hand en kap die ding op die pad. Kap-kap-kap, dan kyk sy met witgesperde, ongelowige, hoopvol oë in die blikkie in. Maar die blikkie bly so leeg soos haar maag.
My hart gaan uit na haar. Na die jongman wat my geld wou hê. Na die hele land toe. Maar wat kan ek doen?
Ek het nie vyf brode en twee visse nie.
Nou vir wat?
Waar is Pofadder? Sê gou. Pofadder is seker een van die bekendste plekke in Suid-Afrika, maar baie min mense weet waar dit is en nog baie minder was al ooit daar. Om die een of ander rede het dit, net soos Timboektoe, ’n soort metafoor geword vir die gatkant van die aarde, vir verlorenheid, eensaamheid, kleinheid, maar nie kleinlikheid nie. Die mense van Pofadder is baie groothartig en baie lekker, het ek op ’n keer ervaar.
Ek het vir my ’n nuwe motorfiets gekoop in Johannesburg, en om dit te vier het ek na my goeie vriend Annies toe gery op Barberton. Ons het daar so ’n paar draaie gegooi, en net om seker te maak die motorfiets was die regte een vir my, het ek langpad om teruggery huis toe op Stellenbosch.
Ek het reg van oos na wes oor die land gery, van Barberton tot op Upington. Die volgende dag het ek nie die gewone pad oor Calvinia gery nie, maar die pad gevat Springbok toe. Dit beteken nou natuurlik dat ek uiteindelik oor die plekkie gaan ry waarvan ek tot dusver nog net gehoor het. Einste hy, ja, Pofadder.
So ’n ent anderkant Keimoes, min of meer halfpad tussen Upington en Springbok, ry ek toe nou die legendariese plekkie binne. Met die eerste oogopslag sou enigiemand reken daar is regtig nou nie eintlik iets in dié gehuggie aan die gang nie, maar as jy weet waar om te kyk, is hier baie. Dis presies dieselfde in die omgewing waarin die plek geleë is. Dit lyk maar soos barre aarde, maar onder die songebakte klippe kry jy skurwejantjies, wit gousblom, skurwe ghaap, ouma-se-kappie en sambreel-kokerbome sowel as waaierstertmeerkaaie, rooijakkalse, witkruisarende, ooruile en natuurlik … pofadders. Onder vele andere.
Ek het stadig en stofbelaai die dorpie binnegery. Ek was lus vir iets kouds met ’n skuimkoppie op om my mee uit te vars en sien toe die Pofadder-hotel op regterkant. Net wat ek nodig het. Soos ek nader ry, besef ek hier is nogal baie lewe by die plek. Oral voor die hotel staan die dofgewerkte bakkies met skaaprelings op die kante geparkeer. Ek trek tussen twee van hulle in, skakel af en swaai myself uit die saal.
Soos ek by die dubbele voordeur inloop, haal ek my helmet af en hoor hier is groot aksie op die klein dorpie. Ek skuif agter die rumoerigheid aan en in die sitkamer kry ek ’n klomp manne met ietsie in die hand wat baie luidrugtig kommentaar lewer. Dis baie duidelik dat daar iets groots gaan gebeur en hulle baie te sê het daaroor. In elk van die twee oorkantse hoeke van die sitkamer is daar TV-stelle en ek kyk na die naaste een. ’n Lig gaan vir my op met die besef dat dit Saterdagmiddag is.
Met die euforie van die nuwe motorfiets en alles daaromtrent het ek ’n bietjie agter geraak met die rugbyskedule. Nou is ek skielik weer by. Dis nie sommer net enige Saterdag-agtermiddag dié nie. Dis Curriebekertyd. En nie sommer net enige Curriebekerwedstryd nie, dis die halfeindstryd op Nuweland tussen WP en die Blou Bulle. Nou kyk, die boere van Pofadder bly dalk nou nie heeltemal in die skadu van Tafelberg nie, maar al hou hulle baie van ’n brahmaan en ’n rooi Afrikaner, sal hulle om de dood toe nooit as te nimmer vir die Blou Bulle skree nie.
“Nou vir wat staan jy net daar, boeta?” vra die naaste boer met ’n haksnor vir my.
Ek glimlag vir hom en stap nader. Dis asof die hele vertrek stil raak. Jy hoor net vir Darren Scott oor die TV brabbel oor die wedstryd wat voorlê, en met my naderstap hoor jy ook die grote rystewels van my kraak. Haksnor kyk af na my skoeisel en sy gesig trek op ’n vraagteken.
“Jy het die vreeslikste bootse aan,” waag hy.
Ek kyk af na my rystewels wat grotesk en vol stof aan my voete geplant is. “Ja.”
“Nou vir wat?”
“Vir beskerming. Wanneer ek ry. Of sou ek val. Veral.”
“O …”
’n Gemoedelike man met ’n gerieflike groot kakiekortbroek en bontgroen blokkieshemp aan kom nader gestap op ’n stel nommer 13 kaalvoete met ordentlike weglêtone. Alhoewel daar baie van hom is, is daar amper niks vet nie. Hy is die soort van man wat liefs aan jou kant moet wees as daar ’n kroeggeveg uitbreek. En as hy nie is nie, word ’n joiner. In sy piesangtros-linkerhand lyk die blikkie Castle soos ’n miniatuurnommertjie so groot soos ’n vliegtuigdop. Sy ewe groot of dalk selfs effe groter regterhand word gemoedelik na my uitgesteek en ek is lus en trek my motorfietshandskoen weer aan. As Hangsnor dan weer “nou vir wat” vra, sal ek herhaal dis vir beskerming. Dis om die stukke vingers bymekaar te hou totdat ek by ’n hospitaal kan uitkom.
“Moet jou nie aan Gielie steur nie, hy is al ver onder die prop. Hallo, ek is Wilhelm,” sê hy en vat my hand. Ek staal myself vir die aanslag wat onteenseglik moet kom, maar alhoewel ek duidelik kan voel daar is baie reserwes in daai hand en arm, is sy handdruk beskaafd dog ferm. Wilhelm het niks om te bewys nie.
“Welkom, welkom, staan nader, wat’s jou naam en wat vat jy?” wil Wilhelm alles in een weet.
“Ek is Gerrit en sal ook ’n bier vat, dankie.”
“Is jy op pad ondertoe of boontoe?”
Ek verduidelik wat my roete en rede is en dat ek lus was vir ’n koue enetjie, maar noudat ek teenwoordig is, sal ek graag die rugby saam wil kyk.
“Nee maar welkom, welkom,” sê Wilhelm weer en dan stop hy en kyk my so ’n slag diep aan. “Vir wie skree jy?”
Ek hoop nie ek het hulle verkeerd gelees nie en soos ’n ou wat óf die boerpot kan wen óf als kan verloor, vat ek diep asem en antwoord hom.
“WP,” piep ek dit uit. Wilhelm klop my gemoedelik op die rug dat my tande amper soos Oupa se gebit by my mond uitvlieg.
“Vandag gaan jy ’n ding sien! Daai Bulle se poep is koud, man. Koud!” Teen dié tyd het ek al die beloofde bier in die hand en ek word voorgestel aan die brigade boere rondom my. Hul aanvanklike agterdog is weg nadat hulle besef het die man onder al die vreemde klere is maar nes hulle. Wel, min of meer.
Daai dag het die WP ekstra woema in die kuier gesit. Hulle het alles reg gedoen en rustyd met ’n stewige 18-7 voorgeloop. Ek was toe al ’n koue of twee sterk en het, soos die meeste van die manne, die kleinkamertjie gaan opsoek. Op pad terug besluit ek om net gou by die voordeur uit te glip om te gaan kyk of alles nog reg is by my motorfiets. My bagasie was net vasgemaak en nie toegesluit nie. Ek is maar altyd lugtig iemand steel iets. My kamera was byvoorbeeld in die tenksak. Met dié dat ek koers kies deur toe, sien Wilhelm my.
“Wat’s fout?” vra hy.
“Nee, niks, ek wil net СКАЧАТЬ